Onlus-aanhitsers: ‘Ons is op hul spoor’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan dele van KwaZulu-Natal vroeër vandag. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa, wat Vrydag ʼn oorsigbesoek aan KwaZulu-Natal gebring het ná dae lange geweld en plundering wat ook na Gauteng oorgespoel het, sê dit is “baie duidelik dat die voorvalle van oproer en plundery aangehits is”.

“Daar is aanhitsers, mense wat dit beplan en gekoördineer het en ons intelligensiedienste en polisie het nou ʼn duideliker prentjie van wat hier aan die gang was,” sê Ramaphosa.

“Ons is op hulle spoor. Ons sit hulle agterna en ons het ʼn hele aantal van hulle geïdentifiseer.”

Ramaphosa sê daar sal nie toegelaat word dat anargie en chaos in die land ontvou nie en dat dit ongelukkig is dat soveel skade reeds aangerig is.

Volgens die president is 95 mense net in KwaZulu-Natal weens die oproer dood. Talle ander mense het hul werk of inkomste verloor. Hy sê ook groot skade is aangerig aan Suid-Afrika se beeld as beleggingsbestemming; nie net vir plaaslike beleggers nie, maar ook vir dié in die buiteland.

Ramaphosa hou vol die land se veiligheidsmagte het gedoen wat hulle kon onder die omstandighede en sê die grootste doelwit was om lewens te beskerm. Hy sê die regering wou ʼn situasie vermy wat tot selfs groter chaos kon gelei het.

“Ja, ons kon beter gedoen het, maar ons is oorweldig deur die situasie,” sê Ramaphosa.

“Ons moet alles heroorweeg wat ons doen ter verdediging van ons mense en die land se bates.”

Miljarde rande se skade is na raming aangerig en meer as 1 200 mense is in verband met die oproer in Gauteng en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Ramaphosa het opdrag gegee dat 25 000 soldate ontplooi word om die polisie te help om die situasie in bedwang te hou, maar het vandag ook gewone burgers se bydraes om die oproer en stropery te help stuit, geloof.

“Hulle staan nou op, nie net om hul eie bates te beskerm nie, maar ook die demokrasie. Hulle sien dit is ʼn aanval op ons demokrasie. Hulle besef daar is baie op die spel.

“Die aanhitsers wil onbestendigheid veroorsaak, maar ons weet nie wat hulle werklike bedoelings in sy geheel is nie.”

Ramaphosa sê almal van geloofsgroepe, tot sakelui en gewone mense werk saam om die land te help opruim.

“Dit wys dat die bedoelings van die aanhitsers misluk. Mense staan op om al ons mense en ons demokrasie te verdedig.”

Ramaphosa sê daar was aanvanklik bewerings dat op ʼn rassegrondslag gemobiliseer is, maar dat dit nie die geval was nie.

Lees die naweek op Maroela Media meer oor beweerde duistere magte wat agter die onluste sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Persheks Adri ·

Julle weet julle moet by Karel kat begin ne? Die land is klaar in sy donkie in gebrand en gebreek deur jou mense Cyril! Wat is jou plan?

Jan Seerot ·

Jy beveg vuur met vuur. Hoe moeilik is dit nou? My goeiste!
Praat en praat soos met ‘n stout kind? Waar het dit nou al gewerk?

Kokerboom ·

Opruim mnr Ramaphosa….as jou onbevoegde ministers hul werk gedoen het en jul intelligensie opset funksioneel was/is sou skade in eerste plek nie plaasgevind het. Dis ‘n diep skande en hy vra nie eers om verskoning vir sy boewe kaders

Michael ·

Die aanhitsers is deel van die ANC, Zuma in die 1. plek. Voordat hy tronk toe is het hy vir sy mense aangehits . So jy hoef nie sover te gaan nie. Die hoof aanhitsers sit saam met jou an die tafel. Selfs jy is `n aanhitser. Die rykdom van jou laat die mense op die straat laat dink.

Johann ·

So ter wille van JOU en jou binnekring kaders TEN KOSTE VAN MILJARDE RANDE en onherstelbare skade…laat jy die ongeskoolde massas en SKATRYK SKEPPERS verwoes en leegdra?
In your face….RUGRAATLOSE “leier”!!!!!!!!!!

B-Man ·

CR wil hierdie nog as ‘n manier gebruik om te wys hoe goed en oulik die ANC alles hanteer het nadat die stof ga’t lê. Sal dan ook sê dat ongelykheid die skuld moet kry en dus moet SEB, NGV, onteiening sonder vergoeding ens. nog meer aandag geniet om ongelykheid uit te wis. ☻

Mariana ·

Hierdie het niks met ongelykheid te doen nie. Dit was absolute aanhitsing tot kriminele gedrag. Hulle sal enige verskoning in die boek gebruik om nie soos die oorsaak te lyk nie.

