Oudpolisiekonstabel skuldig aan moord

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Oudpolisiekonstabel is daaraan skuldig bevind dat hy sy 31-jarige vriendin verlede jaar met voorbedagte rade vermoor het.

Silas Masemola (25) was voorheen aan die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie in Johannesburg verbonde.

Volgens Robbie Raburabu, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), is Puleng Khumalo op 4 April in Soweto in ʼn badkamer vermoor.

Masemola het aanvanklik aangevoer dat Khumalo haarself met sy dienspistool geskiet het.

“ʼn Ondersoek het onthul dat dit nie moontlik was dat slagoffer haarself kon skiet nie, en die verdagte is gevolglik deur Opod in hegtenis geneem.

“Konst. Masemola is ná die voorval op aanbeveling van Opod ontslaan. Vonnisverrigtinge sal op 9 Mei in die Johannesburgse hooggeregshof begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.