Ongeluk op N1 in Limpopo eis sewe

Die ongeluk het sewe lewens geëis. (Foto: Verskaf)

Altesaam sewe mense is Vrydagaand dood in ʼn ongeluk op die N1 naby die Modimolle-afrit in Limpopo.

Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, sê ʼn “meganiese probleem” is as die voorlopige oorsaak van die ongeluk uitgewys.

Maringa sê ʼn sleepwaentjie wat aan ʼn  Isuzu-bakkie gehaak was, het glo losgekom en ʼn Renault en ʼn Hyundai Getz – wat in die teenoorgestelde rigting gery het – getref.

Vier mense in die Renault en twee in die bakkie is op die toneel dood.

Drie voertuie, twee motors en ‘n bakkie met ‘n sleepwaentjie, was in die ongeluk betrokke. (Foto: Verskaf)

Die slagoffers is ses mans en ʼn vrou.

“Twee mense is na die Modimolle-hospitaal gehaas, waar een gesterf het,” het Maringa gesê.

Die ander persoon is in ʼn bedenklike toestand.

Die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het haar medelye met die slagoffers se families betuig.

Sy het weereens ʼn beroep op motoriste gedoen om die toestand van hul voertuie getrou na te gaan en by die spoedbeperking te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keith ·

Driving in certain “northerly” provinces of our beloved land seems to pose serious health risks. Can’t believe how many people are dying in road accidents. I look forward to the new de-merit / point system which is supposedly going to come into force. Hopefully they will enforce it, as well, and remove all the unlicensed drivers and drunkards off our roads. Will be a good start. Oh i forgot… there have been reports that some officials also sometimes drive drunk and without licences. Oh well.

Harry ·

Really, maybe you should look at the accident rates and fatalities in Gauteng, KZN, Eatern Cape and Western Cape and leave the ” northerly” provinces alone. It’ s the clowns from especialy these mentioned provinces who come here and drive like idiots who cause these horrific accidents.

JM ·

Liewe genade! Covid-19, moorde en motorongelukke sorg vir soveel sterftes in ons land.

ElizeK ·

Ons reis gereeld lang afstande per motor en sien eerstehands wat op ons paaie aant gebeur is. Hier bestaan beslis n idee onder n sekere groep bestuurders dat n spêrstreep daar is om veilig verby te steek en n dubbel een,,,,DIE is nou EERS veilig!!!!
Omtrent by ELKE ongelukstoneel kan jy n spêrstreep op die fotos sien.

Werner ·

Ek voel wetgewing moet gewysig word, sodat beelmateriaal geneem met ñ dashcam, as genoegsame bewys moet dien om oortreders suksesvol te vervolg. Al wat nodig moet wees is beeldmateriaal van die oortreding, registrasie nommer en die korrekte datum en tyd op die dashcam. Die korrekte datum en tyd is ook
om te bepaal wie die bestuurder was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.