Oscar Pistorius gevonnis

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Masipa het gesê lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in die geval nie. Sy het gesê dit is onwaarskynlik dat hy weer ʼn oortreding sal begaan. Masipa het Pistorius se regspan en die staat die kans gebied om aan te dui of hulle appèl wil aanteken teen die vonnisoplegging. Indien hulle wel wil voortgaan met ‘n appèlaansoek, sal sy dit nog vandag aanhoor.

Masipa het gesê dit is nooit ʼn maklike besluit om op ʼn gepaste vonnis te besluit nie aangesien niks wat die hof sê of doen ooit die oorledene sal kan terugbring nie. Sy het gesê Pistorius se lewe sal egter ook nooit weer dieselfde wees nie.

Volgens Masipa het Pistorius al die rehabilitasieprogramme tydens sy vorige tronkstraf suksesvol voltooi en is hy ʼn goeie kandidaat vir rehabilitasie. Masipa het gesê Pistorius het reeds ʼn jaar tronkstraf uitgedien en dat hy vordering gemaak het in die gevangenis en sy samewerking gegee het. Sy het ook verwys na sy bereidwilligheid om gemeenskapsdiens te verrig.

Masipa het bevind daar is wesenlike en dwingende omstandighede vir afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf vir moord. Sy het gesê elke saak is anders en moet individueel hanteer word.

Masipa het ook daarop gehamer dat “ons howe geregshowe is en nie howe van openbare mening nie”. Sy het verwys na die klein rol wat openbare mening speel in die oplegging van vonnis en dat die vonnis nie ten doel het om die publiek tevrede te stel nie.

Reeva se ouers, Barry en June Steenkamp, kom by die hof aan. Foto: ANA

Reeva se ouers, Barry en June Steenkamp, kom by die hof aan. Foto: ANA

Masipa het met verwysing na die verswarende omstandighede in die saak gesê Pistorius het ʼn dodelike wapen gebruik en vier skote afgevuur wetend dat daar iemand agter die badkamerdeur was. Sy het gesê die versagtende omstandighede is die feit dat Pistorius sonder sy prostese na die badkamer is, hy gedink het dit is ʼn inbreker en dat hy kwesbaar gevoel het.

Masipa het gesê sy stem nie saam met die staat se bewering dat Pistorius nie berou het oor sy aksies nie.  Sy het onder meer verwys na Pistorius se verskoning aan die Steenkamps en dat hy die familie verskeie kere genader het om hulle direk om verskoning te vra. “Dit moet een van die moeilikste dinge wees vir ʼn beskuldigde om die familie van sy slagoffer te ontmoet en jammer te sê, nogtans het hy herhaaldelik probeer om met hulle in kontak te tree.”

Masipa het na wetgewing verwys en gesê die hof moet egter bepaal wat is die wesenlike en dwingende omstandighede in die saak om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis. Sy het ook na vorige uitsprake verwys wat bepaal watter faktore in ag geneem moet word wanneer daar op ʼn gepaste vonnis besluit moet word.

Sy het haar uitspraak begin deur te verwys na haar vorige bevinding dat Pistorius aan strafbare manslag skuldig is en die appèlhof in Bloemfontein wat hom later aan moord skuldig bevind het. Masipa het hierna gesê sy gaan nie na al die getuienis verwys wat ter strafversagting en verswaring aangevoer is nie.

Masipa het gesê moord is “altyd ʼn baie ernstige misdaad”. Sy het gesê die feit dat Pistorius gedink het dit was ʼn inbreker maak dit nie minder ernstig nie. Sy het na Pistorius se weergawe van die gebeure verwys.

Sy het gesê dit is in belang van die samelewing dat iemand wat moord pleeg swaar gevonnis moet word. Masipa het ook verwys na die persepsie dat Steenkamp en Pistorius die aand voor die moord rusie gehad het. Sy het egter gesê daar was geen aanduiding dat dit ʼn gewelddadige verhouding was nie.

Volgens Masipa is dit nie  vreemd dat daar ʼn ongekende belangstelling in die saak was nie, aangesien beide Steenkamp en Pistorius bekendes was. Masipa het gesê hoewel die gemeenskap ʼn verwagting mag hê dit nie op verkeerde persepsies gebaseer moet wees nie.

Masipa het verwys na die pyn wat Steenkamp se familie ervaar weens haar dood. Sy het ook verwys na Reeva se pa se getuienis en hoe sy gesondheid agteruitgegaan het ná haar dood. Barry Steenkamp het ook getuig dat sy vrou, June, net soveel soos hy ly.

Masipa het met verwysing na Pistorius se persoonlike omstandighede gesê Pistorius is 29 jaar oud en ongetroud. Sy het na Pistorius se gestremdheid verwys en ook na die afsterwe van sy ma. Sy het gesê prof. Jonathan Scholtz, hoof van kliniese sielkunde by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het in sy verslag aangevoer dat dit ʼn baie groot impak op Pistorius gehad het. Masipa het verwys na Pistorius se ouers se egskeiding en sy ma wat hom aangemoedig het om ʼn normale lewe te probeer lei ondanks sy gestremdheid.

Masipa het gefokus op Scholtz se getuienis. Hy was die verdediging se eerste en hoofgetuie. Hy het onder meer getuig dat Pistorius aan ernstige depressie ly en dat sy toestand sedert 2014 vererger het. Volgens hom toon Pistorius nie eienskappe van anti-sosiale persoonlikheidsversteuring nie en is sy geweldsrisiko laag.

Ondersteuners van Pistorius buite die hof. Foto: ANA

Ondersteuners van Pistorius buite die hof. Foto: ANA

Volgens Masipa kon sy egter nie veel gewig aan Scholtz se getuienis gee nie, aangesien Pistorius nie self getuig het nie en Scholtz se bewerings dus nie getoets kon word nie.

Masipa het ook verwys na die getuienis van Ebba Gudny Gudmundsdottir van Ysland. Sy het getuig ʼn vriendskap het tussen haar gesin en Pistorius ontwikkel nadat haar seun ook sonder bene gebore is.

Masipa het ook die getuienis van pastoor Marius Nel van 3C Ministries opgehaal. Nel het getuig dat hy Pistorius in die tronk besoek het vir “geestelike versorging”. Volgens Nel was Pistorius gebroke en hartseer.

Steenkamp is op 14 Februarie 2013 in Pistorius se huis in die Silver Woods-veiligheidskompleks in Silver Lakes, Pretoria doodgeskiet. Pistorius is op 22 Februarie op borgtog van R1 miljoen onder streng voorwaardes vrygelaat.

Pistorius se verhoor het op 3 Maart 2014 in die Pretoriase hooggeregshof begin. Hy het op 26 Mei by die Weskoppies psigiatriese hospitaal in Pretoria aangemeld en was op 30 Junie terug in die hof. Masipa het Pistorius op 12 September skuldig bevind aan strafbare manslag, hoewel hy van moord aangekla is.

Hy het deurlopend aangevoer hy het Steenkamp as ʼn inbreker aangesien, terwyl die staat aangevoer het dit was moord.

Regter Masipa het Pistorius op 21 Oktober 2014 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Pistorius moes minstens ʼn sesde van sy vonnis uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kon oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Op 19 Oktober 2015 word Pistorius onder korrektiewe toesig vrygelaat.

Op 3 Desember vind die appèlhof in Bloemfontein hom skuldig aan moord. Op 8 Desember word hy op borgtog van R10 000 vrygelaat. Pistorius verskyn weer van 13 tot 15 Junie 2016 in die hof ter verswaring en versagting van vonnis.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

156 Kommentare

Ogies ·

Maroela media, hersien asb die berig, daar is foute in die uiteensetting van die berig.
Andersins, dankie vir inligting.

