Oudbestuurder van poskantoor vas oor ‘bedrog’

(Argieffoto: SA Post Office/Twitter)

ʼn Voormalige takbestuurder van die poskantoor op Delareyville in Noordwes is agter tralies weens beweerde bedrog van meer as R1,2 miljoen.

Die Valke het die vrou Donderdag aangekeer.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van dié eenheid, sê die 37-jarige vrou het tussen 2020 en verlede jaar glo toegang tot die poskantoor se betaalstelsel gekry, asook die betaalstelsel van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa). Sassa-uitbetalings word onder meer deur die poskantoor gedoen.

“Sy het glo voorgegee om betalings en oorplasings namens kliënte en begunstigdes van die poskantoor en Sassa te verwerk, terwyl sy na bewering ʼn gedeelte – of soms die hele bedrag – uit verskillende rekeninge in twee van haar eie poskantoorrekeninge betaal het,” sê Rikhotso.

Die vrou sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Delareyville verskyn, waar sy op aanklagte van bedrog en geldwassery tereg sal staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shakespeare ·

Korrupte kaders is net hopeloos te veel. ‘n Oormag.

Owlie ·

Name, shame, sluit toe, vat als weg wat sy dalk nog in SA en enige ander land het en gooi die sleutel in die see.

Prinses Bella ·

Dis nou ‘n epidemie van epiese proposies. Vrot tot in die wortels…

domheks ·

Goeie leermeesters het die voorbeeld gestel. Begin korrupsie heel bo eerste uitroei!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.