Sasol verminder produksie oor daling in vraag na brandstof

Argieffoto: Pixabay

Sasol het Woensdag gesê die 21 dae-afsonderingsperiode in Suid-Afrika om die verspreiding van Covid-19 te voorkom het tot ʼn ongekende daling in die aanvraag na brandstof gelei.

Die algehele landswye afsondering het op 27 Maart 2020 ingetree.

Sommige van Sasol se aanlegte is steeds bedrywig tydens die afsonderingsperiode kragtens die riglyne wat bepaal dat noodsaaklike dienste moet voortduur, het dié maatskappy en sy vennoot, Total Suid-Afrika, gesê. Bedrywighede by sy Natref-raffinadery in Sasolburg word dus vanaf Donderdag opgeskort tot verdere kennisgewing.

“Gegewe die skerp afname in die aanvraag na brandstof het Sasol ook besluit om sy daaglikse vervaardigingsdoelwit met ongeveer 25% te verlaag by Secunda Synfuels Operations (SSO) om te voldoen aan die huidige aanvraag in die mark,” het die maatskappy gesê. Die maatskappy se grootste aandeelhouers sluit die Staatspensioenfonds (GEPF), nywerheidsontwikkelingskorporasie en privaat fondsbestuurders in.

“Ons sal met dié vervaardigingsvlakke volhou tot verdere kennisgewing terwyl ons noukeurig die vraag en aanbodbalans dophou.”

Die maatskappy het bevestig dat daar steeds voldoen sal word in die land se huidige aanvraag na brandstof en chemikalieë, insluitend ontsmettingsmiddels.

ʼn Verdere daling in vervaardigingsvlakke kan moontlik volg afhangende van verdere verwikkelinge in die brandstofmark, het Sasol bygevoeg.

As gevolg van die daling in die aanvraag sal vloeistofverkopevolumes na verwagting tussen 50 en 51 miljoen vaatjies beloop, in vergelyking met die vorige verwagte 57 tot 58 miljoen vaatjies vir die 2020 finansiële jaar.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael 1 ·

Ek hoop die opbou van brandstof gaan lei to n daling in die prys van sasol spesifiek.Ek kon in elk geval nooit verstaan hoe sasol en shell dieselfde prys per liter vra nie.

Remlut ·

Die prys van petrol word gereguleer. As almal goedkoper sasol ingegooi het sou DIE binne eendag klaar wees, Sasol is maar klein gesien internasionaal. Ek sal nie EEN SENT spandeer op n Sasol aandeel nie, koop liewer Aramco aandele dan is jy weg voor.

Realis Thailand ·

Hoekom nie minder olie invoer nieen die produksie dieslfde hou by SASOL
NEE want alle vate olie wat ingevoer word kry die anc n kommissie op.
Met minder invoer word valuta gespaar en word die prys nie so erg beienvleod nie

Josua ·

Teen die huidige olie prys moet ons juis meer olie invoer as wat ons kan, die oorskot in olie kan in ou mynskagte ingepomp word indien nodig ons kan die olie weer herverkoop om die ekonmie weer op standard te kry want die olie se prys gaan beslis styg na die wereld lockdown dan kan SA dit weer teen n groot wins verkoop om ‘n inspuiting vir die ekonomie te wees maar ongelukkig verstaan ons huidige regering nie die voordeel hieraan nie en dit sluit brandstof in. Daar moet na alternatiews gesoek word om die ekonomie weer aan die gang te kry en die is n baie goeie begin mense wat op olie bore werk kan ook vasgevang word deur die virus dan is daar geen olie beskikbaar nie.

Piet parys ·

Olie in mynslagte en so wil jy die ondergrondse water verder besoedel . Voor die corona was die regering bankrot . So waar op dees aarde sal hulle geld ry om olie aan te koop . Die regering se inkomste daal by die dag . Geen werk word basies verrig noe . Net op die brandstof se verkope gaan die regering miljoene verloor en wat van die res van goedere wat verkoop se btw . Wat vir my snaaks is dat daar nou geld is om sogenaamde klein besighede te ondersteun maar toe boere in nood was in droogte geteisterde gebiede toe trek die regering skouers op .

Jaco ·

dis mos SASOL wat wit werkers uit ‘n aandeleskema uitgesluit het. so wat nou met SASOL gebeur is seker maar karma…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.