Onteiening: Plekke en datums vir openbare verhore bekend

Argieffoto

Die plekke en datums in al nege provinsies waar openbare verhore sal plaasvind oor die moontlike verandering van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, is deur die parlement bekend gemaak.

Die openbare verhore sal op verskeie plekke in elk van die nege provinsies plaasvind, en min dele van die land word nie gedek nie.

Die openbare verhore is slegs een van die maniere waarop die publiek se mening ingewin word. Daar is min of meer vier ander prosesse wat ook op die parlementêre besluit inwerk.

Eerstens was daar die skriftelike voorleggings. Na wat in die parlementêre wandelgange vertel word, is ’n verstommende 750 000 skriftelike voorleggings ontvang, wat waarskynlik ’n rekord is. Dan sal daar ook mondelinge insette deur kundige en organisatories verteenwoordigende rolspelers en belanghebbendes wees, voor formele sittings van die veelparty ad hoc-komitee, wat die uiteindelike aanbeveling moet maak, in die parlementsgebou sal plaasvind.

Dit is algemeen vir die parlement se navorsingsafdeling, en soms die parlement se begrotingskantoor en regshulpafdeling, om afsonderlik insette te lewer, met onderskeidelik buitelandse presedente, geldelike implikasies en regskwessies as hul onderskeie fokusse. Die onderskeie politieke partye se koukusse sal hul insette lewer, waarna ’n debat en stemming in die Nasionale Vergadering sal plaasvind. Enige proses om moontlik die Grondwet te verander, sal eers daarna ’n aanvang neem.

Wat die openbare verhore betref – dit kan deur enige lid van die publiek bygewoon word en soveel moontlik mense sal ’n spreekbeurt kry.

In Limpopo vind vier verhore plaas:

op 27 Junie om 11:00 in die Marble Hall-stadsaal;
op 28 Junie om 11:00 in die Aboo A Tayob-saal in Mokopane (Potgietersrus);
op 29 Junie om 11:00 in die Lenyenye-gemeenskapsaal by Tzaneen; en
op 30 Junie om 11:00 in die stadsaal van Thohoyandou.

Inwoners van Mpumalanga kry drie geleenthede om hul menings te lug:

op 2 Julie om 11:00 in die AG Communiosaal in Nelspruit;
op 3 Julie om 11:00 in die Ermelo-stadsaal; en
op 4 Julie om 11:00 in die Adelaide Tambo-saal in Middelburg.

Die drie geleenthede in Noordwes is as volg:

op 17 Julie om 11:00 in die Taung-gemeenskapsaal;
op 18 Julie om 11:00 in die Mahikeng-burgersentrum; en
op 19 Julie om 11:00 in die Rustenburg-burgersentrum.

Gautengers het drie geleenthede:

op 26 Julie om 11:00 in die Westonaria-burgersentrum;
op 27 Julie om 11:00 in die Vereeniging-stadsaal; en
op 28 Julie om 11:00 by die Lucas van der Berg-gemeenskapsaal in Pretoria-Wes.

Mens kan seker net kopskud oor die motiewe hoekom die Wes-Kaap, ’n relatief klein provinsie, die meeste openbare verhore het, maar daar is vyf:

op 1 Augustus om 11:00 by die Thusong-sentrum in Oudtshoorn;
op 2 Augustus om elfuur by die ontspanningsaal in Beaufort-Wes;
ook op 2 Augustus om elfuur by die Thusong-sentrum op Citrusdal;
op 3 Augustus om 11:00 by die Thusong-sentrum op Swellendam; en
op 4 Augustus (met algemene inwoners van Kaapstad – nie parlementslede nie – as fokus) in die Ou Volksraadsaal van die parlement in Kaapstad.

Die uitgestrekte Noord-Kaap het vier geleenthede:

op 26 Junie om 11:00 by die Concordia-saal in Springbok;
op 28 Junie om 11:00 in die Tol Speelmansaal in Upington;
op 29 Junie om 11:00 in die Thabo Moorosi- veeldoelige sentrum in Mothibistad; en
op 30 Junie om 11:00 in die Kimberley-stadsaal.

