Plaasmoord-fliek ontvang internasionale prys

Steve Hofmeyr in 'Treurgrond'. (Foto: Verskaf)

Steve Hofmeyr in ‘Treurgrond’. (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse rolprent Treurgrond, wat handel oor plaasmoorde, is dié naweek op die jaarlikse internasionale wêreld-rolprentmakerfees in Amsterdam in Nederland met twee gesogte toekennings beloon.

Treurgrond, wat in vyf kategorieë benoem is, is aangewys as die beste buitelandse rolprent en Pierre Smith is vereer vir sy kinematografie.

Dié sterbelaaide fliek is in 2015 uitgereik en spog met bekende akteurs soos Steve Hofmeyr, Jana Strydom, Erika Wessels, Sharleen Surtie-Richards en Boikie Pholo in die rolverdeling.

Strydom is as beste vrouebyspeler benoem terwyl Darrell Roodt as beste regisseur benoem is. Tarryn-Tanille Prinsloo is as beste draaiboekskrywer benoem.

Hofmeyr, wat die rol van Lukas van Staden vertolk, het op Facebook sy opgewondenheid oor dié gesogte pryse gedeel. “Treurgrond, ons plaaslike taboefilm, het gisteraand onder andere Beste Film gewen by die Internasionale Filmfees in Amsterdam. Ek loop oor van trots [sic].”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Sorika ·

Baie geluk aan almal wat betrokke was by die rolprent. Baie hartseer rolprent, maar ongelukkig die realiteit wat in SA gebeur. Die wereld begin besef dat dit die waarheid is stadig maar seker.

Skaap ·

Ek het die DVD gekoop, meer as ‘n jaar gelede. Ongelukkig is die onderwerp ‘n depersiewe een en ek kon nog nie die moet vind om dit te kyk nie…

Wille Willemien ·

Skaap…kyk asb die fliek, jou hare sal rys & trane is gewaarborg, maar dit is deur en deur die moeite werd, veral met al die gebeure rondom plaasmoorde in ons land. kyk asb….

Nel ·

Geluk aan die filmspan en veral aan Steve. Die wiel draai stadig maar seker nê!

Rupert Ashford ·

Geluk aan almal betrokke (en ook veral Steve na al die verguising). Die waarheid seevier seevier altyd.

Oom Kalahari ·

Baie geluk aan die Skrywer, Regiseur en alle spelers en Steve jy was ‘n uitblinker in die rolprent. Wat ‘n hartseer maar wat ‘n verhaal van gebeure. Hier mag die rolprent nie die lig soen nie, maar verkry helde verering in die buiteland en hoop dit word regdeur die wereld bemark. Weereens groot dank aan alle betrokkenes vir jul harde werk en uitmuntende produk. Jul is die Treur Helde.

Dink Self ·

Geluk.
As die film ten doel is om in te lig, waarom is dit nog nie verniet beskikbaar op Youtube en Netflix nie?

Dink Weer ·

Ag nee man. Skaam jou. Hoekom nie n R100 betaal vir n uitstekende fliek betaal nie. Ondersteun die bewusmaking van plaasmoorde. As jy geld het vir data vir Youtube en Netflix, hoekom dan nie goeie afrikaanse flieks ondersteun nie?

Eg ·

Ontstellende rolprent maar weliswaar ‘n baie akkurate uitbeelding van die toestand in Suid-Afrika. Dit het my ook geleer om WAAKSAAM te wees. Ek dink baie aan situasies en voorvalle uit die rolprent.

Baie goeie rolprent. Goeie akteurs.

Jozi ·

Ope vraag aan ons geagte mnr Rene Otto van MiWay.
Het u die film gekyk? Indien wel, enige kommentaar wat u graag met die res van ons op sosiale media wil deel?
Baie geluk aan almal wat betrokke was by die projek.

treurgrond ·

Baie baie baie geluk aan die fliek. Die fliek het geraak aan mens se siel wat jy nie eens geweet het bestaan nie.

Celtis Africana ·

Baie geluk aan al die betrokkenes met die prestasie.
Voorwaar n ” Unconvenient truth” vir die wat ons regeer.

AI AI AI ·

Die film het my baie omgekrap, omrede dit nie fiksie is nie, maar daagliks gebeur. Ek kon nie slaap na ek dit gekyk het nie.
Hopelik maak dit ‘n paar oë oop, sodat die buiteland kan sien wat die realiteit daarvan is…

Theresa ·

Ek glo die passie waarmee die rolle vertolk was in hierdie film, spruit uit die feit dat dit so werklik is. Dit sny tot op die been. Dit krap emosies om en wil mens ontstel bo terughou daarvan. Want dis waar. Dit, en selfs erger gebeur in ons land met mense wat dit nie verdien nie, want dis nie ‘n verklaarde oorlog waar soldaat teen soldaat veg nie. Geluk aan die vertolkers van ‘n verhaal wat bloedstollend waar is. Dankie dat dit verspreiding geniet – dis broodnodig.

liz ·

Dankie vir Steve en Kie vir wat jy beteken vir wit afrikaners.

Elvira ·

Baie baie geluk. So sal hele wereld bewus word van hierdie Regering se stilswye. Maak nog flieks.

Dink Self ·

Hello Dink Weer, jy dink alleen ekonomies, lokaal en kort termyn. Daar is meer wat soos jy dink en gedink het. Daarom dat die Afrikaner nou met die rug teen die muur staan. Hoogmoed en Selfsug.

Die Duiwel staan voor jou deur en jy wil R100.00 nootjie rondswaai…

Oom Doug ·

Dis baie meer as n fliek, dis die waarheid.
Laat die wereld sien wat rerig in Suid Afrika angaan.

Riana ·

Dit is ‘n vantastiese fliek. Ek het dit sommer twee keer na mekaar gesien, het al gehuil reg aan die begin. Het vir my die dvd gekoop en het dit alweer ‘n paar keer gekyk. Dit bly vantasties. Steve en die ander het hul rolle baie goed vertolk. Baie geluk aan almal wat betrokke was by die maak van die fliek!! Steve jy bly maar een van ons bestes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.