Oudsegsman tronk toe na hy voorwaardes verbreek

Roland Williams (Foto via Twitter)

Roland Williams, ʼn voormalige kommunikasiedirekteur van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, moet vier jaar tronk toe gaan nadat sy opgeskorte vonnis in werking getree het.

Williams is in Mei 2018 tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis asook vier jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.

Hy is met R30 000 beboet en opdrag gegee om R96 000 terug te betaal wat hy op ʼn bedrieglike wyse van Santam bekom het.

Hy is in Julie 2017 in hegtenis geneem en het in Januarie 2018 skuld beken op aanklag van versekeringsbedrog nadat hy in 2014 by Santam geëis het vir ʼn ongeluk wat nooit gebeur het nie.

Williams het glo geldelike probleme ondervind en sy BMW het enjinprobleme gehad waarna hy die motor opsetlik beskadig en ’n vals eis ingedien het.

Williams is in Oktober verlede jaar weer in hegtenis geneem nadat hy versuim het om sy vonnisvoorwaardes na te kom.

Hy moes Santam deur maandelikse bedrae van R3 500 terugbetaal van 3 Mei 2018 tot 31 Mei 2020. Santam het ʼn beëdigde verklaring by die staat ingedien dat Williams se laaste betaling in Oktober 2019 was en hy die maatskappy R40 000 skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Geurt ·

Yep, as jou straf te lig is gaan jy weer probeer wegkom met n bedrieg vermoed ek.

Hennie J ·

Go to jail; go directly to jail;do not pass go and do not collect R200; Absoluut vreemde storie en ek wonder of SANTAM (wie in ieder geval uit n stal kom van geldgierigheid ) nou trots is op hulle aksie?

Misky ·

Dit moet darem werklik baie sleg gaan as jy nie R3 500 p/m kan betaal om jou bas uit die tronk te hou nie. As dit ek was, was dit die eerste betaling wat ek maandeliks maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.