Ongeluk met pantservoertuig; SANW verduidelik

Tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag tydens Weermagdag. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Dinsdag vure doodgeslaan ná ʼn video wat wys hoe ʼn weermagvoertuig amper in ʼn groep weermaglede vasry, op sosiale media versprei is.

Op die video kan gesien word hoe ʼn Rooikat-pantservoertuig oor ʼn nagemaakte sandduin aangery kom, terwyl lede van die weermag die voertuig van die kant af toejuig.

Die voertuig swenk skielik onbeheersd na links en ry reguit af op die groep toeskouers wat agter ʼn draadheining staan en toekyk. Die toeskouers gil beangs en laat spaander, enkele oomblikke voor die voertuig in die heining ploeg.

Die SANW sê hulle neem “met kommer” kennis van dié video, omdat dit glo bedoel is om die SANW se reputasie skade te berokken en twyfel te saai oor die weermag se toerusting en personeel. Die weermag het bevestig die voorval het plaasgevind tydens ʼn toetslopie by die Roodewal-bomperseel gedurende ʼn tentoonstelling van die vermoë van weermagtoerusting. “Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die terrein is ʼn beheerde gebied wat gereeld deur weermagpersoneel gebruik word,” sê Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die SNAW.

Rooikat at a recent demo, with a touch of understeer. In great South African tradition everyone applauds the failure and then thinks its really funny.

Posted by Duncan Gillespie on Monday, February 17, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johan Venter ·

“Julius, sien jy nou wat het die afskaffing van apartheid veroorsaak!”

Nie Verbaas ·

Stem 100% saam. En dis maar een van talle voorvalle. Ons.sien nie alles nie.

henndrik ·

Ek verstaan nie mooi nie, die video is versprei deur iemand wat die weermag se reputasie skade te berokken – ek reken hierdie tipe goed is in openbare belang ons, die belastingbetaler behoort te weet hoe goed of hoe SWAK die weermag opgelei word, ons betaal immers daarvoor.

Werner ·

Niemand hoef die weermag se naam sleg te maak nie hulle doen dit sommer self

Jan Seerot ·

Toetslopie? Die vermoë?

Hierdie goed is bepaal 30 jaar gelede!

Net so bietjie windgat gewees bo-oor daardie wal, dit is maar al.

Niklaas ·

Vir al ons oud soldate/dienspligtiges is dit hartseer om te sien en hoor van sulke voorvalle waar ‘n voorheen trotse weermag nou so pateties voortsukkel met onbevoegde personeel. Dis mos baie duidelik dat so ‘n swaar item nie bestuur mag word deur enige swaap nie , maar kyk wat het nou gebeur hier en dis nie a.g.v. meganiese onklaarraking van die tenk nie , maar weens half opgeleide tenk bemannings lede.

FM ·

Soms wil ek huil oor ons land en dan besef ek, huil gaan NIKS verander nie. Die potensiaal van die wapentuig kan net deur BEVOEGDE persone ten toon gestel word. Die wanorde is te dankie aan die ON BEREIDWILLIGHEID om behoorlike disipline toe te pas. Indien dit aangespreek word is alle verskonings ‘rasisme’. Daarom wil ek huil al help dit niks.

Asgat ·

En wat n’ groot grap – dan klap ons nog hande vir die onervare drywer ook. Wel gedaan hoor.

gatgogga ·

Amerika stuur een peleton en ons weermag word in die see gejaag.

Michael ·

Fw sou n ideale leier gewees het van die piesang republiek van vandag,maak altyd droog en dink n jammer gaan dit nou regmaak.

Anoniem ·

Dis die SANW van 2020 Elaine Krige, nie die eens trotse SAW van ouds nie. Moet asseblief nie na die sirkus as SAW verwys nie.

Arno ·

Hoe kan dit hulle reputasie skade doen? Watse reputasie? Die video is dan deur een van hulle eie mense geneem en versprei…………………. die hele media is vol van hulle en die Polisie se onbevoegdheid so rerig watse skade behalwe dat dit net weer bevestig dat Mnr Ramaphosa en sy kadres net aanhou vaal in alles wat onder hulle beheer is. Net nog bevestiging dat geen Suid Afrikaner veilig is in die land nie.

