Bekende Afrikaanse skrywer oorlede

Lerina Erasmus. (Foto: Robert Hamblin)

Lerina Erasmus. (Foto: Robert Hamblin)

Lerina Erasmus, die Afrikaanse skrywer onder meer bekend vir die Die Mannheim Sage-reeks, is Maandag dood.

Erasmus (71) het verskeie radiodramas geskryf en het veral bekendheid verwerf vir Die Mannheim-sage, wat in 1986 ook vir televisie aangepas is. Die boek, Die Leliemoordenaar, het ook uit haar pen gekom.

Louis van Niekerk, akteur en vriend van Erasmus, het haar afsterwe aan Maroela Media bevestig. “Lerina het gesukkel met longkanker. Sy is vanoggend vroeg hospitaal toe en is vanmiddag weg,” het hy gesê.

Helené Prinsloo, reklamekoördineerder vir NB Uitgewers, het ook Erasmus se afsterwe aan Maroela Media bevestig.

Erasmus is gebore en getoë in Namibië voordat sy ná skool aan die Universiteit van Pretoria drama studeer het. Sy was ná haar studies ʼn aktrise vir verskeie streeksteatergeselskappe en was ook te sien as Rusty in die gewilde Afrikaanse televisiereeks, Orkney Snork Nie.

Erasmus word oorleef deur haar man, Günter Schmikal, en hul seun, Stefan. Sy sou Sondag 26 Augustus haar 72ste verjaardag vier.

Die sangeres Amanda Strydom het ook op Facebook die skrywer gegroet. “Rus in vrede, liewe Lerina,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oom Kalahari ·

Alle medelye aan Lerina se familie in hierdie tyd van rou. RIV Lerina en dankie vir al jou bydraes en harde werk tot bevordering van die Afrikaanse Taal en Kultuur. Alle sterkte aan naasbestaandes en vriende van Lerina.

Griet ·

Merkwaardige aktriese en skrywer. Haar stories was vol verrassings en heerlike ontspanning.

Sterkte aan haar man, seun en familie.

VanAfrika ·

Wat n mooi vrou was sy net nie, jammer ons het so min van haar gesien op tv. Dankie Lerina vir die nagedagtenis wat jy vir ons nalaat. Dans saam met die engeltjies.

Gedagtes ·

Netso! As jong seun al was dit haar stem wat my beïndruk het. (O, en die rooi hare)
RIV Lerina, herinneringe aan jou sal my altyd bybly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.