Onnie met vuurwapen geslaan tydens roof

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Onderwyser van die Sea Point High School in Seepunt in Kaapstad is met ʼn vuurwapen aangerand nadat twee gewapende mans die skool beroof het.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, het gesê die voorval het Woensdag plaasgevind en dat die rowers met 50 selfone op die vlug geslaan het.

Die onderwyser het na die voorval mediese behandeling ontvang en ʼn berader en sielkundige het berading aan leerders en die onderwyser verskaf.

Die verdagtes het glo toegang tot die skoolperseel gekry deur oor ʼn heining te klim. Die skool het ook ʼn veiligheidswag en kringtelevisiekameras.

“Ek is regtig bekommerd dat misdadigers sommer net helderoordag ʼn skool op ʼn besige pad betree en dat veiligheidswagte, kringtelevisiekameras en ʼn heining nie eers as ʼn afskrikmiddel dien nie.”

Volgens Schäfer bly skoolveiligheid steeds een van haar departement se grootste uitdagings. “Ons skole is bedoel om plekke van veiligheid te wees waar leerders en opvoeders veilig voel en waar hulle hul potensiaal kan besef en die vaardighede en waardes ontwikkel wat hulle nodig het om suksesvolle lewens te lei. Daarom veroordeel ek hierdie voorval ten sterkste.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die polisie te kontak. “Ons hoop die polisie sal beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras kan bekom om die verdagtes te identifiseer en seker te maak hulle ry aan die pen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Waaksaam ·

Lyk of elke krimineel nou n vuurwapen het! Duur selfone het nou groter waarde vir diewe as juwele, omdat dit so maklik verkoop kan word.

wielie ·

Dank die Here dis net selfone wat gevat is en nie n lewe nie

Johan ·

Ja nee, James. Alles in SA val uitmekaar,. Kyk na ons Stede en Dorpe, dit lyk soos n ashoop. Ons paaie is pateties. Alle dienste in SA gaan agteruit. Misdaad is buite beheer. Dan sê die regering dit gaan beter.

Martie ·

Ja Johan, en volgens die anc se president is plaasmoorde mos fop nuus

Cherokee ·

Ek lees onophoudelik van berading. Wat is berading? Word die slagoffers verduidelik dat hulle kriminele moet uitlos wanneer hulle roof? Dit klink eerder asof daardie onderwyser mercurochrome benodig.

Mariana ·

Als gaan tot niet, behalwe die misdadigers. Hulle floreer absoluut. Skole moet ook maar hulle veiligheid opskerp soos almal in die land. In die land is net sekere mense wat vooruit gaan en die res moet maar betaal vir dit………met hul lewens of/en hul besittings. Ons lewe in ons huise maar dit is soos ‘n tronk. Jy is nêrens meer veilig.

fred ·

pure anargie in hierdie land..gewoonweg wetteloosheid….en dan wil hulle nog aan elk kind tablette gee….

Willie ·

Snaaks genoeg dis hoe die ketaarsnare wil leef. Geen reels net doen wat hulle wil, waneer hulle wil…

marous ·

Beradering ? Die hele regering moet vir beradering gaan en hulle koppe laat lees vir die kranksinnige wyse waarop hulle toelaat dat die plek verwoes word ! Wys vir die kinders ‘n lewendige polisie mag wat skurke skiet , en hulle sal juig!

judie ·

Dan neem hulle ‘n onderwyser kwalik wat met iets wat lyk soos ‘n regte vuurwapen in sy hand rondloop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.