Oos-Kaapse LUR vir gesondheid kry trekpas

Sindiswa Gomba is afgedank as LUR van gesondheid in die Oos-Kaap. (Argieffoto: Michael Pinyana)

Sindiswa Gomba het die trekpas as LUR vir gesondheid in die Oos-Kaap gekry.

Oscar Mabunyane, premier, het Donderdag aangekondig Gomba word afgedank. Dit volg nadat nie net die spesiale ondersoekeenheid (SOE) haar by beweerde ongerymdhede betrek het nie, maar sy nou ook strafregtelik vervolg word vir haar beweerde betrokkenheid by bedrieglike transaksies wat vir oudpres. Nelson Mandela se begrafnis aangegaan is.

“Die besluit om Gomba van haar pligte as LUR te onthef gaan haar die tyd en ruimte gun om aandag aan die saak teen haar te gee. Dit is in die beste belang van Gomba en die provinsiale regering,” het hy gesê.

Mabunyane het Gomba terselfdertyd geloof vir haar diens aan die provinsie.

Bobby Stevenson, die DA-leier in die Oos-Kaapse wetgewer, sê Gomba moes lankal die deur gewys gewees het. Die DA vra sedert Mei verlede jaar dat sy afgedank word.

Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane. (Foto: Facebook)

“Gomba se vertoning as LUR vir gesondheid is deurspek met mislukkings, swak leierskap en ernstige bewerings van korrupsie,” het hy gesê.

“Gegewe die wolk wat oor haar hang is dit ongelooflik dat dit so lank vir die premier geneem het om op te tree.”

Stevenson sê dit wys tot watter mate die ANC die party bo burgers stel.

“In ʼn vaardige staat moet leiers op meriete en nie weens kaderontplooiing aangestel word nie.”

Gomba en 14 medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog, geldwassery en oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die besteding van R10 miljoen wat gebruik moes word vir Mandela se begrafnis in 2013.

ʼn Groot gedeelte van die geld is glo wanbestee onder die voorwendsel dat dit gebruik is vir begrafnisvoorbereidings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek wonder wat het sy nog gedoen mmmmm behalwe dié berig en die stupid motorfietse vir ambulanse. Die denk wyse van hulle oe ee ee

MakersMark ·

Seker daar sal ‘n werk wees as ‘n motorfiets verkoops verteenwoordiger.

Casper ·

Hy loof haar vir haar diens aan die provinsie maar haar afdanking is in die beste belang van die provinsie.Haar vertoning as LUR van gesondheid is deurspek met mislukkings,swak leierskap en ernstige bewerings van korrupsie.Nou waarvoor kry sy ‘n klomp op die skouer.

Karina ·

Wat het van die duur motorfietse geword? Ek wonder maar net

Baardman ·

Vat haar luukse motor en gee vir haar een van daai bikes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.