Oom Hennie Pennie ·

Kom laat ons nou kyk of daar drasties opgetree gaan word teen die skuldiges…………………??

Strandloper ·

Moet wees hoekom n hiena se spoor soms in sirkels is want hy byt sy eie stert…?

Dries ·

Die spoor wat jy soek loop deur jou kabinet, parlement, Provinsiale rade en munisipale rade. Word wakker man. Jy sal die land n guns doen as jy net verdwyn

Vonkprop ·

Ek dink nie hierdie ouens het misluk soos Cyril voorgee nie. Hulle het genoeg skade aangerig en ons beeld is ook nog ‘n slag toegedien. En Cyril sê hulle is oorweldig deur die situasie, my hemel man, wat gaan dan gebeur as ons werklik in ‘n oorlog is? Vat verantwoordelikheid, sê jy en jou regering het opgemors en gee leierskap oor aan mense wat wel die land kan regeer. O wag, hierdie is Afrika, dinge werk nie so nie.

Surfer ·

Is dit nou so moeilik om uit te vind dat Julius ook gehelp het om die dinge te beplan, almal weet dit. maar hy lag nog lekker vin die mou, want as hy tronk toe gaan, het ons groter probleme, SIR!

Debbie ·

Die SAP en army het nou nie juis iets produktief grdoen nie, wel nie dit wat ek op die nuus gesien het nie. Die president is meer bekommerd oor die looters wat hul lewens verloor, wat van die duisende mense wat hul werk verloor

Renee ·

Nie eens te praat van die mense wat deur hierdie geweld hulle werke verloor het nie.
Het hulle ons nie genoeg skade aangerig deur met die inperkings ons werke weg te vat nie..
Nee hulle wil nog meer mense sien kruip. Dan kom hulle met n’ R350.00 n’ maand troosgeld wat nie eens genoeg is vir n’ brood elke dag nie.

Erika ·

How can you as Government be overwhelmed as the Government should be above all situations

Johann ·

Askuus? So wanneer het jy en julle geweet wie beplan dit? Of het julle geweet en JUIS nie iets gedoen nie? Of weet julle NOU skielik NA als so ewe als?JY LIEG MAN!!!! So goed jy glo jouself.

En die ergste is jy dink ons en die wêreld GLO jou?

annie ·

En nou sit die Mandela Stigting die kersie on top om Zuma se skuld af te skryf want die mense se aksies was glo lankal te wagte weens die erge agterstand van swartes. Die plunderaars is bloot baie arm agtergeblewenes. Is dit die ‘oorweldig’ waarna CR verwys; die hartseer en armoede wat hul gedryf het? Zuma het vreemdes bevoordeel toe hy die prez was en nou is hy ‘n held van sy arm medemense?

Nozi ·

En so sal hy die wereld laat glo dat dit die anc was wat na die tyd gaan opruim het nadat al die ander partye ons pragtige SA verwoes het. Patetiese slymbol, almal van jul. Die hele anc

JohanR ·

Ons wag nou vir Cyril se diep denke Saterdag of Sondag, en dan Maandag of Dinsdag laat weet hy ons van sy naweek se diep denke. Soe paar weke gelede het hy ons vertel dat die land een van die wonderlikste in die wereld is, en onder die ANC strewe hy vol stoom voort…..he he ha ha!

Mariana ·

Hmmm diep denke oor ‘n paar duur whiskeys of sal dit nog tee wees

Mariana ·

Daar gaan heel waarskynlik ‘n paar “scapegoats” wees om die regte skulduges te verbloem. En wat gaan met die skuldiges gebeur……kan maar net raai.

Jaco ·

Weet die ANC dat dié huidige chaos in net 1 provinsie OOR GEHEEL SA sal versprei wanneer hulle met hulle onteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie gaan begin?

Anel ·

Pleks is die eertse dood geskiet dan het ons nie nou met miljarde rande se skade gesit nie, honderdeduisende werkloses en nog honderdeduisende wat nie kan kos koop nie. Wat weeg die swaarste? Lyk my misdadigers is meer waardevol as gewone, wetsgehoorsame burgers. Jy is een van die wêreld se grootste verleenthede as ‘n president. Skande, jy en jou gespuis. ????

KB ·

Hoe lank is julle al “op hulle spoor”?
Dis omdat jy nie kan optree/toetree nie, wat jou eie mense jou nog onder jou blaker gaan skop.
Word wakker…

Johanna ·

Begin julle ondersoek by CELE wat boetie boetie met Malema is. By Senekal waar hy nie moes kant vat nie het hy hom by Malema geskaar.
Hy is n resiko vir Staatsveiligheid. Jy raak nie betrokke by partye nie.

Santjie van Soendal ·

Ek wonder wanneer die Intelligensiediens gaan wakker skrik? Daar is darem al baie skade aangerig terwyl Rip van Wnkel nog besig is om te ontwaak…. Intussen sit die Boremag sowaar nog steeds na al die jare agter tralies…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.