EFF wil Reserwebank nasionaliseer

SA Reserwebank (Foto: ANA)

Die EFF het ‘n wetsontwerp by die parlement ingedien om die Reserwebank te nasionaliseer.

Die stap is ‘n verdere ontplooiing van die EFF se uitkyk dat die staat in beheer van die ekonomie in Suid-Afrika moet wees, en kan verdere onsekerheid in die ekonomie en die politiek in die hand werk, veral omdat dit nie duidelik is hoe die ANC – wat as meerderheidsparty die lot van die voorstel in die parlement kan bepaal – daarop sal reageer nie.

Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal die staat die enigste aandeelhouer in die Reserwebank word, terwyl ‘n klein hoeveelheid aandeelhouers tans private individue is.

Die EFF se argument is dat volle aandeelhouding deur die staat sal beteken dat die bank volkome in die nasionale belang bestuur sal word, en nie deels in belang van private individue nie.

Dit is partypolities ‘n vernuftige skuif, want dit sal die verdeeldhede in die ANC verder oopkloof omdat baie ANC-lede heimlik ideologies daarmee sal kan identifiseer en ander nie, wat ‘n politieke turksvy vir die regering sal skep.

Daar is ook baie voorbeelde van suksesvolle sentrale banke wêreldwyd wat volgens die voorgestelde nuwe model werk, maar kritici sal wonder of die EFF die spesifieke impak op die uniek Suid-Afrikaanse situasie behoorlik opgeweeg het.

Eerstens sal so ‘n ingrypende voorstel nie die vastigheid en beleidsvoorspelbaarheid wat die Suid-Afrikaanse ekonomie nou broodnodig het, skep nie. Tweedens is die private aandeelhouding wat tans bestaan so klein in persentasie dat dit in praktyk min effek op die beleid van die bank, en sy rol om ekonomiese groei te stimuleer en die stand van die geldeenheid te stabiliseer, veel sal beïnvloed. Derdens gaan dit die belastingbetaler geld kos om die private aandeelhouers uit te koop. Vierdens verloor die bank dan die kundigheid van die private inset. Vyfdens is dit onseker of die EFF hulself afgevra het wat die gevolge sou wees vir volkome staatsmag oor die Reserwebank in die hande van ‘n staatshoof soos oudpres. Jacob Zuma. En sesdens is dit moeilik om te verstaan waar die EFF se geloof in die Suid-Afrikaanse regering en staatsdiens om enigiets suksesvol te bedryf, vandaan kom. Die toestand van ander maatskappye onder volkome staatsbeheer wissel tussen kommerwekkend en rampspoedig.

Een party wat die voorgestelde EFF-wetsontwerp met hand en tand gaan beveg is die DA. Gwen Ngwenya, DA-beleidshoof het gesê die EFF speel politieke speletjies wat die land duur te staan sal kom want hulle kort of die kundigheid of die eerlikheid om die ware koste van hul voorstel te bereken. “Die DA sal veg vir die onafhanklikheid van die Reserwebank,” het sy belowe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willem ·

‘n Pasty in die lug. Ons weet mos die EFF soek net aandag en sal enigiets doen om dit te kry, so hulle raak al hierdie twak kwyt want hulle weet die media hang aan hul lippe. Iets om die koerante vol te maak. Dit gee die mense iets om oor te reageer, asof die land nie genoeg probleme het wat hul aandag nodig het nie.

En dan is Mr M in die sewende hemel, want hy slaan die kitaar. Selfs so arrogant, hy beweer CR volg hom, dan skree sy volgelinge en stamp die voete.