Kobus ·

Dit is geen vonnis nie!! 6Jaar en oor 14 maande is hy weer uit op borg?!?!?!?

Iemand koop iemand om!! Money talks Bribery pays!!

Sê maar net ·

Sanet, ek is bly as jy dink 6 jaar is geregtigheid. En ja Kobus. Net 14 maande dan is hy ‘n vry man. Bietjie meer as 2 jaar in die tronk vir moord. Dit klink vir my ook of as jy geld het kan jy met moord wegkom.

JaNee ·

Dankie Regter Masipa. Sy was baie regverdig in haar uitspraak.

Magda van der Westhuizen ·

SE maar net- jou feite is verkeerd, Oscar is nie weer ingevolge Art 276 1(I) gevonnis nie, Hy is n direkte vonnis volgens Art 276 3(a) opgelê wat nie n korrektiewe vonnis is nie. Omdat hy aan n halsmisdryf skuldig bevind is moet hy ten minste 2/3des van sy vonnis in n gevangenis uitdien. Dit beteken 4 jaar van sy 6 jaar maar sy 1 jaar wat hy reeds uitgedien het, mag as deel daarvan gereken word. Daarom is al die berigte korrek wat sê dat hy ongeveer 3 jaar effekitef sal uidien, waar op hy aansoek kan doen om op parool uitgelaat te word.

Jourdan ·

6 jaar asseblief tog!!!!! Hy moet 12 maande sit en dan op borg, hy het reeds 12 maande gesit, hy gaan nie eers Potgieterstr sien nie.
Hy moes minstens 12 jaar gekry het, hy het “black talant” in sy vuurwapens gelaai, met die doen om iemand DOOD te skiet, maak nie saak wie agter die deur gestaan het nie, al was dit n inbreeker, Oscar is jammer omdat hy sy humeurtjie verloor het en sy eie gf geskiet het, hy was kwaad vir haar.

Lees weer ·

Gaan lees net weer alles wat Judge Masipa gesê het. Sy het mooi elke deel van die hele saak – ten verswarend (beteken hy moet harder gestraf word), ten versagtend (hy moet ligter gestraf word) hanteer, sy het wesenlike gronde vir elke verswarend en versagtend gehad. Beter uiteensetting sal jy nie kry nie, dalk as jy nog nie verstaan moet jy met William Booth praat. ‘n Hof kan nie doen wat die gemeenskap wil hê nie, ek het ookal so gevoel oor sekere sake, ongelukkig kan dit nie opgevoel gaan nie, maar op feite. Daar is baie wat voel sekere goed is nie in die hof aangespreek nie, wel Gerrie Nel sal geen steen onaangeraak laat nie, so alle moontlike getuienis is aangespreek.

Se maar net ·

Kan ons asb nou aangaan. Ek is oortuig dat almal nou net genoeg gehad het van die saak.

Jan Mostert ·

Ek dink die regter het die saak baie goed uiteengesit.

Luna ·

Jy neem die woorde so uit my mond uit.

Kom ons beweeg nou aan.

Oscar is wel net vir 6 jaar gevonnis…..maar hierdie ding gaan hom lewenslank ry.

marianne ·

DIS BELAGLIK!!!!! 6 JAAR??????
Dis soos om ‘n stout kind vir 10 min in time out te sit!
Nee nee nee – Reeva se lewe is weg haar ouers en familie is vernietig in verdriet en Pistorius kry 6 jaar!
Seker met voordele en onbeprekte kuier regte van sy familie.
Ek is teleurgesteld en baie hartseer!

JJV ·

Kom oor dit. Ons almal is keelvol vir hierdie saak. Ek hoop die is nou die einde

E ·

O Heer wees met die mense, en mag U bloed Oscar in die tronk beskerm.

cb ·

Ek sou beter gevoel het as dit net n opgeskorte vonnis was, maar nou ja 6jaar is beter as 16jaar. Sterkte Oscar. Tyd vlieg, voor jy jou oe uitvee is die tyd verby…

Teleurgesteld ·

As dit met my dogter moes gebeur…
Ek dink nie dis regverdig nie.
Ek stem saam met Kobus, money talks, bribery pays!
Onthou net, elke hond kry sy dag, maar n Brak kry n week-end!!!

jaque ·

Ja nee ek stem ek wil net graag weet hoe ontleed n mens die feit dat so baie ander agter tralies is wat sulke klein en min oortredings het en hulle kry sommer 10 – 18 jaar plus. enkel ouers wat probeer n beter lewe te maak vir hulle en hulle kinders wat bedrog gepleeg het kry sommer 9 jaar plus, vir aanranding kry ander so 8jaar plus. en so kan ons aangaan my hy 6 jaar vir moord dan gaan hy seker alleen slaap in n sel en gaan seker beter ge treat word as die ander daar binne oor sy gebrek

Verlekker ·

Teleurgesteld verlekker jou so, Oscar het nie net 6 jaar gekry nie, Oscar gaan al vir 3 jaar en 4 maande deur hel (dit is nie jou of iemand anders se skuld nie,d it is sy tragedie se skuld) Hy het fisies ‘n jaar in die tronk gesit en lees net gou die regter se navorsing oor wat in daai jaar gebeur het, dit is soos dit aangeteken is en bevestig is (al wil ons glo wat ons wil), hy het saamgewerk en gerhabiliteer. Dan verder is daar baie ander goed wat nei meer dieselfde is nie…. dit is makliker en beter om as ‘n top atleet te leef en uit gebeeld te word oral, met die media en bree publiek glo my is dit beter, nie wat hy al deur is nie. Dit is lekker om jou eie huis / vervoer en vryheid te he, dit alles is weg. Hy blameer nie iemand anders daarvoor nie, hy moet egter leer om daarmee saam te leef. Dit is makliker om na iets op te werk al vat dit al jou energie, tyd en lewe eerder as om van dit af te val.

JaNee ·

Ń regverdige uitspraak. Ek het baie respek vir Regter Masipa. En as dit jou seun was Teleurgesteld wat gevonnis moes word ? Altyd goed om beide kante te kyk soos wat die Regter wel gedoen het.

Roelf ·

Dankie regter Masipa. Indien ék so ‘n verskriklike fout sou begaan het, sal ek deur jou beoordeel wou word.

Eish ·

Roelf ek stem saam met jou! Ek moet nogal sê daar is nie mense met klein oortredings vir 10- 18 jaar in die tronk nie. Bedrog is verkeerd, as ‘n persoon 9 jaar gekry het, het die persoon beslis geskiedenis van meer as 1 oortreding en het dalk ‘n besigheid leeg gemelk, sulke bedrogsake van 9 jaar sal beslis nie ‘n enkel ouer wees wat ‘n beter lewe vir kinders wil maak nie, tensy die beter lewe luukse huis, luukse voertuie, vakansies hier en oor die water is nie! Met die aanranding, moord, dit hang van die omstandighede af, as jy vooraf beplan, daar is wrede aanrandings soos “disembowal van ‘n lewendige vrou – Anine Booysen” gereelde fisiese mishandeling – doodmartel, dit kan nie vergelyk word en tog.

