Ouerpaar sterf saam in gru-ongeluk

Die Engelbrecht-egpaar se motor het ‘n vragmotor reg van voor getref. (Foto: Verskaf/SAPD)

Drie kinders van Odendaalsrus in die Vrystaat is wees gelaat nadat ʼn grusame motorongeluk albei ouers se lewe geëis het.

Rian en Nienke Engelbrecht was verlede Woensdagaand in ʼn ongeluk betrokke nadat hulle vermoedelik ʼn rondloperdier in die pad getref het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het om 22:45 tussen Odendaalsrus en Welkom plaasgevind.

Die motor waarin die Engelbrecht-egpaar gery het, het glo ʼn rondloperdier getref waarna “die bestuurder beheer verloor en reg van voor teen ʼn vragmotor gebots het”.

“Die motor het onder die vragmotor beland en aan die brand geraak.”

Volgens Thakeng het die vragmotorbestuurder net betyds uit die voertuig ontsnap en die voorval oorleef.

Rian en Nienke het egter nie die ongeluk oorleef nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Intussen stroom huldeblyke vir die egpaar, wat as “wonderlike mense en ouers” beskryf word, op sosiale media in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wit Leeu ·

Ag liewe Vader. Dit is so tragies. Innige simpatie aan die familie.

Marietjie ·

So ‘n tragedie laat mens woordeloos. Sterkte vir die familie en veral die kinders….familie kyk mooi na hulle….mag julle almal vertroosting vind in die mooi herinneringe wat hulle agterlaat.

Cassie Carstens ·

Hierdie is ‘n traagedie in die ware sin van die woord. Innige meegevoel aan die kinders en naaste families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.