Wilma ·

Oe daar sal geen geld oorbly nadat hande opi geld gele word ni. Dan word geld gedruk seker wat waardeloos is

Ruben ·

Malema is niemand nie hys geensins belangrik nie…hys te lui om te werk en maak baie geld met al sy uitlatings en opstokery…moet geensins oor hom enige iets berig en hy sal verdwyn met tyd

Adam ·

Die meeste Sentrale banke in die wereld is in die besit van die staat. SA is een van ‘n handjievol lande met ‘n Sentrale bank in privaatbesit. Die probleem is dat die privaataandeelhouing uitgekoop sal moet word en dat dit nie “uitgeskryf” kan word soos Malema beoog nie. Nadat die ANC met bang Cyril aan die stuur, die EFF se beleid van “onteiening sonder vergoeding” as sy eie aangeneem het, moes Malema en sy trawante iets kry wat uniek aan hulle is wat hulle die kiesers kon bied. Die een sal ook in die stof byt en soos Ruben tereg bepleit moet Malema liefs geignoreer word. Populiste se rakleeftyd is beperk; gee hulle tyd en hulle vernietig hulself.

Oom Kalahari ·

Die jong man hou daarvan om sy eie houtwerk beultjie te blaas. Mnr M wil so graag alles in staats besit kry soos hy by Oom Bob in Zim gaan leer het, want hy voel met al sy ondersteunings netwerk gaan hy die hoe stoel betree en kitaar slaan. “Boertjies dan gaan die poppe dans” soos per sy vorige uitlating. Nog nooit het hy ooit ‘n dag se werk en sweet ingesit nie behalwe “Everything For Free” geskree van die podium, anargie en ontwrigtinge in Parlement, vergaderings en by howe asook toi-toi, vernietig en brand. Doe Reserwe Bank sal ‘n Reverse Bank word.

vusi ·

hy wil seker maakallwa is genationaliseer voorsat hy presisent word. dan sal sit dadelik aan hom beskikbaar wees sodat hy sy kiesers kan betaal! snaaks dat die ringkoppe van die anc spring as hy sy vingers klap.

JSG ·

Wonder self hoe hulle so sterk invloed op die parliament het? Wil voorkom of almal bang is vir die EFF.

Illa Conradie ·

Die EFF en ANC is dieselfde. Kan geen rykdom genereer of selfs bewaar nie, net opgebruik. Moet dus elke keer weer ‘n pot vol geld by iemand anders afvat. Hulle sal so aanhou tot SA sit waar Zim en Venezuela sit. Zim se mense vlug SA toe en Venezuela s’n na al die omliggende lande. Waarheen gaan ons vlug as al die geld, petrol, kos, alles op is? Stem DA en hoop hulle kan keer.

Gerhard ·

As dit so is dat die regering al klaar die meerderheid aandele besit, dan maak dit min verskil as dit genasionaliseer word. Dit gaan oor stemme trek aan beide kante. Die bank doen al klaar wat die regering wil he.

Martin ·

Hulle kan nie eers hul eie geld sake hanteer nie, wat staan nog die land sin, alles gaan na hul gatsakke toe

Charles ·

Genoeg sal nooit genoeg wees, of hy nou R1000 ‘n maand verdien of R100000. Dit hou die selfde net tot die einde van die aand. Daar sal nie gestop word todat alles in besit is. Die miere sal moet harder werk van die sprinkane is honger.

Erika ·

Dit sal n ramp vir ons land wees- Kommunisme Kan jy dink as mense wat hulle self nie eers kan bestuur nie hulle hande op die geld kry… En hulle is magsbehep geldgierig arrogant agterbaks Die EFF en die ANC is dood eenvoudig verskillende takke en deel van die dieselfde boom

Erika ·

Dit sal N Ramp wees -Kommunisme Mense wat nie eers hulle self kan bestuur nie wil mag he en status
Die EFF en ANC is twee verskillende takke van DIESELFDE BOOM

Piet ·

Die ANC wil dit ook doen. Dit was dan die voorstel van die OB wat by Tuli Madonsela oorgeneem het. Dit kan en sal nog gebeur wat Afrika leiers kan die versoekking nie weerstaan nie.

Piet ·

My liewe mens het jy dan niks geleer nie? Stem DA se jy vir ons?

HPV ·

Malema met sy 6% partytjie, mens kan maar net lag vir die nar en sy dagdrome. Arme outjie wil probeer groot wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.