Oppasss vir slange dié lente, waarsku Ekurhuleni

‘n Rinkhals (ter illustrasie). (Foto: African Snakebite Institute)

Die Ekurhuleni-metroraad aan Gauteng se Oos-Rand het inwoners gemaan om bedag te wees op slange wat ná die winter hul verskyning begin maak.

“Dit word nou warmer en met die aanbreek van lente gaan slange binnekort uit hibernasie kom – honger, en op soek na kos,” het Nhlanhla Cebekhulu, woordvoerder van die metro, gesê.

“Die stad waarsku troeteldiereienaars ook om ʼn ogie op hulle diere te hou, omdat hulle dalk prooi vir slange kan word.”

Cebekhulu het gesê inwoners moenie paniekerig raak as hulle ʼn slang opmerk nie, maar moet dit liefs in die oog probeer hou en dit nie probeer hanteer of doodmaak nie. Slange moet eerder die kans gegee word om uit die pad te kom, maar dit moet dopgehou word terwyl hulp ontbied word.

“Slange kom baie in die Ekurhuleni-streek voor vanweë die Blesbokrivierstelsel, die Brulpaddapan, asook die Hoëveldse grasveld en die talle oop gebiede en gesonde ekostelsels hier wat kos en skuiling aan slange bied,” het Cebekhulu gesê.

“Wees versigtig vir pofadders en rinkhalse – hulle is uiters gevaarlik. Pofadders reageer instinktief, hulle beweeg stadig, maar voel gevaar vinnig aan.”

Inwoners is ook gemaan om veral op die uitkyk vir rinkhalse te wees. Die slange word geïdentifiseer deur die twee of meer wit dwarsbande wat duidelik aan die onderkant van die nek sigbaar is.

Cebekhulu het gesê alle slange is egter nie giftig nie, maar as iemand die slagoffer van ʼn slangbyt is, is dit raadsaam om so gou moontlik mediese hulp te kry. Inwoners is gevra om hulle erwe skoon te hou.

“Gebruik die 240 liter-asblikke om van vullis ontslae te raak, omdat dit as kos vir knaagdiere kan dien, wat dan weer slange lok. Moet ook nie ekstra troeteldierkos deur die dag neersit wat knaagdiere kan lok nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ig ·

Slange is n vullekie, worry eerder oor die rowers en ons land wat so vernietig word

Elsa ·

Oppasss? Of moet dit Oppas wees. Of is dit so met opset geskryf….

Slangbang ·

Hierdie rinkhalls Lyk gevaarlik, dink jy hy kan n paar mense hier opeet
Want in daai geval kry ek n paar vir my yard.
Ek soek so bietjie advies.

Johann ·

Whahahhahaaaa!!!! Lank laas SO n gepaste beskrywing van die gevaar van SLANGE gelees. Regte egte RSA ANC SSSSSSLANGE!

DS ·

Elsa (en baie mede Afrikaners) dis hartseer dat ons nie eers meer die humor in klein dingetjies raaksien nie. Ssssse julle net een ding as ek “n slang moet teekom dan sal Flash my nie eers kan vang nie!!!!

thelsa ·

Daar is selfsss ‘n paar ssslange in onsss Kabinet :

Cyril Ramaphossssa, Angie Motssssshekga, Sssstella Ndabeni-Abrahamssss’Dr Nkossssazana Dlamini-Zuma; Thulasssss Nxesi; Dr Aaron Motsssssoaledi,
Lindiwe Sissssssulu, Gwede Mantassssshe, Khumbudzo Ntssssshavheni, Nkhensssssani Kubayi-Ngubane

Elsa ·

Ai DS, my opmerking was tong in die kies, en jy was nie die enigste wat dit gemis het… Foeitog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.