Openbare beskermer beweer sy vorder met Vrede-suiwelondersoek

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, beweer sy vorder daarmee om politici wat voordeel getrek het uit die omstrede Estina-suiwelprojek in die Oos-Vrystaatse distrik Vrede aan die pen te laat ry.

Mkhwebane het Donderdagaand verskyn voor die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, en het in reaksie op skerp ondervraging deur die DA-LP’s Glynnis Breytenbach en Werner Horn oor haar gesukkel met haar ondersoekwerk gesê die politici wat by die gebeure betrek word, het onlangs kennisgewings van haar kantoor ontvang met vrae oor hul betrokkenheid.

Die OB het vroeër al uiters skerp kritiek op die lyf geloop weens haar klaarblyklike onwilligheid of onvermoë om bevindings te maak teen Vrystaatse politici uit die Gupta-Zuma-kamp wat by die Vrede-skandaal betrek word, soos onder andere Ace Magashule en Mosebenzi Zwane.

Horn het trouens vir Mkhwebane daaroor gekonfronteer dat Zwane ’n verjaardagpartytjie van haar bygewoon het.

Mkhwebane het beweer sy het nie vir Zwane na die partytjie genooi nie; hy het saam met ’n genooide gas daar opgedaag. Daarom meen sy dat sy beslis vir Zwane kan ondersoek sonder om bevooroordeeld te wees.

Die res van die vergadering het sy op kenmerkend seepgladde manier gebrabbel en moeilike vrae vermy terwyl sy gekla het haar kantoor het te min geld om hul werk behoorlik te doen noudat hul begroting, soos dié van alle staatsinstellings, ingekort is weens die land se swak finansiële posisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Fedup ·

That one will only understand colored pitcures.
She became a millionaire. Do you honestly think she will give up that luxury.

Eiervrug ·

Indien sy voorheen onbevoeg was om die ondersoek te doen, wat maak haar nou die geskikte kandidaat???. O my hemel, maar dit is ‘n klug!!!!!! Is sy nou ekstra geld aangebied of wat?

Persheks Adri ·

Ag liewe genade nou soek sy ook meer geld! Vra die kaders hulle het BAIE geplunder hulle kan jou help hoor… Ons het genoeg betaal vir die narre

annie ·

Oh mother, my mother… so besorg oor… die land en sy wette? Nee, oor haar buddies en haar eie ekkie.

Casper ·

Van wanneer af stuur jy ‘n veaelys aan verdagtes om te antwoord oor hulle betrokkenheid.Ace het betaal vir die gupta troue by sun city.Jy doen jou ondersoek en dan gee jy jou bevindings aan die valke vir vervolging.Hoeveel kriminele word eers van vraelyste voorsien voor hulle gearresteer word.Sy sloer alweer soos met die vorige ondersoek.Ek vermoed sy word betaal deur iemand met baie geld of dit is in opdrag van no 1.

Androclus ·

Die land se swak finansiële posisie is reeds toe te skryf aan korrupsie klomp skelms.

koos10 ·

Ek mis iets. Sy het mos ‘n verslag saam gestel waarin Ace van alle blaam onthef is. Nou ondersoek sy weer? Hoe kan sy as reeds ‘n bevinding gemaak het, en veral met haar politieke bril op?

Jacobus ·

Sy sal aangaan tot die Wederkoms en selfs dan sal Ace en Zwane se name nêrens verskyn.

Johanncb ·

Ons wil graag sien dat die “bewerings” in realiteit omskep word!

J ·

Sy kla oor ‘n tekort aan GELD … terwyl sy veronderstel is om die STROPING van die staatskas te stop?

Dis soos ‘n ‘kind wat sy ouer vermoor het en dan vra vir versagting van die vonnis omdat hy ‘n weeskind is’.

Pampoen ·

Hoeveel jaar broei sy nou al op die ondersoek? Ek is seker daardie eiers is al vrot.

JohanR ·

Onthou jou amps termyn is net sewe jaar! En om te dink DIE PARLEMENT het die een gekies, en as ek reg onthou het die DA heuwig daarteen geskop. En hier sit ons met die gebakte peere!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.