Ontvoerde familie naby Lebombo-grenspos gered

Die Toyota Fortuner wat teruggevind is (Foto: Verskaf/SAPD)

Te danke aan die goeie samewerking tussen die polisie en die weermag is sewe familielede Dinsdag gered net voordat hul voertuig na Mosambiek deur die Lebombo-grenspos gesmokkel kon word.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het ʼn bejaarde vrou omstreeks 20:00 ses familielede, onder wie twee tienerseuns, twee tienerdogters en twee kleuters, in die familie se motor na hul huis in KaMaqhekeza, Mpumalanga, geneem.

Net voordat die familie vertrek het, is hul motor deur vier gewapende verdagtes omsingel.

Nog twee ekstra voertuie is tydens die klopjag op verskeie plekke in die bos langs die grenspos gevind (Foto: Verskaf/SAPD)

“Die verdagtes het die familielede in hul motor, ʼn Toyota Fortuner, forseer en is as gyselaars aangehou. Die verdagtes het in die bosse – in die rigting van die grenspos – gery. Die verdagtes het ook die motor se opsporingstoestel ontkoppel,” sê Mohlala.

Die bejaarde vrou se man het onraad vermoed toe sy vrou nie by sy tuiskoms tuis was nie. Hy het die familielede in die hande probeer kry, sonder enige sukses. Hy het daarna die polisie van die situasie in kennis gestel, wat op hul beurt weer die weermag verwittig het.

“’n Span polisie- en weermaglede het die motor Woensdag vroegoggend in die bosse gekry en die familielede gered. Die verdagtes het gevlug.

“Nog twee ekstra voertuie is tydens die klopjag op verskeie plekke in die bos langs die grenspos gevind. Die motors wat teruggevind is, sluit in ʼn Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie wat by KaMhlushwa as gesteel aangemeld is, asook ʼn Toyota GD-6-dubbelkajuitbakkie wat in Garsfontein in Pretoria as gesteel aangemeld is.”

Die verdagtes is steeds op vrye voet en die polisie vra dat enigiemand met meer inligting wat tot hul inhegtenisneming kan lei, die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alexander ·

Klink weer vir my asof net VIPs goeie diens kry by die polisie :)

Delia ·

Dit sê nerens so nie. Dus maak ek nie aannames en is net bly vir die mense betrokke

Wondermaarnet ·

Mooi so. Nou wil ek nog lees almal betrokke is gevang en sal nie borgtog kry nie.

Kokerboom ·

Sal Mnr Cele ASB wakker skrik, ophou nonsens praat en aksie neem op bestaande grenssmokkelroetes?!!! Die status quo duur net voort!!!

Harley Davidson ·

Ek dink met ‘n beter beskrywing van die kriminele kan die publiek die polisie help.

Di ·

DIT gebeur daagliks by die grensposte. Weermag moet permanent ontplooi word om ons grensposte te bewaak. Beamptes wat op grenseposte werk ook skuldig aan korrupsie want duisende loop daagliks oor die grensposte na SA. Onwettige Immigrante moet omkoopgeld betaal en kan dan maak net wat hulle wil. Solank DIE probleem nie opgelos gaan word nie, sal ons vir jare nog met hierdie probleem sit

MJLS ·

Goeie werk. Mag die verdagtes vasgetrek word met geen versagtende omstandighede in ag geneem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.