Oos-Londense strand gesluit na walvis uitspoel

(Foto: Bufallo City-metro/Facebook)

Die Buffalo City-metro het die Nahoon-strand by Oos-Londen gesluit nadat ’n walvis daar uitgespoel het.

Volgens die metro is die strand gesluit terwyl gepoog word om die walviskarkas te verwyder.

“Mense word versoek om nie aan die karkas te vat of stukke daarvan af te sny nie aangesien walvisse siektes dra en mens volgens wet nie in besit van enige deel van walvisse mag wees nie.”

Amptenare is besig met die verwyderingsproses van die karkas en sal die situasie oor die volgende paar dae monitor en beoordeel en afhangende van die getye en uitkomste, sal ’n besluit geneem word.

“Dit is gevaarlik om die strand te gebruik aangesien dit bykomende haaiaktiwiteite tot gevolg kan hê,” het die metro gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tanniepetoors ·

Al wat ek die laaste paar dae doen is kerm en kla oor berigte met min om die lyf. Watter soort walvis is hierdie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.