Dit het Sondag aan die lig gekom wie betaal het vir die advertensieborde langs Gautengse hoofweë wat met die ANC en die e-tolstelsel gekskeer.
“Die advertensieborde is ons s’n,” het Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat in Gauteng, Sondag gesê. Op die advertensieborde staan daar in wit op swart: “E-tolls. Proudly brought to you by the ANC”. Maimane sê die boodskap van die advertensieborde is “100% akkuraat” en dit is moeilik om te verstaan hoekom die ANC ontsteld is daaroor. “E-tol is begin onder leiding van ʼn ANC-minister, ondersteun deur die ANC se uitvoerende raad in Gauteng, as wet bekragtig deur die ANC-meerderheid in die parlement en deur ʼn ANC-president onderteken.” Maimane sê die regerende party het aanklagte oor die advertensieborde by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde en die Onafhanklike Verkiesingskommissie aanhangig gemaak. “Ons sê bring dit. Ons sal ons reg om advertensieborde op te rig verdedig by enige forum wat die ANC kies.” Die ANC sê hy sal later op die DA se bewerings reageer.
Die maatskappy Till Outdoor besit die advertensieborde, maar wou aanvanklik nie sê wie die kliënt is nie, omdat ‘n vertroulikheidsooreenkoms aangegaan is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Verskoon my maar julle taalgebruik is ietwat verwarrend.
Ons s’n. Nie Onsin nie
Haai. Die foute in die berig is reggestel. Jammer daaroor. Vriendelike groete.
Is sommige mense net daarop uit om fout te soek? Ai, jai, jai……dis……wag…..laat ek my taal meng…….dis heavy en bad! Hou op moan en groan asseblief tog.
Wel gedaan. Hoop “oorsee” sien dit ook….. Waarvoor het die ANC die keer geld nodig. Daar word miljone gemaak met huidige tolpaaie!! Dalk nog ‘n straler of moontlik het tjom zim iets nodig. Waarom???