Onnies moet vuurwapens byderhand hou, sê vakbond

Lede van Eusa (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die “radikale en militante” onderwysersvakbond, die Educators Union of South Africa (Eusa), het Woensdag sy versoek herhaal dat onderwysers landswyd hulself moet bewapen en gereed moet wees om hulself te verdedig te midde van toenemende geweld in skole.

“Ons het hierdie perskonferensie byeengeroep in ʼn tyd waar onderwysers in skole geslag word. Dit is ʼn baie hartseer tyd in ons bedryf,” het Scelo Bhengu, president van Eusa, aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Dis jammer dat ons werkgewer kies om ons veiligheid te ignoreer en ons verlaat het. ʼn Onderwyser se lewe is deesdae so goed soos ʼn statistiek, met medelye elke keer wanneer ʼn leerder of skollie ʼn skoot afvuur.”

Bhengu het gesê dit kan nooit goedgekeur word dat onderwysers by hul werkplek afgemaai word nie. “Onderwysers, verdedig julself. Ons versoek, dat onderwysers hulself moet bewapen uit selfverdediging, word doelbewus verkeerd geïnterpreteer deur diegene wat voordeel trek uit die manewales in ons skole – die dwelmhandelaars, gewapende rowers, verkragters en gevoellose misdadigers.”

Bhengu beskryf Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, as “ʼn onbekwame ouma”. “Daar is geen beslissende ingryping van die regering om onderwysers te beskerm nie. Hoe het die president [Cyril Ramaphosa] haar oor [Gautengse LUR vir onderwys] Panyaza Lesufi gekies? Eusa sal haar steeds as minister verwerp totdat sy uiteindelik haar goed pak en loop. Haar arrogansie oor die Sadtu-kaping is ʼn groot irritasie en knou ware opleiding in die land.”

Die vakbond is van mening dat onderwysers geen ander keuse het as om vuur met vuur te beveg nie. “Onderwysers het genoeg gehad en sal van nou af hulself verdedig. Ons versoek, dat twee polisiebeamptes by elke skool ontplooi moet word, is afgekeur. Onderwysers moet by hul naaste skietbaan registreer en dan aansoek doen vir ʼn vuurwapen om hulself te verdedig. Julle is nou op jul eie totdat ons werkgewer twee polisiebeamptes in elke skool ontplooi.”

Siphiwe Mpungose, algemene sekretaris van Eusa, het gesê die vakbond verteenwoordig meer as 21 000 lede in Suid-Afrikaanse opleidingsinstansies. Hy het gesê meeste Eusa-lede is van die dominante onderwysvakbond Sadtu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Dis n nuwe een!! Jou rede op die aansoekvorm vir n vuurwapen = ek is n ONDERWYSER,!? Say No More! Nog n eerste vir SA!!!

Boerboel ·

Ek hou van die komentaar oor Lesufi. So die unie dink ook hy hoort nie daar nie. Dis goed so

Johann ·

Lekker man! Onnies met Rollies…Detensie of n kop wond? ANC LEGACY van geweld op geweld op geweld.

Iens ·

Ek lees en verstaan dat hulle hom eerder as Angie wil hê. Hulle kan nie verstaan dat Ramaphosa haar as minister bo Lesufi aangestel het nie.

hercu ·

in die huidige samelewing het ons nie probleem kinders nie, ons het probleem ouers, volwassenes en ANC-staatsamptenare wat die verkeerde voorbeeld stel en almal dink dit is vandag die manier van lewe!

dit is die vrugte van die hedendaagse Vaderskap .. of die afwesigheid daarvan!

Kweperlat ·

Lyfstraf word afgeskaf , maar nou word onnies aangemoedig om te skiet! Absurd!

Susan ·

Vra ek ook met trane in my navy-blue eyes! En as Onderwysers met hul eie wapens aangeval word? Bring lyfstraf (nie aanranding) en godsdiens terug in ons skole en julle sal die verskil sien. Ook by die howe waar jong oortreders ‘n paar houe by die polisiestasie met ‘n rottang kry. Dis beter as tronkstraf en maak dat hul 2x dink en sal sien crime werk nie. Terwyl hul agterente gesond word, kry hul kans om oor hul sondes te dink. Maar wapens by Onderwysers klink nie reg nie.

AmY ·

In my tyd het die
onderwyser/onderwyseres net ‘n lat of houtlepel byderhand gehad
Sê maar net.

Tammy ·

Dis n skande!! Die agteruitgang van Suid Afrika onder ANC leierskap is iets om oor te skree. Kyk hoe word mense vermoor. Mnr Ramaphosa het nog geen werkende plan vir plaasmoorde aangekondig nie. Mnr Ramaphosa het nog geen plan gemaak met ons kriperende onderwysstelsel waar onderwysers verneder word en vermoor word nie.
Kom nou Ramaphosa wys ons jy kan die verskil maak wat almal geglo het jy kan maak, want ek is nie meer oortuig dat jy dit kan doen nie. Ons polisie minister waar is jy? Help n bietjie help n bietjie help n bietjie……… die burgers van hierdie eens mooi skoon land kan nie eens meer met vakansie gaan sonder om eers te bel en uit te vind of daar nie dalk onluste op die pad is wat hulle gaan ry nie. HOE N GROOT AGTERUITGANAG IS DIT NIE????????? Ag nee sies Suid Afrika le op die grond en bloei

Hanna Hoekom ·

Ek persoonlik dink dat die rype ouderdom van sekere “learners” ook n hengse probleem veroorsaak. Jong volwassenes hoort nie op skoolbanke nie! Daar was onlangs n geval waar n 17 jarige die dood van n 8 jarige medeleerling veroorsaak het. Albei was op laerskool. Nou moet die onderwyseres hulself bewapen. Bring terug die lat! Dissipline sal volg.

