Oud-polisiekommissaris sterf

Oud-polisiekommissaris Johan van der Merwe. (Foto: Facebook)

Die voormalige polisiekommissaris genl. Johan van der Merwe is Saterdagnag in die ouderdom van 86 dood.

Van der Merwe het in 1953 by die polisie aangesluit en het van 1990 tot 1995 die pos van polisiekommissaris beklee. Volgens die prokureur Willie Spies het hy onlangs ʼn beroerte gehad en is enkele dae ná sy 86ste verjaardag oorlede.

Van der Merwe het hom veral beywer vir gelykheid voor die reg en tot en met sy dood nog oudpolisiemanne wat deur die ANC vervolg word weens hul optrede tydens apartheid, bygestaan.

Hy het hom ook verlede jaar sterk uitgespreek toe die Valke ʼn spesialiseenheid gestig het om gruweldade tydens apartheid te ondersoek.

“Ek eer sy nagedagtenis en salueer een van die laaste ware generaals,” het Spies op Facebook geskryf.

Johan du Toit Boning, ʼn afgetrede polisiekolonel, het Van der Merwe as ʼn legende beskryf en sê hy was altyd professioneel, netjies en beroepsgedrewe. “Hy het gelei met integriteit. Hy het die waarheid geken. Hy het besluite geneem wat in die belang van ons pragland was en hy het een van die beste polisiemagte in die wêreld agter hom gehad en in stand gehou.”

ʼn Voormalige kollega en afgetrede kol. Frik Stoffberg skryf op Facebook: “Dit was my voorreg om as stafoffisier op genl. Johan Van der Merwe se personeel diens te doen. Bring graag hulde aan ʼn man wat die Suid-Afrikaanse Polisie met ʼn ysterhand bestuur het en deur sy voorbeeld as “gentleman” die lede van die mag geïnspireer het. Innige meegevoel met mev. Van der Merwe en haar gesin. Mag die Vader julle vertroos en bystaan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

twaalfboor ·

Nog ñ regte Generaal. Nie ñ korupte kader soos die norm deesdae is nie. Was ñ jong polisieman onder sy bestuur toe polisie nog polisie was.

Realis Thailand ·

My innige simpatie aan die famile van n mens wie n ware gedisiplineerde persoon was
Hy het baie vir die land gedoen.
Sy wysheid en insig gaan gemis word

Grassie ·

Hy was ‘man uit een stuk en het geen bedrog in hom gehad nie. My inige simpatie met sy geliefdes.

Marcello ·

Sterkte, aan sy familie en vriende. Dankie tog, ek het groot geword in era’s wat ‘n mens resprek gehad het vir die Polisie, ek kan onthou as kind, die Polisiemanne was fris, fiks en gesond. Mense na wie mens kon opsien. My oom was in die Polisie, en wow!!! as kind was dit vir my ‘n Prestasie. Manne het hulle uniforms met trots gedra.

Jr ·

Die waarheid, my pa en ma het ons altyd gesê as kinders 50 jr terug. “As jy in die moeilikheid is, vra n polisieman om jou te help”

Witbaard ·

SALUUT. Stem saam met kommentare, ‘n REGTE Generaal, met n passie en trots vir sy land en sy werk.

Annie Webb ·

Innige simpatie aan almal wat hom geken het. Hy kom uit ‘n era toe ons almal ons polisie kon vertrou en eer, van die laagste tot die hoogste rang. Dit was hulle trots om diens aan die gemeenskap te lewer, soos ons verpleegpersoneel en ander noodsaaklike dienste ook. SO trots op my mense uit my kultuur. En SO dankbaar dat ek dit kan sê.

Jakkie ·

Was bevoorreg om onder hierdie hierdie Generaal te kon werk. Rus sag Generaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.