Anton ·

Ai die vergewens gesindheid van die mense hier verstom my! As enige een van julle sonder sonde is mag julle maar tekere gaan maar as jy nie is nie, bly liefs stil!

pauline ·

Dankie Anton stem 100% saam met jou dit is nie vir ons om te oordeel slegs God maar ek voel baie seer vir albei families(Steenkamps en Pistorius’s)

Georgie ·

Niks met “vergewensgesindheid” te doen nie Anton…Oscar het niks aan my gedoen nie so niemand hier het n probleem met “vergifnis” hier nie. (Jy bedoel seker niemand mag hom oordeel nie want ons almal het sonde).
Of hy 6j of 15j sit, hy is n moordenaar en sal met sy gewete moet saamleef. By God kan hy vergifnis ontvang (mits hy voor Hom die WAARHEID kan praat)

Marlene ·

Ek stem met Anton. Sonde wat elke mens gedoen en nog gaan doen het Jesus reeds 2000 jr gelede vir ons Sy bloed gegiet op di kruis. As ons bely en vergewe.

Connie ·

Ja, en gaan op julle kniee en se dankie vir die Genade wat julle ontvang dat julle nie ook swak word en een of ander onbesonnedaad aanvang nie. Dis alles net Genade. Gooi die eerste klip as jy nie sonder het nie. En hier onder almal van julle is daar nie een nie. So bly julle is nie die Here nie.

Jackie ·

Ja nee 6 jaar hopeloos te min. dit was met opset gedoen verder forensiese toetse het dit bewys.
Daar is soveel mense agter daai mure wat minder en kleiner oortredings het as moord en hulle kry 10-18 jaar plus.Tien teen een gaan hy weer sy eie sel he en meer voordele he as die ander daar binne. dis net nie regverdig nie.

Louise ·

O Heer wees met die mense, WEES met die kriminele.
DE Hel met die res van ons,
6JAAR, ek is teleurgesteld in ons wet.
Nie Net met Die Oscar saak nie. Maar met ALLE oortreders wat RONDLOOP nadat hulle, moord en vele meer pleeg.
Hierdie land is n GRAP, dis die wat mense nie eers by n WINKEL kan inloop sonder om oor jou skouer te kyk nie.
Want O Heer beskerm die duiwels. Want hulle weet nie wat hulle doen nie

Nenna ·

Dankie Regter Masipa. Jy het die regte ding gedoen. Ek het baie respek vir jou en vir jou sterk standpunt wat jy van die begin af ingeneem het in hierdie hofsaak.
Jy gee my weer vertroue in ons regstelsel.
Viva Regter Masipa ! Doe so voort!

Rose ·

Ek dink regter Thokozile Mazipa verdien n kroon. Sys die mees menslike mens wat ek nog tee gekom het. Ek wens dat ek haar eendag kon ontmoet. Ek sou nie omgegee het om so n ma te kon he nie.

Aloys ·

Rose , sal jy ook so praat wanneer in hierdie saak jou dogter vermoor is?

Net So ·

Rose ek dink sommer in die algemeen, moet sy ‘n dinamiese vrou wees. Sy luister, sy kyk, sy ondersoek alle getuienis vir en teen. Sy laat haar nie beiinvloed deur media, mense se opinie, selfs niks seggende getuienis nie. Sy laat nie eens ruimte toe in getuienis wat nie getoets is nie. Sy is voorwaar dinamies en iemand om op trots te wees. Daar gaan mense wees wat nie van haar hou nie, dit is ongelukkig so, Regter Masipa dankie vir regverdigheid, sterkte met die res van jou loopbaan!

johann brits ·

Ek wil ook in die ry staan om die regter te ontmoet,met haar in ons regstelsel sien ek hoop

RITA ·

Sterretjie vir jou Rose. Ek dink ook sy is fenominaal. Menslikheid het geseevier:)

ElgeraineR ·

Ek hoop rerig dis nou die einde van die saak, en tyd om aan te beweeg!

Johann ·

Regter Masipa. U is reeds deur die hoër howe direk terreg gewys dat u wesenlik gefaal het in u veronderstelde plig om die beskuldigde nie van MOORD aan te kla nie en nie toe reeds gepas te vonnis nie. Weereens is stukkend hartseer ouers en familie se tyd en enorme hoeveelhede geld gemors; om n arrogante moordenaar SONDER BEROU te fasiliteer. N Arrogante selfsugtige moordenaar soos bewys deur sy stilswye in die hof MAAR sy pitty partykie tydens n media onderhoud. Ek vind dit onrusbarend vreemd dat u selfs nou slegs n vonnis van 6 jaar toepas?(n jaar meer as u oorspronklike vonnis op u verkeerdelike uitspraak) So…verskoon my aandrang op die Aanklaers om WEEREENS U ongeskiktheid as regter te laat bevestig deur apel aan te teken teen die absurde vonnis! En ja…behalwe my hopelik rasionele perspektief; kan die gemiddeld regdenkende persoon nie anders as om emosionele vrae te vra rondom hoekom u juis in die saak u plig versuim?

Sjoe ·

Print alles maar uit en gaan sien Ullrich Roux of William Booth, ek dink die regter het dit mooi verduidelik. Regter Masipa ek is trots op U, alle getuienis vir en teen is goed ondersoek en deur gewerk, dit is ook baie duidelik hanteer.

Mpie ·

Johann, ek moet aanneem jy is seker persoonlik betrokke by hierdie saak. As jy nie ware berou kan raaksien, is jou besluit om nie vir Oscar te glo, van dag een gemaak en onomkeerbaar as gevolg van emosionele betrokkenheid. Moet wees, anders is blind die enigste antwoord.

cornelia steyn ·

As hierdie moedswillige moord was, sou ons liewe Heer laat geregtigheid geskied. Hy alleen weet die waarheid. Laat ons nie verder oordeel nie, enige iets kan enige tyd met ons gebeur. Ek het ‘n seun verloor deur selfdood oor ‘n meisie(nie sy meisie) se tong wat hom sleggesê het omdat hy net een oog het. Dit was te veel vir hom na 13 jaar se gespottery. Ek sou haar ook op daai stadium iets wou aandoen, maar my seun het my van tronkstraf gered. Niks sal Reeva terugbring nie, kom ons bid liewer vir al die betrokke partye. Oscar moet met dit saamleef tot hy hierdie wêreld verlaat. Die wraak kom ons nie toe. Vrede vir almal.

Tiaan ·

Cornelia, hy is dan reeds skuldig bevind aan ‘n moedswillige moord

My Mening ·

Ai sjame man ek stel voor dat die wat nou so bitter is gaan bid maar en vra vir God om julle vry te maak van alle bitterheid want julle lewe gaan nou absoluut ten gronde oor die feit dat Oscar nie lewenslank tronk toe is. Al wat tussen jou en enige misdadiger of moordenaar staan is God se genade en word daar immers gesê pasop hoe jy iemand oordeel dat jy nie met erger geoordeel word nie……. My eie pa is 19 jaar terug vermoor en dank Jesus ek kan vergifnis toon want hoe kan ek verfisnis vra as ek met ‘n swart en bitter hart loop dit hou ‘n mens in elkgeval net terug op al die geluk in die lewe

RITA ·

My Mening…….Ek stem saam met jou. My pa ia 16 jaar gelede vermoor. Daar is geen bitterheid of haat in my nie. Tot vandag toe weet ons nie of hulle al iemand aangekeer het nie. Dit het in Durban gebeur en al getuie was my broer wat n jaar na my pa oorlede is omdat hy nie my pa se dood kon verwerk nie.

Nico ·

Sies. Kan die OB nie hierdie regter en die pistorisse ondersoek nie.
Dit is duidelik sy wil hom nie vonnies nie. Hy moet los loop vir sy volgende slagoffer.
Sa! gerrie vat hulle verder.

