Oorsaak van Bradley Olivier se dood bekend

Die uitslag van die nadoodse ondersoek op Bradley Olivier wys dat dié geliefde Binnelanders-akteur verlede maand weens ’n brein-aneurisme dood is.

Solomon Cupido, woordvoerder van Olivier se familie, sê die uitslag van die nadoodse ondersoek bring ’n mate van berusting vir die familie.

Cupido het Dinsdagaand by navraag aan Maroela Media gesê sy vriend was kort voordat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is, “bietjie siekerig”.

“Sy neus het geloop en sy kop het gepyn, maar nie só dat ons noodwendig sou weet [dat hy ʼn aneurisme in sy brein gehad het] nie”.

Maroela Media het vroeër berig Olivier, bekend om sy rol as Danny Jantjies in Binnelanders, is op 20 Julie in die Life Flora-hospitaal in Roodepoort oorlede nadat hy aanvanklik deur masjiene aan die lewe gehou is.

Olivier het in 2007 sy TV-debuut in die sepie Villa Rosa gemaak. Hy was sedertdien betrokke by ʼn verskeidenheid van produksies, onder meer rolprente, reekse, telenovelle, sepies, op die verhoog en radio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wit Leeu ·

Ai, so jammer om dit te hoor. Alle sterkte en simpatie aan die famillie. Die Here sal voorsien vir julle pyn en hartseer.

Veldskoen ·

Ai jammer. Hierdie aneurismes is algemeen die laste twee jaar.

Alida ·

Daar was nog altyd mense met aneurismes. Ons predikant (46 jaar oud) is in 2017 oorlede aan breinanneurisme en my niggie is dieselfde jaar daarme gediagnoseer, maar dit kon betyds gediagnoseer en geopereer word. Wat wel die afgelope 2 tot 3 jaar gebeur het, was dat mense dikwels versuim het om betyds dokter toe td gaan met simptome van enige aard.

Peetjie ·

Danny jy gaan so gemis word. Sterkte aan sy gesin, familie en vriende

Cindy ·

Ek raak elke keer hartseer as ek sy karakter op TV sien, dit is so hartseer, hoeveel temeer hartseer het sy gesin en familie nie. Hy was ‘n wonderlike akteur.

Marcello ·

Dit is so hartseer, maar ek is bly vir sy familie dat hulle nou ‘n uitslag het. Sterkte aan sy familie, vriende en veral sy Binnelanders Kollegas. Ek dink dit moet nog baie seer wees vir sy familie om hom nog elke aand te sien op TV. Maar die troos is, hy was ‘n briljante akteur, en ons as kykers sal hom vir altyd onthou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.