Die drie geleenthede in die Vrystaat vind plaas:

op 2 Julie om 11:00 in die Samson Sefuthi-gemeenskapsaal in Botshabelo;
op 3 Julie om 11:00 in die Ferdie Meyersaal in Welkom; en
op 4 Julie om 11:00 in die veeldoelige sentrum in Phuthaditjhaba.

Daar is vier geleenthede vir KwaZulu-Natallers om hul mening te lug:

op 18 Julie om 11:00 in die Cecil Emmetsaal in Vryheid;
op 19 Julie om 11:00 in die Mabhonyeni-saal in Jozini;
op 20 Julie om 11:00 in die stadsaal van Pietermaritzburg; en
op 21 Julie in die stadsaal van Kokstad.

Ons sluit af met die vier geleenthede vir openbare verhore in die Oos-Kaap:

op 23 Julie om 11:00 in die stadsaal van Umtata;
op 25 Julie om 11:00 in die stadsaal van Queenstown;
op 26 Julie in die Orient-teater in Oos-Londen; en
op 28 Julie om 11:00 in die stadsaal van Jansenville.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Daagop ·

Meer as die helfde van die miljoen geskrewe voorleggings is teen hierdie voorgestelde misdaad teen die mensdom, ons moet in groot getalle opdaag by die vergaderings.

Boerseun ·

Hier is nou die probleem . In Limpopo kyk ons na vergaderings in Thoyando en Lenyenye naby Tzaneen. In Potgietersrus is dit ook in n piep klein community hall gelee langs die minder welgelee deel van die dorp. Nou dink julle as ons soentoe ry as boere in ons voertuie gaan ons toegelaat word om vreedsaam daar uit te kom eerste, en enige plek kry in die klein sale om insette te kan lewer. Dit gaan een groot betoging en geraasmakery wees.

Theunis Eloff ·

Die plekke in Limpopo is nie vir almal toeganklik nie. Dit is ook te ver van baie dorpe af. Dit is ń baie onregverdige proses. Daar waar hulle die vergaderings gaan hou is die grond of huiseienaars by verre in die minderheid. ONDEMOKRATIES.

marous ·

Al die vergaderings en feeste word in Tzaneen skou saal gehou . Hierdie lewens rukkende “verhoor ” word nou op ‘n plek gehou wat piepklein is en waar die polisie nie eens wil beweeg nie ? En as die mense nie opdaag nie word dit geag dat hulle dit aanvaar? Die onderduimsheid ken geen einde!

willie ·

Ek is regtig negatief of hierdie “verhore” enige verskil gaan maak, hierdie regering gaan net alles stoomroller soos met vele ander besluite!

Ausie ·

Nou kan almal wat alewig so baie te sê het op dié blad hul stem dikmaak in n saal vol mense! Sterkte!

Intimidasie ·

Mooi gekies ANC. Ausie jy bly te lank daar, jy onthou nie in watter areas dit is nie, ideaal vir intimidasie. Dis ongrondwetlik want openbare deelname gaan onderhewig wees aan intimidasie en die ligging is duidelik daarvoor gekies.

Adriaan ·

Ek’t ook gewonder oor Bloemfontein. Openbare verhore sonder die hoofstad? Net in tradisionele swart gebiede? Dit klink nie billik nie.

Ongeloof ·

Hulle gaan die ding deurvoer…..ons gaan alles verloor…..

Ons sal opstaan ·

Die plekke is strategies gekies waar min grondeienaars en baie kommuniste is, hiervan moet die wereld uitvind. Die proses begin onregverdig.