Absoluut ·

Absoluut Nico, sy kan hul ondersoek. Jy gaan egter weer teleurgestel word, die regter het alle getuienis ondersoek en getoets. Dit is ‘n baie lelike allegasie om teen die regter te maak.

erica roos ·

Ek dink ook dis te min die vonnis, vir my gaan dit daaroor dat die regter verby moes gekyk het na die gebrek want toe hy aansoek gedoen het vir die wapenlisensies het hulle nie sy gebrek in aanmerking geneem nie, hy moes sy gesonde oordeel gebruik het in daardie sekondes wat hy gehad het om te besluit gaan ek skiet of nie. Ek was in die polisie vir 26 jaar en daar was baie gevalle wat jy net sekondes het om te besluit skiet of nie skiet, hy het ‘n mens se lewe geneem dit terwyl hy verantwoordlik was om sy wapens veilig te moes gebruik en dit is waaroor dit vir my gaan. Ek neem nie sy gebrek in aanmerking maar hy het ‘n gesonde verstand gehad om mee te dink

My Mening ·

Ai jammer vir diegene wie se lewe absoluut nou ten gronde is omdat Oscar nie lewenslank gaan sit nie. Al wat tussen ons en enige misdadiger/moordenaar staan is God se genade. Gaan eerder op jou kniee en vra vir God dat so iets nooit met jou moet gebeur nie. My eie pa is 19 jaar terug vermoor en het die keuse gemaak om eerder te vergewe want jy maak jou eie hart net bitter en hou jou geluk op die lewe terug. Los maar die oordeel in God se hande. Dit is in elkgeval baie arrogant om enigsins te oordeel onthou net paspos hoe jy iemand oordeel dat jy nie met erger geoordeel word nie…….

MY MENING ·

Ai shame man vir die wat so gal braak jou lewe gaan nou absoluut ten gronde omdat Oscar nie lewenslank gaan sit nie. Gaan eerder op julle kniee en vra God om jou te beskerm want sien al wat tussen jou en ‘n misdadiger/moordenaar staan is genade. Vra God dat jy nooit in so ‘n situasie sal beland nie. My eie pa is 19 jaar vermoor en ek moes vergewe want hoe kan ek vergifnis vra as ek self ‘n swart en bitter hart het. Dit hou ‘n mens in elkgeval net terug in die lewe

Bloues ·

Pleeg moord deur iemand met 4 skote deur n toe deur te skiet en die straf is 6 Jaar. Dit is belaglik absurd. Ek dink hierdie regter moet aftree. dit is skokkend verby

Dawie ·

Dis ook maar goed die regstelsel is nie in die hande van al hierdie bybel dwepers nie. Dink net wat sou van wet en orde geword het! Moordenaars en verkragters sou vry rondgesluip het om nog lewens te verwoes!

Tong innie kies ·

Dawie.Ek stem.Laat een van hulle vermoor word dan sal saar n ander deuntjie gesing word.

Kobus ·

Dawie Jy praat waar! Daar is die reg en daar is die kerk. Moet nie die twee meng nie asseblief!!

My Mening ·

Dawie met alle respek bybel dwepers als reg man, maar ek verseker jou met gebed sou ons baie siele kon red (ek is self in die regstelsel) en glo my dit is mense soos jy wat God gewoontlik terug ruk aarde toe net om jou weer op die regte pad te kry. Dalk moet elke Suid-Afrikaner miner begin kla oor ons land, Minister, Wet en Orde en eerder begin bid dat meer mense hulle harte vir God gee dink net hoe wonderlik sal dit wees.

oops ·

Oops die regte moordenaars en kriminele loop juis rond tussen ons. Gaan kyk maar gou weer na die saak van Lolly, Gerrie Nel het ‘n deal met daai self erkende moordenaar gemaak om as staats getuie te draai, dit het nie uitgewerk nie en daai man is los tussen ons!!!!! Daar gaan nog ‘n lyk of wat rondlê agter hom indien nie al klaar nie……. Hy het beplan, geld gekry en gedoen……..

Ag ja ·

Ja nee. Ek is verstom en aan die anderkant nie verbaas nie. Ek kan net nie insien hoe die dood van sy ma kon bygedra het tot ‘n besluit op sy vonnis nie. My pa is vermoor, dit het my baie negatief beinvloed. Beteken dit nou ek kan sommer my kêrel doodskiet as hy in die donker in ons woonstel/ huis rondloop? Gaan die wêreld my ook jammer kry?
Hy sal wel vrot. Van binne af. Sy dade het klaar bewys dat sy hart oorloop van gif.

Tong innie kies ·

Belaglik.Ek wil ook deur Regter Masipa verhoor en gevonnis word vir wat ek nog gaan doen.

Willie E ·

# Tong Innie Kies…ek ook…ek ooooook…. ha ha ha….

BAREND ·

moet nie oordeel nie ,net Oscar weet wat het daardie nag gebeur ,hy beskerm Reeva nog steeds ,die waarheid sal eendag uitkom

humor ·

Ek het diepe deernis vir die koue hartelose mense. Wanneer die noodlot toeslaan, tref dit hierdie mense die hardste en die seerste. Die persoon met sagtheid deernis en begrip verwerk sy krisis baie makliker, want hy het n ANKER en n TROOSTER.

Anna ·

Mag hierdie nou die laaste wees van die Oscar sage. Almal is so haatdraend teen die man, maar hoeveel van julle het al ouers of geliefdes verloor deur wreedaardige plaas aanvalle, en WAAR is die aanvallers? Nie eens 1 dag agter tralies nie. Mag God met hom wees en beskerm in die gevangenis. Sterkte Oscar, ons bid vir jou.

Hartseer ·

Anna ek voel ook hartseer daaroor. Ek bid saam met jou, waar een of meer in Sy Naam vergader. Oscar jong man bly getrou aan die Vader. Jy sal oorleef, ons is daar om te bid en om te gee.

Angelique ·

Ek is erg geskok oor hierdie. 6 jaar. Maak nie saak wie hy is of wie sy was; hy het iemand se lewe geneem. Vier skote deur ‘n geslote deur. As dit enige iemand anders was sou hul ‘n langer vonnis gekry het, maar hy het mos geld, is n ster en is gestremd? Hy huil so bietjie hier, verskyn op ‘n onderhoud so voor vonnis oplegging waarin sy liggaamstaal leuens skree? Hy is ‘n meester manipuleerder en het so pas ‘n bespottin gemaak van die regstelsel. Buiten die feit dat Masipa ‘n groot onreg aan SA se geregtigheid gedoen het, het sy ook ‘n gevaarlike presedent gestel hiermee. Solank jy gestremd,angstig en ryk is kan jy soveel skote afvuur soos jy wil. Jy hoef nie eers seker te wees op wie jy skiet nie. Jy kan ‘n familie uitmekaar skeur, ‘n mens se lewe beindig. Jy sal steeds letterlik wegkom met moord. Die mense wat hierdie vonnis verdedig het heel duidelik nie gedink oor hoe hulle sou voel as hulle in Reeva of haar familie se skoene gestaan het nie. Om iemand aan die dood aftestaan wens natuurlike oorsake is erg genoeg, wat nog dan te se van moord? Masipa moet verwyder word en ek hoop van harte die NPA appelleer hierdie vonnis.

Hoop ook so ·

Bach ek hoop ook Gerrie vat dit verder, dan sal ek persoonlik vir Oscar help om ‘n saak by die Mense Regte Kommissie te lê. Wêreld hof as dit moet, daar is van dag 1 af, ondeurdagte kommentaar en druk van Polisie, media, forums, publiek en regskenners op hierdie jong man se tragedie, noem dit wat jy wil, maar die staat se bewyse en getuienis sowel as alles rondom Gerrie Nel het hierdie jong man nooit ‘n regverdige verhoor gegee nie. Gaan lees bietjie met ‘n onpartydige oog. Oscar is van dag 1 af nie ‘n kans gegee nie en dit nadat hy van die 1ste oomblik af erken het hy het haar geskiet!!!!!!! Hy het uitgereik na haar ouers met meer as 1 geleentheid, hulle het dit van die hand gewys. Hy is nie ‘n moordenaar of krimineel nie, sy eie land het hom erger as dit behandel.

