Onwettige staking ontwrig dienste in Tshwane

Busdienste en vullisverwydering is onder die dienste wat ontwrig is. (Foto: @smith_tshepi/Twitter)

Die onwettige staking wat lede van die munisipale werkersvakbond Samwu in Tshwane van stapel gestuur het, ontwrig die lewering van talle dienste in die stad.

Munisipale werkers het die strate ingevaar ná ʼn geskil tussen die vakbond en die Tshwane-metro oor die implementering van salarisverhogings en ander voordele.

Die staking volg ondanks die feit dat die arbeidshof in Johannesburg verlede week ʼn hofbevel toegestaan het wat die staking as onwettig verklaar.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê die stad se busdiens, ook die A re Yeng-diens, is onder meer ontwrig.

“Vullisverwydering in die middestad is tydelik opgeskort omdat toegang tot die Rosslyn-depot versper word. Die kantoor in Lyttelton, Centurion, is gevolglik ook gesluit.”

Volgens Bokaba word sommige werkers geïntimideer terwyl ander gewelddadig by die Wonderboom-kragdepot verwilder is.

(Foto: Samwu Greater Tshwane/Twitter)

Die Akasia-toetssentrum is ook gesluit nadat werkers by die sentrum gedwing is om aan die staking deel te neem.

“Hoewel ander munisipale dienste nie deur die staking geraak word nie, bestaan die moontlikheid dat krag-, water- en sanitasiedienste ook beïnvloed kan word,” sê hy.

Die metro doen tans ʼn kosteberekening van die skade wat tot dusver aangerig is – en sal dié rekening na verwagting aan Samwu stuur.

Die metro het ʼn beroep op inwoners gedoen om geduldig te wees.

Dié staking volg kort nadat die metaalwerkersvakbond Numsa ʼn nasionale staking van stapel gestuur het toe loononderhandelings ʼn dooie punt bereik het.

Luidens berigte het die drie week lange staking die ingenieursbedryf miljoene rande gekos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Anton ·

Ons moet darem nou tot n punt kom wat ons of die tuig neerle en heeltemal oorgee, of ons moet die sware juk afgooi en na onsself begin kyk. Of gaan ons die belt nog bietjie stywer trek en aanhou agteruit steier ?

Kokerboom ·

Daar moet baie meer onverbiddelik opgetree word teen verdomde stakers. Wie gee hul die reg om eiendom van die wat belasting betaal blatant te verwoes of vernietig? En waar is die patetiese SAP wat die dinge moet verhoed? Ek skaam my tot in my diepste wese!SVP stuur rekening aan beide SAMWU en SA Staat. Dagvaar hulle!!!

Buck ·

Duisende sit agv covid sonder werk. Besighede trek swaar en maak toe, en te midde hiervan wil mense staak vir meer geld! Dan nog eiendom vernietig e beskadig. En die SAP en regering het nie die inbors om op te tree nie. Ai my president, wat maak jy

Piet ·

Publiek moet ophou betaal vir dienste wat nie gelewer word nie!!!!

Swartskaap ·

Wel ek wag nou al n maand vir die stadsraad om n verstopte rioollyn oop te maak, en tot my verbasing ontvang ek gister n e-pos wat sê dat die klagte nou suksesvol afgehandel is. Ek weet nie of ek n nare droom beleef, en of dit die patetiese werklikheid is nie. Dit help nie die da beheer die stadsraad, maar die werkers is anc kaders nie. Ek dink alle vorme van gelde verskldig aan die tshwane stadsraad behoort weerhou te word totdat hierdie mense hulle werk behoorlik doen.

Papsak ·

Ja mense hul werke en bly plekke verloor met hierdie covid storie maar nog wil hulle staak en meer gelde he ons moet iewers die streep nou begin trek regtig hierdie land al klaar in die modder weg gesink deur hulle wat hom nie kan regeer nie

Dup ·

Our peoples gaan hierdie land nog in die grond in staak en dans en al wat uiteindelik gaan oorbly sal soos ñ Mars landskap lyk.

Pietertjie ·

En die moeilikheid-makers gaan weereens wegkom daarmee, ten koste van die belastingbetalers. G’n wonder so min mense stel in die komende verkiesing belang nie.

Wakkerslaper ·

In amper 10 000 jaar se opgeskrewe geskiedenis kon die lot nog net mooi niks opbouend bydrae nie….

Waarnemer ·

Hallo!!!En SAMWU gaan die skade betaal?Vertel ons nog n grap…hierdie een is bietjie flou.

Yvonne ·

Alles moet eers hof toe….swak voorbeeld word deur die leiers van die ANC regering gestel…..??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.