GM ·

So ons moet nou ons lewens waag om by sulke vergaderings op te daag? Die ANC slaan mekaar met glasbekers oor die kop, wat vang die EFF nie als aan nie? En dan gaan daar gesê word hul was sekere woorde toegesnou, en jy word toegesluit. Of ons dit bywoon of nie, hulle gaan vat wat hul wil. En ek betwyfel dit bittersterk of hul enige uitkoms gaan aanbied vir die witman. Die haat is te groot. Dan gaan mense aan oor ouers wat selfmoord pleeg en hul kinders saamvat, dalk sien hul net nie kans om te sien hoe hul kinders gemartel en vermoor word voor hul oë noe. So wie is reg, en wie is verkeerd? Mense het hoop verloor. Die manne wat in die oorlog geveg het, gaan ons moet kom leer hoe om te oorleef!

Klara ·

Hier is maar min kommentare vergeleke met die sport berigte. Die werklikheid het nog nie deurgedring nie…

Sportafg ·

Die Afrikaner het sy grond/geboorteland verkoop vir die sportsfgod in 1994 en dit lyk my dit gaan nou weer gebeur.

jaco ·

ek gaan een verhoor bywoon en die volgende voorstel:
verander SA se grondwet, sodat dit die volgende bevat:
-onteien alle wit mense in 8 van die 9 provinsies. verskuif dan al daardie provinsies se wit mense na die wes-kaap
-Deporteer terselfdertyd alle wit mense met dubbele burgerskap met ander “wit” lande. deporteer ook dié wit mense wat dit baie maklik kan kry.
-terwyl die verskuiwings en deportasies aan die gang is, mag wit mense net sekere soorte werk doen. daars ook n plafon waarbo hulle nie bevorder mag word nie.
rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swart mense. die grondwet bepaal ook die strawwe daarvoor. swartmense wat lelik is met wit mense is nie rassisme nie, maar n wettige vorm van terugkry vir apartheid.
-neem wit mense se stemreg weg. hulle mag net stem vir n tipe tuislandregering in die wes-kaap
-maak die wes-kaap gerieflik vir buitelandse beleggings en skryf in die grondwet in hoeveel belasting die wes-kaap aan die regering in Pretoria moet betaal.

My voorstel kan werk. China doen dit al 21 jaar lank met Hong Kong en Hong Kong floreer. Israel doen dit met Palestyne. daars wel probleme daar, maar dis darem beter as geen Palestynse selfregering nie. Kanada doen dit weer in n mate met die Native Americans. Dis apartheid wat behoort te werk, want die meerderheid pas dit dan op die minderheid toe. apartheid in die ou dae het misluk omdat die minderheid dit op die meerderheid afgedwing het.

Damara ·

Meer n tuislandsituasie kan werk. Dit kan n baie goeie oplossing wees dan.

Onregverdig ·

Adriaan, ek stem 100% saam met jou. Dis nie billik nie. Daar behoort ten minste 3 areas te wees wat vir ALMAL toeganklik is in Bloemfontein. Ek was beslis van plan om te gaan maar “slim” party weet hoe om ons te keer om ons sê te sê!?

Ciska ·

11 uur? Elke liewe een? Mense wat grond en eiendom besit werk daardie tyd van die oggend om dit te kan betaal.

Tuislander ·

Kom ons stel so voor: ons ruil plaasgrond regoor die land vir n tuisland vir ons in n ooreengekome area.

SjN ·

Noordwes, Taung, Lucas Mangope was reg, julle maniere geleer. Lyk my nou vergete.

DR ·

Wonder of daar 45000 mense in Thaba nchu sal wees soos saterdag by die vrystaat stadion?

TDW ·

Sien ek reg? Is omtrent elke vergadering in die hartjie van die townships waar witmense nie welkom is nie?

LB ·

Nou maar reël busse, neem n dag verlof en kom ons gaan in n skare na daardie lokale en word gehoor.

bosvelder ·

waarom nie n vergadering in musina…louis trichardt area nie..weet hulle hoeveel boere is hierdiekant van berg…laatmens wonder….

White Rhino ·

Kry vir Steve by Tzaneen sodat die mense opruk na hierdie klein plekkie – dan sal die regering dalk die venue verander? Maar kry vir Steve daar om ook ‘n konsert te hou. Daar moet hordes blankes by hiedie vergadrings wees en Steve moet daar wees.
Hoop jy lees hierdie Steve?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.