M'Lady ·

Voor julle oningeligte kommentare op hierdie berig lewer, doen asseblief eers julle huiswerk, of bly liewer stil.

M'Lady ·

Kobus hy kan nie oor 14 maande borgtog kry nie. Hy moet helfte van die vonnis uitdien voordat hy in aanmerking kan kom vir borg. Dit is ook nie gewaarborg nie. Oscar se oe is dood want hy is op al die medikasie. Wie kan hy omkoop? Die regter? Hou op om jou naam krater te maak.

NELIA MEYER ·

Die Bybel se ons mag nie OORDEEL nie, wie van die wat so teenoor Oscar optree staan sonder sonde en geraamtes in die kas. Leef en laat leef …. se die Bybel dan nie daar sal nie `n haar van jou kop afval as dit nie MY wil is nie….. elke mens wik maar GOD beskik. Sterkte Oscar maak die beste van jou omstandighede, rys uit bo die res en stel `n voorbeeld, hou aan oefen `n gesonde liggaam huisves `n gesonde gees….. dink en bid vir jou

NELIA

humor ·

Dit kom nie daarop aan hoe Masipa jou gaan verhoor nie, maar hoe jou gewete jou aanspreek. Dit kan dalk die pynlikste wees.

Andries ·

Appeleer so ver moontlik Gerrie!!! EET daai R£millions waarmee hulle hul gewetes probeer stil.

Wonder maar net ·

Oscar kan sy sterre dank dat daar nie `n renoster agter die deur was nie

Karma ·

Ja, @Wonder maar net, want lyk my ‘n mens se lewe is minder werd as dié van ‘n renoster. 6 Jaar is ‘n belediging in die gesig van die mense wat tot vandag toe nog geglo het in ‘n regverdige regstelsel in SA. Ek weet van mense wat bedrog gepleeg het, wat 8 en 10 jaar gekry het en sit, sit hulle steeds na 4 jaar. Toegegee – elke saak word op eie meriete beoordeel.

Ek dink Oscar se geld, sy bekende naam, sy oom se geld en natuurlik ……. sy GEBREK het Regter Masipa se oordeel soveel na die een kant toe gewig dat sy dit nie in haar kon vind om ‘n swaarder straf te gee nie. Ek dink ‘n straf van 9 jaar, waarvan ten minste 4 uitgedien MOES word in ‘n GEWONE tronk, gevolg deur nog 5 jaar gemeenskapsdiens sou meer aanvaarbaar gewees het.

wilma ·

Ou gerry nel sal nooi dat hy na 14 maande uit kom nie. Hy haat mos vir Oscar. Ek dink aan jou. Ek hoop die steenkamps is darem so bietjie tevreden . Ek hoop dat ander moord sake ook kan aandag kry. Soos die Byl Moord

Stem saam ·

Stem 100% saam Wilma en die ander moorde waar vrouens fisies dood gemartel is!!!!!!!!! Ek is ook oortuig dit gaan vir Gerrie Nel meer as oor Reeva.

Ekke ·

Die Here en Oscar weet wat daardie dag gebeur het. Wie is ons om te oordeel? Oscar sal in elk geval vd res van sy lewe met hierdie moet saam leef. Kom ons los die veroordeling uit – die Here sê in Sy Woord die oordeel kom Hom toe. So laat ons eerder na ons self kyk en ander uit los en seker maak dat ons nie eendag in die Hand van die Lewende God val nie. En ja voor jul my wil veroordeel ens – my oom is vermoor vir sente deur ‘n blanke wat ‘n dwelm verslaafde was. Gaan veroordeling ens my oom terug bring?? NEE! om haat en wrok te koester nog minder….. Ek sê maar net……

Sarie Marais ·

Nelia, gaan lees daai hele stuk oor oordeel en moenie net een versie selektief aanhaal om boosheid onder die mat in te vee nie, want julle gebruik die bybel om boosheid te dien en vrye teuels te gee.

Sus ·

Ek hoop al die Oscar-haters kry dit reg om vrede te vind want om daai haat te koester is dieselfde as om self gif te drink en te hoop die ander persoon gaan dood.

Liewe aarde ·

Liewe aarde maar die mensdom is darem krities, moorddadig, ja julle gedagtes en forum kommentaar is baie erger as wat Oscar gedoen het. Sonde is sonde, as mens dit dink of se of doen, is dieselfde. Julle ken hom nie eens nie, ja ek ook nie, maar ek ken atlete wat hom ken. Julle gaan aan asof hy elke dag ‘n moordenaar, wets oortreders is. Wat gebeur het is hartseer, hy het dit egter nie beplan nie, hy het dit nie doelbewus gedoen nie, geen hof het hom hieraan skuldig bevind nie…… hy kon voorsien het dat hy die persoon sal dood en daaroor kan ons lank debateer, jy moet eers op sy stompies staan en leef om dit te verstaan en dan van daar te vat.

Frans ·

Kan di dud net begin met sy tronkstraf sodat almal wee kan angan met hule werk

Pieter ·

Die hele wereld kan maar gal braak maar net Oscar weet wat daardie nag gebeur het. Los hom nou uit en gaan aan met julle lewens en nie syne nie.

Johann ·

Laaste plek wat ek as wedergebore beleidende kind van n Vader van genade na die waarheid en DIE WAARHEID wil verwys is op só n platform…MAAR deel van n verandwoordelike getuienis is dit: die Woord is VOL van bevestigende verwysings na n verandwoordelike en verandwoordbare lewe. WAAK en BID se diebWoord onder andere…veral teen die leun wat homself vermom met valsheid en onooregtheid. Oordeel????? Nie ons voorreg nie..mMAAR wel die PLIG van n Veronderstelde Profesionele TEGSKUNDIGE! NIE N MANIER wat Oacar n dag se opregtheid ten toon gestel het nie. Sy keuse vir n WAARHEIDS oordeel. Bly hartsverskeurend.

Carel ·

Hierdie vonnis is ‘n motivering vir mense wie ander wil vermoor. Masipa het net na Oscar gekyk en nie na die talle moorde in ons land nie, ‘n 6 jaar vonnis is geen afskrikmiddel nie. Masipa moet vervang word, die Appélhof het reeds haar oneffektiwiteit verklaar. Stuur haar met pensioen.

alida ·

Haai toe nou. Masipa is een van ons beste Regters weet jy. Die ander moordenaars waarvan jy melding maak het nie voor haar verskyn nie. Daar is baie meer as een Regter onthou !!!!

Lewe gaan aan ·

6 jaar……?!
Immers gaan OP se lewe en sy reg op lewe aan….

Reeva aan die ander kant se lewe en reg om te lewe is deur OP [en OP alleen!] gestop….maar 6 jaar is “aanvaarbaar”…..?
Darem nie reg of regverdig nie!

Elsie ·

Ek ken ń vrou wat geld by haar werk gesteel het en 12 jaar tronkstraf gekry. Sy sit nou 1 en ń half jaar. Hy pleeg moord en kry 6 jaar. Slotsom: jy kan moor moet net nie geld steel nie! BELAGLIK!

Rosie ·

Klink vir my of Regter Masipa n “soft spot” het vir Oscar…..

Chris ·

Wat nou van die 6de gebod? Dis omdat ons God se wette nie onderhou nie dat hierdie land op die afgrond huiwer.

Netta ·

En jy is die judge Frans? jy was daar? jy weet wat gebeur het…. hoekom was jy dan nie in die hof vandag – jou getuienis kon dalk waardevol gewees het. GEEN mens behalwe hy weet wat gebeur het nie….. God sal die laaste sê hê….

