Ongeluk eis vyf; twee beseer

‘n Ongeluk in Limpopo het vyf lewens geëis. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vyf mense dood is in ʼn ongeluk vroeg Sondagoggend.

“Na bewering het ʼn bakkie wat agt mense vervoer het Sondag 04:50 teen ʼn stilstaande vragmotor by die Glen Cowie-nedersetting oorkant die St. Rita-hospitaal vasgery. Die bakkie was van Groblersdal onderweg na Jane Furse,” sê die polisiewoordvoerder in Limpopo, kol. Moatshe Ngoepe. Vyf mense, vier mans en een vrou, is op slag dood, terwyl twee ander ernstig beseer is. Volgens Ngoepe is die bestuurder net ligweg beseer. Die oorledenes moet nog uitgeken word.

Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vragmotorbestuurder hulp gaan soek het nadat die trok ʼn meganiese probleem ontwikkel het,” sê Ngoepe.

“Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend, maar polisie ondersoek die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Emily ·

Beslis spoed, En mense sit deesdae nie meer hul tekens buite voertuig om te wys die ding is gebreek nie.

Kobus ·

Stem,hulle sit nie weerkaatsers uit nie,en as hulle dit doen is dit 5 meter agter die voertuig,Sien deesdae sit hulle sommer brandblussers uit,wat gewoonlik so vuil is dat geen mens dit sal kan sien in die donker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.