Onwettige mynwerkers: Agt liggame gevind

Foto: @crimeairnetwork, Twitter

Foto: @crimeairnetwork, Twitter

Die polisie in Gauteng sê hy het teen Sondagaand die liggame van agt onwettige mynwerkers by ‘n goudmyn in Benoni gevind.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê twee van die liggame is ondergronds gekry. “In die stadium is die motief vir die moorde onbekend. Al agt is in die bolyf geskiet. Die identiteite van die oorledenes is nog nie bekend nie.”

Volgens berigte is van die oorledenes ook op teregstelwyse agter in die kop doodgeskiet. Dlamini sê daar is bewerings dat van die oorledenes buitelanders was.

Veldmotorfietsryers het glo op die liggame afgekom, waarna veiligheidswagte van die myn die polisie ontbied het. Verskeie patroondoppies is naby die liggame opgespoor.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.