Andre ·

Lyk my meeste van die kwaai mense vergeet die twee jaar wat hy reeds in die tronk (1 jaar gevangenis en amper 1jaar korrektiewe toesig) deurgebring het.

Bruno Stef ·

Vir diegene wat die sepie geniet het en so veroordelend kommentaar gelewer het die hele episode lyk vir my het nou volgens die gereg tot n einde gekom.Die Griekwastad moorde is opgevolg deur Oscar Pistorius saak en daar is nog die bylmoordsaak in die Kaap wat die aandag van sovele van ons kommentators gaan besig hou.Dit speel alles af soos sepie verhale tot vervelens toe vir en teenargumente op die regte Amerikaanse Styl.

Joann ·

6jaar???????? Nou gaan ek ook begin moor en lekker rus in tronk. Regter Masipa moet my verhoor asb.maar ek het nie baie geld nie. Skande skande skande!!!

Lekker lekker ·

Nee lekker lekker Joann, gaan pleeg jou moord en sit lekker man!!!!! Regter Masipa sal jou verhoor, jy het nie baie geld nodig nie en ou Gerrie sal ook so nice met jou wees, hy sal tien teen een jou bubble bars van lekker rus in die tronk, want as jy moord beplan, maak hy deals, staatsgetuie…….

Kobus ·

Die ses jaar in die tronk is niks, Dit is die “lewenslank “wat in sy kop is wat vir hom hel gaan wees, Elke aand as hy sy kop op die kussing gaan neerle speel die hele storie weer voor hom af,Die bloed en Reeva se lewelose liggaam die is erg Die self verwyt gaan hom opvreet soos n kanker Dit gaan nie beter word nie Hy sal dit nooit vergeet nie Ek vergeet nie die pyn en hartseer van Reeva se ouers nie Hulle het hul enigste kind verloor en die pyn sal altyd daar bly Die feit is hulle is nie die oorsaak van haar dood nie Hulle sal van tyd tot tyd hartseer pyn en woede ervaar Die verlies sal altyd daar wees Oscar is die oorsaak van die verlies en hy kan dit nooit ongedaan maak nie Ek weet van n person wat 52 jaar gelede sy broer verloor het deur n speletjie Hy se tot vandag bly dit by hom dit voel soos gister ,Sterkte aan die Steenkamps en Oscar

Gelukkig ·

Oscar gaan deur ‘n moeilike tyd en met genade sal hy hierdeur kom. Jou wense sal nie waar word nie, Oscar is opgedra en dit is nie in mense hande nie. Jy moes net kom getuig het in die hofsaak, wie weet dalk sou hul jou geglo het aangesien jy die meeste van ons almal weet, jy was seker die vlieg teen die muur.

Maryann ·

Ek is bly dit is net 6 jaar. Aan almal wat oordeel het jul al gevoel hoe dit voel om ‘n pistool teen jou kop te he gehi-jack te word, en dan is jul normaal- kan weghardloop hierdie man was op stompies en reeds voel hy minderwaardig op daardie stompies en al wat deur sy kop gaan is om Reeva en homself te beskerm – Komaan wees menslik – moet jy wag vir ‘n inbreker om jou en jou geliefdes te vermoor of gaan jy eerste instink gebruik soos Oscar. Mag jul almal 2x dink.
Hou op om te oordeel en plaas jouself vir ‘n slag in sy voete”stompies” – Jul is nie God nie.

Andre ·

Dit is vir my interssant hoeveel van hierdie slim kommentators vegeet die 2 jaar wat hy reeds sit (1jaar gevangenis, amper 1 jaar korrektiewe toesig).

NEL ·

Kan nie glo hulle het weer vir Masipa op die bank gesit om die straf te gee nie, Nee wat Gerrie Nel sit jou troefkaarte op die tafel, jy kan nie nou die greep verslap nie , sien uit na jou volgende skyf. Dit moet skaakmat wees. AanOsca rse ondersteuner, die saak gaan nog ‘n wyle op die rol hartloop. Gelukig sal Masipa die skaamgesig he om me saam teleef.

Hoop ook so ·

Ek hoop ook so Nel, dat Gerrie Nel (nogal selfde van….) dit gaan verder vat, tyd vir ‘n hoè hof om in te gryp. Gerrie Nel, die staat en alle omstandigheids getuienis kon nie bewys dat Oscar vir Reeva vermoor het nie ( ja en vir die wat nie verstaan hy is die oorsaak van haar dood). Die sprake van bure wat myle van daar gewoon het, maar die rondom hulle weet van niks – die sekuriteitswag is ‘n sleutel getuie en hy het gese dit was stil soos elke ander aand – sy rondte is op sekuriteitstelsel dat hy wel by Oscar se huis was ten tyde van die getuienis wat gese het daar is ‘n bakleiery en sy getuienis is in die hof aangehoor en aangeteken asook gebeeldsend. Oscar se saak is van die begin af nie soos alle ander landsburgers sin hanteer nie, selfs die media dekking en alle inmengde faktore sal vir Oscar ondersteun in ‘n onregverdige verhoor. So ja ek dink dalk moet Oscar se verdediging die rigting inslaan en die onnodige viktimisering nou einde kry. Hierdie saak gaan van die begin af nie oor Reeva of wat met haar gebeur het nie. Dit is geld maak en persoonlike vendettas en om naam te maak. Regslui betrokke beide kant weet maar te goed van alles.

Ou Krimpvark ·

Hoeveel mense is nie al jare in ons tronke verhoorafwagtend? Het Oscar Pretorius voorkeurbehandeling ontvang?

Waar val jy uit???? ·

Ou Krimpvark waar val jy uit???? Ten minste veroorsaak jy ‘n lekker lag met jou onkunde.

cobusp ·

Stuur die verkeerde boodskap uit in ons geweldadige moord lustige land net ses jaar……??? Hy sal nooit weer aanvaar word in die sameleweing as hy uit die tronk kom nie……..hy sal swig onder die druk of self moord pleeg of n ” kangoroo court” hid squad gaan hom uitsort.

Moegviraldiebeloftes ·

wat ‘n gemors van tyd en geld!! vir die wat nie weet nie – die oomblik wat jy die wapen gaan haal en in jou hand neem het jy reeds besluit dat jy gaan skiet. ek self was in so ‘n situasie waar ek met ons 3mnde oue baba alleen by die huis was en iemand ongenooid in my huis gekom het, ek het willens en wetens besluit dat ek nie gaan wag totdat ons dood is voordat ek iets daaromtrent doen nie en het die 9mm pistool uit die kluis gaan haal veiligheidsknip afgehaal en gaan kyk waar die persoon was, ek sou definitief geskiet het as ek die persoon nie geken het nie – toe was dit al die tyd my man wat my wou toets (hy het dit nooit weer gedoen nie!!). so die heiliges moenie sê dat hy per ongeluk dit gedoen het nie hy het 4 skote afgeskiet – sy kon nêrens skuiling vind in die toilet nie!! 6 jr wat ‘n klug!!! sies man!!!!

sjoe ·

Sjoe vir iemand wat al byna oorgekom het wat Oscar is jy dapper met die oordeel. Jy weet as jy jou man geskiet het wat kon gebeur het, sou jy deur alles dieselfde gegaan het en oook moes tronk toe, ek dink baie ondeurdag en stupid van jou man. Indien dit ‘n inbreker was – was dit of hy of jy as hy gewapen was. Ongelukkig kan jy nie wag om te kyk of dit hy of jy is nie, daar is nie tyd nie en ek is bly jy is so koelkop en kalm in die nag, ek was nie. Jy weet jy sou ook deur ‘n hofsaak moes gaan al was die persoon bewapen, jy sou dalk nie tronkstraf gekry het nie, maar as jy dieselfde staatsaanklaer gehad het, sou dit maar met jou sleg gegaan het. Jy sou ook afvuur om te dood en dit is waaraan hy skuldig bevind is. Verder moet jy jou in sy situasie indink.

