Onwettige skole in Gauteng moet sluit, vra DA

Khume Ramulifho (regs) tydens ‘n toesigbesoek aan die onwettige skole in Bloubosrand (Foto: Verskaf)

Die DA in Gauteng eis dat die Gautengse departement van onderwys onafhanklike skole wat onwettig in die provinsie bedryf word, sluit omdat hulle leerders toegang tot gehalte-onderwys en ʼn bevorderlike leeromgewing weier.

Die DA het klagtes ontvang oor 13 skole wat glo onwettig in Bloubosrand in die noordweste van Johannesburg bedryf word.

Die party het Maandag toesighoudende inspeksies by vyf skole in die gebied gedoen en bevestig dat hulle wel onwettig bedryf word.

Khume Ramulifho, die DA se skadu-LUR vir onderwys in Gauteng, lig Boipuso Primary School, Takane Academy, Gateway Private School, Aeon Academy en Stepping Stones Academy uit as skole wat nie geregistreer is nie.

“Dié skole volg nie die regte kurrikulum of omgewingsgesondheidswette nie,” sê Ramulifho.

Met verwysing na Boipuso Primary School, sê Ramulifho die klaskamers is oorvol en daar is geen speelterrein vir die kinders nie.

“Daarbenewens bied al die skole klasse aan vanuit ʼn woonhuis wat nie vir sakedoeleindes bedoel is nie. Verder gebruik van die skole dokumente wat vals blyk te wees en dalk nie wettig bekom is nie.”

Die DA eis dat die departement dringend ingryp om te verseker dat alle onafhanklike skole wat in die provinsie bedrywig is, dit wettiglik doen. “Dit sal die belange van leerders én ouers beskerm.”

Die party gaan ook vrae indien om die aantal onafhanklike skole in die provinsie en die skole in Bloubosrand wat onwettig bedryf word, te bepaal.

“Dit is hoog tyd dat die departement sorg dat meer skole in die provinsie gebou word om die toestroming van mense te hanteer. Dit is onaanvaarbaar dat ons ʼn situasie het waar ouers desperaat is vir hul kinders om ʼn opvoeding te ontvang en hulle dan na skole stuur wat nie geregistreer is nie.”

Die DA doen ook ʼn beroep op ouers om te verseker dat die onafhanklike skole waarheen hulle hul kinders stuur ten volle aan onderwysstandaarde voldoen en by die departement geregistreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Alex ·

Kom ek stel dit so, hierdie is ‘n catch 22. Daar moet eers skole gebou word om die kinders te kan huisves. So nie, moet hulle iewers in al reeds vol skole ingedruknword… wat nou?

Erika ·

Stem beslis met jou saam, skole is alreeds oorvol, en nou wil hulle nog hierdie skole ook toemaak, hoe nou?

Karoo ·

En so word die ouers om die bos gely in voede trou betaal hulle skoolfonds ens. en is te dankbaar daar is plek net… om uit te vind die skool “bestaan” nie. Geld en die kinders se tyd gemors.

007 ·

Ja ou Lesufi het nie sy werk gedoen nie, maar hy kry ‘n salaris van 3.7 mil.

Elmarie ·

Dit is ongelukkig die waarheid. Groot lawaai gemaak, maar niks gedoen nie. Nou word sy eie mense ook daardeur benadeel.

Skadu ·

En waarheen moet die kinders gaan, na die oorvol wettige skole?

Help eerder die skole beter maak.

Elmarie ·

Dit sal die beste opsies wees. Die skole is reeds daar. Help die skole om te registreer en die wettige curriculum te volg. Daar is nie tans ander plek in reeds oorvol skole nie.

Elma ·

Jip. Prop nog massas in by Afrikaanse skole, sodat die skole OOK tot niet kan gaan, dis wat hulle wil doen, want surely behoort die DA by die tyd te weet dat die land vir seker nie nuwe skole gaan bou nie. Het nog nooit, sal ook nooit. Soos jy sê, help hulle eerder om wettig te word!

Oesterbaaier ·

Die regering sluit die skole, maar watter alternatief bied hulle vir die kinders? Die skole in die omgewing is tien teen een barstens toe vol, val uit mekaar, geen werkende badkamers, geweld, ontwrigting deur leerders wat ouer as 18 is. Die arme ouers het gedink hulle gee hulle kinders ‘n beter kans by hierdie klein skooltjies veral die wat akademies sukkel en verdwyn in’n klas met 40 kinders.

Danie ·

Ag DA waar is daar in ieder geval gehalte onderwys vandag. Kyk na die slaag syfers wat bitter laag is. Kyk wat gaan aan in ons skole. Selfs ons blanke skole is nie meer wat dit was nie. Die kind presteer nie so vinnig soos n ander nie dan hou die onderwyser/onderwysseres nie van die kind en sodoende word die kind verwerp en afgebreuk. Dan vra mense hoekom is daar soveel selfmoorde in ons skole.

Elmarie ·

Dit is die onderwysers waarna jy verwys se skuld, nie die onderwys curriculum nie. Daar moet ouers intree en opstaan vir hulle kind.

annie ·

Dit is die nuwe rigting in ons neo-onderwys. Wees geduldig. Sodra die nuwe gesndheidstelsel inskop, skop die stelsel uit, regoor die land. Die geldjies wat die private mediese ‘vondse’ so vriendelik gaan oopgooi sal ook sommer hierdie blink idee help vestig, Lesufi ons toekomstige aspirant-president moet sekerlik daarvan bewus wees?

De Bok ·

Ja, en dan gaan hulle ook “onwettige” hospitale, klinieke, en praktyke toe maak.

Karoo ·

Die vraag moet eerder wees, hoekom is daar “onwettige” skole…. dan is daar mos ‘n “vraag en mark” daarvoor a. g. v’ n erenstige tekort.

Erika ·

Asof die skole in SA nie alreeds oorvol geprop is nie. Ten minte probeer iemand iets doen om kinders te leer en weg te hou uit die strate.

De Bok ·

Hoe kan ‘n skool “onwettig” wees. Dit is mos nie die regering se saak waarheen ek my kind stuur om onderrig te kry nie?
Die DA is maar net so lekker sentralisties.

Karoo ·

Dit het nie eindlik iets met die DA te doen nie, dis slegs hulle wat dit uitwys. Dit help nie om enige kind na ‘n sodanige skool te stuur en dan word die onderig nie erken nie. Dis mos net sineloos nie waar nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.