Philip ·

Die betrokke bestuurder het seker voorheen TAXIS bestuur in SOWETO.

Santjie ·

As ek so na die regterkant van die voertuig lyk, het ‘n band gebars :)

Wielspore ·

Kyk, hierdie is nie ‘n Citi Golf wat 950kg weeg, hierdie is ‘n Rooikat wat 28 ton weeg. Dit lyk eerder soos ‘n “af-show” wat amper skeefgeloop het deur onkundige lede van die SAW wat self die reputasie van die weermag benadeel. Dit is nie die publiek wat die reputasie benadeel, dit is julle self.

Erika ·

Nog ‘n sirkus! Hoe kan ‘n mens so fout maak? Vra ek jou

Spekkies ·

Hoekom het niemand die bestuurder uitgehaal nie? Of is dit algemene gedrag by SANW?

Dries ·

Dit klink nie vir my na ‘n verduideliking nie. WAAROM het die pantservoertuig so gevaarlik gery? ‘n Verduideliking sou wees om te se dat die persoon agter die ‘stuurwiel’ onbevoeg was, of dat die voertuig gehijack was of iets. Die enigste manier hoe dit die SANDF se reputasie kan skade doen, is as die video ‘fake’ was. Maar ons weet mos dis net blote feite!

Johan Venter ·

Maar is baie van ons se trots, op ons polisie en weermag, dan nie gestroop nie, mens sluk aan die knop in die keel van wat nie daar is nie, van wat mens, in plaas van om te salueer, ‘n grap van maak. En die leiers sien dit nie raak nie, hulle steek dit eerder weg!

jinny jualinda ·

So lyk rammetjie-uitnek nou. Dit kon noodlottig gewees het.

Knap ·

Siphiwe Dlamini, absoluut swak verskoning. Die mense op die hoender stilasie is persone met rang, wat eerstens VERANDWOORDELIKHEID beteken. Maar nee daar word gelag, gefluit en hande geklap asof dit n prestasie was! Julle die SAWD is in sy moer…erken dit, en beweeg aan soos groot mense . Julle is nie eers opgewasse teen Swaziland nie.

Amatambo ·

My seun het na byna 16 jaar in die OU weermag hier in die negentigerjare bedank nadat die “nuwe bedeling” oorgeneem het. Soos hy dit uitgedruk het, “Toe ek by die weermag aangesluit het wasdit nog ‘n eerbare,gedissiplineerde instansie, maar nou het dit in ‘n ongedissiplineerde “MK-kader-nes ontaard,en ke kan eenvoudig NIE met sulke mense werk nie…. Hy het daarna ook ‘n tyd lank as polisiereservis gewerk, dus – tussen weermag en polisie van ouds is hy steeds geneig om op ‘n manier albei rolle in sy daaglikse lewe toe te pas…

netekalleen ·

ons weermag het n grap geword. Niks meer werd nie, Omtrent almal is oorgewig en permanent met werksvoertuie in die winkels. Wanneeer “werk ” hulle dan ooit

Des ·

Uiters onbevoegd! Sou lankal voor ‘n militere hof verskyn het en vloere in die DB met ‘n tandeborsel blinkgevryf het!

Marlize ·

O Wee en nou moet hulle ons grense veilig hou en ons beskerm. Het al te veel rillers gehoor van mense wat self in die weermag is van wat daar aangaan

Leon ·

Die drywer het seker sy lisensie verniet gekry. Is mos ‘n sogenaamde agtergeblewene. Kry mos alles verniet want hulle kan nie daarvoor kwalifiseer nie.

ES ·

“Die terrein is ‘n beheerde gebeid…” dit het definitief nie gelyk of daar beheer was nie…

BoerSonderRoer ·

Darem sien ons nou dat al wat jy nodig het om jouself teen die SA weermag se gevaarlikste wapens te beskerm is, volgens die SA weermag homself, ‘n bietjie doring draad.

Ek hoop nie Lesotho of Swaziland val ons aan nie, want ons staan nie ‘n kans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.