DD ·

6 jaar is miskien vir baie nie genoeg nie, maar wat van die wat skuldig bevind word aan plaas moorde? Hoeveel kry hulle? weet een van jul dalk? nee want jul stel nie regtig belang nie.
Omdat hy bekend is word hy deur die publiek uitmekaar getrek, maar wat van daardie oupa en ouma wat vermoor word. Wat van daardie families van die persone wat vermoor word. Word hul ook ondersteun deur die publiek en die media??

cobusp ·

DD plaas moorde word nie ondersoek deur die Polisie nie……..punt. As hulle mense arresteer dan is dit soos die parys moord waar die plaaslike boere die moordenaars aangekeer het en nou…….is al 20+ boere in die hof vir aan randing en die dood van een die moordenaars…….so dus nie dat ons regtig belangstel nie die statistieke is nie daar nie……….2 blankes gaan 2 jaar sit omdat hulle n petrol joggie geslaan het ……….oscar gaan effektief 4 jaar sit vir die koel bloedige moord op Reeva…….maak dit sin??????

Penellope Jones ·

Ek het van die begin af van hierdie tragiese gebeure bitter min gese/geskryf.
Wat ek wel kan se is dat ek ‘n ouer is.
Sou Reeva my dogter gewees het, sou ek (inaggenome my eie karakter en persoonlikheid) heeltemal in ‘n dwaal gewees, sou ek bitter swaar gekry het vir al die redes in die boek, sou ek baie vrae gehad het.
Sou Oscar my kind wees, sou ek dieselfde gevoel het want, in ‘n groot mate, het Oscar se familie ook n seun verloor het, hoewel nie fisies nie.
Mens se kind is jou kind, maak nie saak wat nie.
So die tragedie sny na beide kante toe, of mens dit insien, verstaan, wil verstaan of nie.
Ek as blote toeskouer van hierdie tragedie wil myself nie die “voorreg” toe-eien om enige ”uitspraak” te lewer nie.
Die wettige en hopelik finale uitspraak is nou gelewer en daarmee moet saamgeleef word, watter kant mens nou ook van die saak staan.

Scary Mary ·

In the new South Africa animals are more save than women…. Kill a Rhino you gets 15years, kill your girlfriend you gets 6years…. That sounds scary!

Kiepie ·

Hulle sê mos die regte prys in ‘n verkooptransaksie is wanneer die koper dink hy het te veel betaal en die verkoper dink hy het te min gekry. As ek so na die kommentare hierbo kyk dink ek dit is wat hier gebeur het. (En ek verwys geensins na die partye wat werklik hierdie geïmpakteer word nie, ek praat van die ondersteuners van die twee kampe).

SC ·

En dit klink vir my Gerrie Nel is iemand is ook maar n bitter man, Ek het gese jy mag ni oordeel ni toe word ek oor my vingers getik omdat ek gese het ek kry die wat so veroordeel jammer want julle is bitter mense … Dit is ni oordeel ni dit is my mening na wat ek hier als gelees het my mening oor Nel na ek die storie gevolg het ! Wraak kom ons ni toe ni en Jammer julle wat hier gese het hou Godsdiens en die Bybel uit die Hof uit? Dit is hoekom daar so baie haat in ons mense is ons het opgehou om ons kniee te buig!!! En dit is net my mening.

johann brits ·

‘N Vriend het sy vrou doodgeslaan en ek het die hofsaak bygewoon,hom in tronkn kbesoek en agterna ondersteun-ek gun nie eers ‘n vyand die hel nie-dink mooi voor jy oordeel

cobusp ·

Johan Brits as dit bedoel bewus en beplan was dan is dit mos moord? In die aprtheid jare was doodstraf nog in gebruik en sulke mense kon gehang word vir hulle dade………..Is die tronk straf nie juis daar om die gewone mense op straat te laat 2 keer dink voor jy jou vrou doodslaan…….moord starf kan nie ligtelik wees en soos n hotel wees nie…….maak mos nie sin nie. …..Ek is n voorstander dat tronke oop gestel moer word sekere dae dat die publiek kan sien wat agter daai hoe mure aangaan….dalk sal dit mense tot hulle sinne laat kom en 2 keer te dink om iemand te vermoor.

cobusp ·

Johan Brits as dit bedoel bewus en beplan was dan is dit mos moord? In die aprtheid jare was doodstraf nog in gebruik en sulke mense kon gehang word vir hulle dade………..Is die tronk straf nie juis daar om die gewone mense op straat te laat 2 keer dink voor jy jou vrou doodslaan…….moord straf kan nie ligtelik wees en soos n hotel wees nie…….maak mos nie sin nie. …..Ek is n voorstander dat tronke oop gestel moet word sekere dae dat die publiek kan sien wat agter daai hoe mure aangaan….dalk sal dit mense tot hulle sinne laat kom en 2 keer te dink om iemand te vermoor.

Liewe heksie ·

Masipa is masepa korrup as kan kom Die Pistoriusse is iets soos die Guptas. Die Pistoriane is net so sleg

cobusp ·

Ja en geld. As dit Moses Muhlangu was wat sy vrou in hulle tiolet in Soweto dood geskiet het was hy al lankal in die tronk 15 jaar plus….

Poplap ·

Haha said the clown. And the world laughed and laughed as the circus left town

Sterretjie ·

Ai almal maak ophef oor Oscar en Reeva. Wat van al die ander famielies wat ook deur soiets moes gaan. Niks word daarvan genoem nie. Seker omdat hulle nie beroemdes was nie.

Ernest ·

78 kommentare op hierdie saak…….verreweg meer as op enige rassemoord.. !!!!! Is die mense soos “honger wolwe”..?? Ek het ook die saak gevolg, maar is hierdie nodig…….magtig julle land is in chaos….wat gaan met ons mense aan..? Ek is skaam en distansieer my van die klomp kwasi-wetsgeleerdes se opinies. Skandalig..!!!

cobusp ·

Ja skandalig, veral die mense wat nog glo Oscar was onskuldig…….nag ou grote dink aan die ander moordenaars wat sit vir 15 jaar plus……….

rafel ·

ek skaam my net so vir die klomp verbitterde, haatdraende mede burgers….

Vra maar net ·

Maar wat van jou vriend se vrou wat onder die koue kluite lê, lewe uitgeblus, net goed nog vir wurmkos? Is dit nie ‘n groter hel om geweldadig VERMOOR te word nie?

Joann ·

Scary Mary ek stem. Ek oordeel nie maar vir verkragting kry party lewenslank vir moord 6jr. Nou wat kies mens? Moord much beter. Hy moet betaal vir wat hy gedoen het. Gerrie Nel moenie dit daar los nie asb.

Johann ·

Masipa vir President…steur haar so min aan Regspraktyk en aanmanings van wan interpretasie soos Zuma. Of syt dieselfde selfgesentreerde minagting vir lewe as Oscar? Gaan KYK en LUISTER na sy PITTY PARTY tydens sy veelbesproke onderhoud…maar hy kan nie MANUP en “getuig” in die hof nie? SKULDIG AAN MOORD! Wonder wat sou Reeva met nog 6 jaar lewend kon doen?

