Optog beplan oor veiligheidsbesware by Harmony Gold

Die National Union of Mineworkers (NUM) in Matlosana, Noordwes, het Maandag gesê hulle sal na Harmony Gold in Vaal Reefs Orkney opruk om veiligheidskwessies aan te roer.

Harmony Gold het verskeie skagte in Vaal Reefs Orkney by AngloGold Ashanti oorgekoop en in Maart 2018 die bedrywighede oorgeneem.

Masibulele Naki, streeksekretaris van NUM Matlosana, het gesê sedert Harmony oorgeneem het, was daar ʼn toename in onwettige myners wat vrylik op die myn se perseel bly en persone in die gebied word glo geteister en vroue word verkrag.

“Ons moedig alle lede van die gemeenskap binne Vaal Reefs Orkney om by die betoging aan te sluit om die veiligheidskwessies aan te roer wat betref die myn se eiendom wat deur verkragters en onwettige myners gebruik word.”

Naki het gesê een vrou is deur 15 onwettige myners verkrag en die myn het tot dusver nog nie enigiets gedoen om seker te maak dat sy perseel nie ʼn den van verkragters word nie. Harmony Gold weier glo ook om vervoer te verskaf aan sy werkers van residensiële gebiede na die skagte. “Harmony Gold se uitbuiting is duidelik in die manier hoe dit die huidige loononderhandelings benader. Harmony Gold is nie gewillig om salarisse te verhoog soos hul eweknieë in die goudbedryf nie. Die maatskappy sal sy hart moet verander, of NUM Matlosana sal geen ander opsie hê nie as om alle werkers te mobiliseer om hul arbeid te onttrek.”

Die optog na Moab Khotsong vind Dinsdag plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hansie ·

Netso NUM, dalk besluit Harmonie om ook te maak, wat gaan dan van julle ondersteuners word, want hulle vergoed kan julle nie. Wie se onwettige myners is daardie in elk geval, Jan van Riebeeck sn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.