Oudministers bedank uit parlement

Argieffoto

Senior ANC-parlementslede is besig om op groot skaal uit die parlement te bedank met sewe vakatures wat nou al in die minder as ʼn maand wat sedert die algemene verkiesing verloop het, in die Nasionale Vergadering ontstaan het.

Daar is ook een vakature in die Nasionale Raad van Provinsies. Al agt vakatures is op die banke van die ANC.

Drie ANC-LP’s wat met die verkiesing as parlementslede aangewys is, het nooit hul setels opgeneem nie. Hulle is die voormalige minister van water en sanitasie en oudpremier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, die oudpremier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, en die voormalige omroeper Makhosini Nkosi.

Lucas het oorgeskuif na die Nasionale Raad van Provinsies, waar sy tot ondervoorsitter verkies is.

Drie oudministers het voorts die afgelope week uit die parlement bedank nadat hulle nie weer in die kabinet opgeneem is nie. Hulle is Nomaindia Mfeketo, oudminister van behuising, Dipuo Letsatsi-Duba, oudminister van staatsveiligheid, en Susan Shabangu, oudminister van maatskaplike ontwikkeling.

Die laaste vakature in die Nasionale Vergadering is gelaat deur pres. Cyril Ramaphosa, wat kragtens die Grondwet opgehou het om ʼn lid van die Nasionale Vergadering te wees die oomblik toe hy tot president verkies is.

In die Nasionale Raad van Provinsies is daar nog een vakature omdat Mohammed Dangor, ANC-lid uit Gauteng, nog nie ingehuldig is nie.

Intussen het Ramaphosa een minister en twee adjunkministers van buite die Nasionale Vergadering aangestel, soos die Grondwet hom toelaat om te doen.

Hulle is die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Parks Tau, en die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jan Alleman ·

Vir die wat nie weet nie. Ministers behou hulle salaris lewenslank. Dieselfde vir presidente en regters.

Bull ·

Jan is 100% reg. As hulle bedank hou hulle, hulle “Minister salarisse”.
Sou hulle gebly het, sou hulle salarisse na gewone Parlementslede gedaal het.

Jimmy ·

Afgetrede ministers ontvang ook ‘n aantal vliegtuigkaartjies vir binnelandse vlugte.

Dafer ·

Geen sigbare effek sal waarneembaar wees nie, soos mens maar kan verwag!

aj ·

Wens die hele spul wil bedank!

Die land sal baie beter vaar sonder verraaiers, kapers, bedrieërs, diewe en stropers!

Whoop-whoop ·

moordenaars èn verkragters……… (jy het vergeet van hulle) :)

Bull ·

Jan is 100% reg. As hulle bedank hou hulle, hulle “Minister salarisse”.
Sou hulle gebly het, sou hulle salarisse na gewone Parlementslede gedaal het.

Robert ·

Dit is hoe dit werk: an MP who vacates office gets paid a gratuity of four months’ pensionable salary for every five years of service. The gratuity is listed as an extra benefit that is paid out by a legislature separately from the pension.

Robert ·

Gerrie: die banke maak dit natuurlik ook nie moeilik om ‘n duur motor te koop nie al is dit vir paar jaar se ry. 20 jaar terug kon jy nie so maklik ‘n motor koop soos vandag nie.

Whoop, whoop! ·

Ja, ons President het steeds nog teveel kabinetslede; hulle salarisse het seker gekrimp nou loop hulle.! hy moet van David ook ontslae raak… daai ou is groot probleme. Hy kan maar saam met ou ‘Julie’ en BLF op ‘gang’ hulle is voëls van dieselfde vere.

Elize Nicholas ·

Laat my wonder HOEKOM? Is dit omdat hulle almal se geldsake nou ondersoek word ?
Of omdat Ramaphosa nie skurke in sy kabinet gaan duld nie??? Food for thought??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.