A Kellerman ·

Oscar het in sy TV onderhoud gese dat hy teen die toilet deur gekap het en geskree het dat die “inbrekers” sy huis moet verlaat.Dit was nog voor hy geskiet het.
Hoe kan die regter glo dat Reeva hom nie sou antwoord nie??
Dis mos totaal nonsens

Maria van Dieweeck ·

Oe dis snaaks om die twee kante hier waar te neem!Die wat so preek oor veroordeling! Mag mens nie n observasie maak nie? Wat ek waargeneem het:

1 Hy kon nie wag om met ander vroue te doen he nie.

2 Hy is lief om sy geweer uit te haal, wanneer dit glad nie nodig is nie

3 Hy het goed in sy sel weggesteek vir sy vriend mnr Krejcir

4 Hy is neerhalend teenoor bewaarders

5 Hy het n verpleegster bedreig laat voel

6 Hy kan n onderhoud toestaan maar nie die volgende dag getuig nie

Um ek is ook Christelik, maar nie breindood nie. Ek skree nie LEKKER, LOOI HOM NIE, maar hete, die Bybel se ons moet die reels van ons land nakom en ook dat ons nie moet moor nie..

Ek hoop die waarheid kom eendag uit, want haar familie verdien dit. Oscar, as goed in die donker is kan dit nie beter word nie. Ek bid dat jy dit kan verstaan

Lh ·

Reg en geregtigheid het plaasgevind. Al is daar net n 1% kans (en dit is verseker baie meer) dat Oscar se weergawe korrek is, moes hy nie eers nog 6 jaar gekry het nie. Wonder of een van hierdie spul klipgooiers al in n hof was, miskien sou jy dan Oscar se gedrag en optrede beter verstaan het. Presies dieselfde oor sy gestremdheid, moenie uitsprake maak as jy nie self deur sulke omstandighede en trauma van kleins af is, of was nie. Ek is seker dat baie “normale” mense meer as net 4 skote deur n deur gaan pomp as hulle dink daar is n rower daaragter, veral gesien in die huidige S.A. omstandighede. Kom ons los nou maar die eie opinies en gevoelens in die hande van die reg. Barry Roux is n uitstekende advokaat, kalm en rustig maar het presies geweet waar om watter kaart te speel.

Gesiggie ·

Genade….. wat n laaaang komentaar lys..? gedink dit sou baie aandag trek, ek is so bly hierdie hele Oscar saak is nou verby, dit vir my soos 6 jaar gevoel, sodat hul n besluit kan neem…. goed so 6 jaar wat hy nou sal moet boet vir sy dade, maar mag dalk minder jare word”’ ek is bly dat Reva se ouers ook nou kan berusting kry, die hartseer sal altyd daar wees… maar nou is Oscar te minste skuldig bevind…. ek hoop dit is nou die laaste storie van die saak… viva Judge… Viva…

Johan ·

Ek dink hierkom weer n mediese parool saak……Oscar gaan baie vinning siek raak……….soos Shaik en Celebe…….

Nico ·

Wonder of die staat gaan appelleer vir ‘n swaarder vonnis….

Johan ·

Net 6 jaar ?? maar hy het Reeva vir altyd weggevat van haar geliefdes af. Onregverdig!

Lewies ·

Dankie tog hierdie episode is nou klaar,wonder waaroor die koerante hulle nou gaan besig . Ek dink die meeste van ons is nou al gatvol vir die Pistoruis sage

Neutraal ·

Ek wil net vir almal vra wat so aangaan oor die storie en so teen dit is om iemand te skiet: as jy in jou huis is en daar is n skelm, wat gaan jy maak? hom nooi vir tee en koek of gaan jy hom skiet? Want ek kan jou belowe hy gaan nie tee drink nie. So jou lewe of sy lewe? En as jy se jou lewe is jy mal.

Anon* ·

Wonder nogsteeds…. As die saak omgeruil was…as Reeva vir Oscar dood geskiet het wat sou die mense dan gese het. Almal gaan oor vroue regte, he’ll wat van manne regte, he’ll vrouens is net so wreed teenoor mans, mans praat net nie altyd daaroor nie. En voor julle dink ek is seker n man…..nee ek is n vrou en kan sien wat geregtigheid is. Daar was so rukkie terug in Middelburg n vrou wat haar man laat vermoor het, tot vandag toe het niemand daaroor gepraat nie, sy is ook nie tronk toe nie. Die saak bly verkeerd want moord is moord. Maar hoekom so aan gaan daaroor. Bou net n brug en kom daaroor, daar word ander moorde ook gepleeg gee bietjie aandag daaraan ook.

Sally ·

Dis n grap!!!! Hy gaan net 3 jaar dien en dit vir so n gruwelike moord. Ek weet nie of hierdie regter omgekoop is nie maar sy gaan die oorsaak wees dat baie mense nou gaan moord pleeg en vertel hulle het gedink dis n inbreker. …..en gaan terug verwys na die hofsaak en dan ook net 3 jaar sit……sulke goed gebeur net in Afrika!!!!!!eish!!!!!

Harrie ·

Gaaaaaaap……Dankie tog die spul is nou afgehandel.Beide partye in die saak is verloorders.Beide Oscar en Reeva is nie die mense wat hulle voorgegee het om te wees nie.Sela.

realis ·

“After all has been said and done”. Die saak het sy pad geloop. Geregtigheid het geskied.
Oscar is skuldig bevind aan moord. Hy gaan 6 jaar tronk toe.
Vir diegene hierbo wat nie saamstem met die uitslag of die vonnis nie net ‘n opinie:
Wat gee jou die reg om twyfel uit te spreek oor die uitslag of om Oscar verder te veroordeel.
Eiegeregtigheid is tog so deel van die mensdom, nie net van die Afrikaner nie, dit is universeel.
Watter verskil gaan jou opinie aan die saak maak of wil jy graag maar net jou stem dik maak op ‘n gratis nuus platvorm?
Dink jy enige iemand gaan hom of haar steur aan jou verwronge kommentaar oor hierdie hele saak.
Ek is oortuig jy sit Sondag in die kerk met jou vroom gesig en maak of jy ‘n godddelike geskenk aan die mensdom is. Kry jy nie skaam nie?
Oscar het 6 jaar tyd om die saak met God uit te maak. Ek is oortuig dat dat as hy waarlik berou het sal God hom vergewe . God is nie ‘n monster wat op die staathoeke staan en skreeu “kruisig hom, kruisig hom nie” God is vergifinis. ‘ n Konsep wat skynbaar nie in julle woordeskat of begripsvermoee bestaan nie.

cobusp ·

Realis jy is alles behalwe n realis………….Hoekom sal of moet God Oscar vergewe vir sy dade as Oscar nie erken wat hy gedoen verkeerd was en die waarheid vertel of getuig het in die hof nie……..Sonde word net vergewe as jy vra vir vergifnis en jy opreg is en oopmaak teenoor God……….daar is geen vergifnis vir volharde leuenaars……….

Karen B ·

sterkte aan die Pistorius gesin. Oscar, hoop jy is vining op parool, en jy bly my Held

Karen B ·

sterkte aan die Pistorius gesin. Oscar, hoop jy is vining op parool, en jy bly my Held.

humor ·

Dis onbedagsaam om oor onkunde te lag. Mens betreur dit. Ek bedoel baie van hierdie onkundiges is in n opvoedkundige posisie en die gevolge kan baie ernstig wees. In so n mate dat hul ook eendag om genade sal pleit.

Hugo ·

Kan Oscar nou asseblief sy 3 jaartjies begin uitdien sodat ons ‘n paar joernaliste in Zimbabwe kan kry om ons op hoogte van relevante nuus te hou?

christo ·

Oscar sterkte, as jy regtig wou bewys jys jammer moes jy getuig het. Die waarheid in nogni uit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.