Die Pretoriase hooggeregshof het Vrydag Oscar Pistorius se moordsaak tot 7 April uitgestel.
Die media het die hof Vrydag volgepak in afwagting dat die atleet moontlik sou getuig.
Pistorius word beskuldig van moord nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het glo in Januarie 2013 ʼn skoot met ʼn Glock-pistool onder ʼn tafel by ʼn restaurant in Johannesburg laat afgaan en het op 30 September 2012 glo ʼn skoot met sy 9mm-pistool deur die oop sondak van ʼn motor afgevuur terwyl hy saam met vriende in Modderfontein gery het.
Regter Thokozile Masipa het Vrydag gesê die hofverrigtinge kan nie voortgaan nie, aangesien een van die assessore, Janette Henzen du Toit, siek is.
Staatsaanklaer Gerrie Nel en Barry Roux, vir Pistorius, het nie beswaar aangeteken nie. –SAPA
Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.
Mmmm, speel vir tyd…