BlinkStephaans ·

Welkom in SA ou maat… waar was jy die heeltyd?… het jy nognie agtergekom dat die regering nie ñ blou duit voel vir jou of vir my? Moet maar nie te angstig wees met jou skietding… daar is ñ lys met 36 vrae wat jy eers die kind(aanvaller) moet vra voor jy skiet. Voor jy met vraag een klaar is lê jy en bloei… die kind gaan hof toe en word vrygelaat want hy is n kind en nie toerekeningsvatbaar… al weet ons almal hulle is reeds lankal geharde kriminele. Sterkte met daai idee van jou… die kans is goed dat jy jouself in die voet gaan skiet. Die arme bloedjies jy weet… hoe moet hulle nou weet wat is reg en wat is verkeerd… hulle is net kinders?

Droë Perske ·

Waarom mag ‘n onnie wat ‘n gelisensieërde vuurwapen besit dit nie wettiglik dra by die werk nie? Mits hy aan die vereistes en voorskrifte van die Vuurwapenbeheerwet voldoen, kan daar géén goeie rede wees om hom hierdie reg te ontsê nie. Ek is ‘n voorstander daarvan dat elke onnie wat wíl sy wettige wapen onderworpe aan die wet moet kan dra.

humor ·

En vir die kriminele is dit nog nuwe n bron om vuurwapens te beroof. Die polisie kan nie eens hul vuurwapens bewaar nie wat nog te se hulpelose onderwysers.

Lizzy ·

Liewe hemel, ek is so bly ek het al afgetree in d onderwys. Hoe meer dae hoe meer dinge. Hierdie vat d koek. Om bewapen skool te hou is totaal absurd en ń duidelike teken van totale agteruitgang van ons pragtige land en onderwys. Ai tog. Mag d Here ons genadig wees.

LHS ·

Hierdie is maar net n deel van die algemene probleme in Suid-Afrika. Daar is net mooi geen instellig, departement, organisasie of wat ookal wat enigsins meer na wense funksioneer nie. Polities gedrewe aanstellings van persone met geen kundigheid of kennis in sleutelposisies en dit sluit sommer al die ministers ook in, is die resep gewees vir algehele ineenstorting op alle terreine. In 25 jaar het n tweede en selfs op sekere gebiede eerste wêreld moontheid verval na muishond status. Dink maar self hoe gaan dit oor nog 25 jaar van nou af lyk. Wens net mense wil ophou dink dat Ramaphosa enige iets ter wille van blank sal doen. Hy word volkome beheer en voorgeskryf deur die ANC leierskorps. Hoe naief en goedgelowig kan sommige blankes nog wees.

Moet baie rondtes seker hê ·

Automatiese geweer as jy vir groot groepe toesig hou…hê..hê..hê Dankie ANC vir die voorreg. Gelaglik.

Frikkie ·

corporal punishment
noun
noun: corporal punishment; plural noun: corporal punishments
physical punishment, such as caning or flogging.

Zurita ·

Een van die dae sal tuis onderig aan die orde van die dag wees
Ek sal nie daarvan hou dat my kleinkinders skool toe gaan waar die onderwyser gewapen is nie

Ons het mal geword ·

Ek kan dink hoe onnies se byname gaan verander…
Ons het Wisk by ‘Dubbelloop’, of ‘Glock’ is weer in ‘n bui vandag.
Skote Petoors – net in die RSA….lyfstraf is uit, maar wapens in klaskamers is in! Verpligtend vir gr 8’s is ‘n koeëlvaste baadjie wat kan hou tot matriek.

HARTSEER ·

My eerste gedagte ook toe ek berig lees. Bring eerder lyfstraf terug skole toe. Nou moet wapens gebruik word en stel ander leerlinge se lewe in gevaar as die wapen nie op veilige plek gehou word nie. Waar word wapen gehou en hoe gou gaan onderwyser daarby kom?
Ek wil nie elke dag met wapen werk nie maar nou ja as jou regering nie wil help nie help ons ons self. Maar wie gaan aangekla word, die oortreder of die onderwyser?

marous ·

Buk vir ses is uit . Staan teen die muur vir twee in die bors is in .

Abel ·

Hahahahaha dis eintlik skreeu snaaks!! En die onnie wat met ñ vuurwapen toesig gehou het? Dis omdat die kinders mos nie meer mag pak kry nie, die dat dit so in die skole gaan. Laat die ou bloeitjies wegkom met alles, die onderwysers beheer en verskree net wanneer dit hulle nie pas nie.

Daar is geen dissipline nie, sommige het nie eens dissipline by die huis nie, wat nog van respek vir ouer mense!!

Verseker NIE ·

Ha-ha-ha-ha……. Dan moet die ouers en familie lede by die huis dit ook maar aanskaf. EINTLIK SO N GROOT GRAP, DIS NET NIE WAAR NIE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.