Vir die eerste keer sedert 2016 staan Kaapstad se gesamentlike damvlakke op meer as 60%.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Augustus 2018
Polisie se vermoë bevraagteken om politieke moorde op te los
Die KwaZulu-Natalse wetgewer het “die ondoeltreffendheid van staatsveiligheidmasjinerie veroordeel” en “kommer uitgespreek” oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermoë om die “meesterbreine” agter politieke moorde in die provinsie aan te keer.
Optog beplan oor veiligheidsbesware by Harmony Gold
Die National Union of Mineworkers (NUM) in Matlosana, Noordwes, het Maandag gesê hulle sal na Harmony Gold in Vaal Reefs Orkney opruk om veiligheidskwessies aan te roer.
Vermeende plaasaanvaller weer in hof ná ontsnapping
Die verhoorafwagtende gevangene Petrus “Small” Moyo (28) het Maandag in die Lephalale-landdroshof verskyn nadat hy weer aangekeer is ná hy uit aanhouding ontsnap het.
EFF wil Reserwebank nasionaliseer
Die EFF het ‘n wetsontwerp by die parlement ingedien om die Reserwebank te nasionaliseer.
Prokureurs het nog tyd nodig vir staatskapingondersoek
Regsverteenwoordigers van voormalige president Jacob Zuma, die voortvlugtige Gupta-familie en die voormalige minister van openbare ondernemings Lynn Brown, het Maandag die Staatskapingskommissie van ondersoek versoek om hulle nog tyd te gun om die bewerings teen hul kliënte te ondersoek.
‘Koppe moet rol oor R8,1 miljard by Transnet’
Die United National Transport Union (Untu) eis dat die individu of persone wat hul plig versuim het, aanspreeklik gehou moet word.
ToekomsVenster: Soos die golwe van die see
Dis nog nie ’n realiteit nie, maar jy tree op asof dit reeds gebeur het. Ons praat nie van voortvarendheid nie, maar ’n geankerdheid in die Woord en wil van die Here.
Bekende Afrikaanse skrywer oorlede
“Sy is vanoggend vroeg hospitaal toe en is vanmiddag weg.”
Anika Smit: ‘Dit was die tydperk van dood’
“Ons skool het destyds ʼn reputasie gehad vir die skool met die meeste kinders wat dood gegaan het. Ek het in daai tydperk baie van my skoolvriende verloor.”
Plaasmoord-fliek ontvang internasionale prys
Dié sterbelaaide fliek is in 2015 uitgereik en spog met bekende akteurs soos Steve Hofmeyr, Jana Strydom en Erika Wessels in die rolverdeling.
Talle sterf na nóg ʼn skudding Lombok tref
Die eiland het Sondag deur die dag verskeie skuddings van tussen 5,4 en 6,3 ervaar en dié skuddings is laat Sondagaand gevolg deur ʼn skudding wat 6,9 gemeet het.
Cheeky Watson: Verhoor begin toe nié vandag
Die beweerde bedrieglike aktiwiteite beloop glo R12 miljoen.
Die wêreld in foto’s – 20 Augustus 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Foto’s: Rekordgetal walvisse aan Kaapse Suidkus getel
“Ek dink nie enigeen van ons het soveel walvisse verwag nie!”
Tegnologienuus: Vyf dinge wat jy moet weet
Netflix se gebruikers is nie gelukkig oor dié aanlynfliekdiens se advertensieplanne nie en maatskappye soos Facebook en YouTube kan dalk binnekort beboet word oor inhoud wat met terrorisme verband hou. Lees hier oor die tegnologienuus wat jy moet weet.
Uber spreek kommer uit oor wysigings aan vervoerwet
Uber meen dié wysigings kan ʼn negatiewe invloed op die sowat 12 000 aktiewe Uber-bestuurders in Suid-Afrika hê waarvan baie die hoofbroodwinners in hul gesinne is.
Tehuis vir skisofrenielyers moet deure dalk sluit
“Die trane vloei elke keer as ek dink aan my kind en die ander inwoners wat so swaar kry as gevolg van die siekte.”
Maroela Media Afrikaanse Top-20 – 20 Augustus 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Staatskaping-ondersoek: ‘Regering moet samewerking gee’
Zondo het gesê die kommissie sukkel met ʼn voortgesette gebrek aan samewerking van amptenare in regeringsdepartemente. Hy sê die staatsekuriteitsagentskap is ook nie juis gretig om te help om die personeel wat deel vorm van die ondersoek top-sekuriteitsklaring te gee nie.