Ouma se soektog na vermiste 15-jarige eindig tragies

Argieffoto: Kent Williamson

Laticia Princes Jansen (15) van Germiston se ouma het dadelik na haar begin soek toe sy nie van die skool af teruggekeer het huis toe nie.

Laticia, ʼn graad 9-leerling aan die Graceland Education Centre in Elsburg, het op 22 Januarie nie teruggekeer huis toe nie. Haar ouma was dadelik paniekerig en het in die buurt na haar begin soek, maar alles was tevergeefs. Die ouma kon die aand nie slaap nie en is die volgende oggend, Donderdagoggend, dadelik polisiestasie toe. Polisiebeamptes het haar versoek om ʼn foto te bring, maar geen verdere stappe is daarna gedoen nie.

Die ouma het toe skool toe gegaan om Laticia as vermis aan te meld, en die skool het bevestig dat Laticia nie die Woensdag by die skool opgedaag het nie. Die skool het nie die ouers in kennis gestel dat sy nie by die skool is nie.

Die ouma het die Vrydag lede van die gemeenskap, saam met honde, gemobiliseer en in nabygeleë bosse na haar begin soek.

Laticia se liggaam is uiteindelik opgespoor. Sy is verkrag, het meswonde opgedoen en haar liggaam is aan die brand gesteek.

“Die ouma moes daarna na die Elsburg-polisiestasie terugkeer om hulle oor die gruvonds in te lig,” sê Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng. “Ons het gehoor dat Laticia en ʼn groep leerders van Dukathole in Germiston Woensdag deur die departement se skoliervervoer agtergelaat is en hulle moes ongelukkig terugkeer huis toe. Dit wil voorkom of die ander leerders Laticia agtergelos het toe hulle huis toe gestap het. Sy het gekla oor ʼn swaar skooltas en wou verstellings maak aan die sak. Dit was die laaste keer wat die leerders haar gesien het.”

Lesufi het Sondag besoek afgelê aan die familie en sy meegevoel betuig. Hy het hulle gerus gestel dat, as die skool nalatig was, hy beslissend sal optree.

“Daar word beweer dat die skoolvervoer vroeër begin vertrek as wat dit geskeduleer is, en dit beteken talle leerders word agtergelaat. Dit is ʼn groot bekommernis vir ons. Ons sal die omstandighede rondom dié bewering ondersoek. Ons het die familie besoek om ons meegevoel te betuig.”

Die departement se traumaberaders sal die skool Maandag besoek om die nodige berading te bied aan die skoolgemeenskap en die familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Wie weet ·

Elsburg het so agter uit gegaan hulle verkoop drugs op elke hoek Dit is glad nie meer n veilige area nie Sterkte aan die famielie

DS ·

Ons almal ken tieners en ek mag verkeerd wees. Kom ons mis die vervoer dan kan ons loop waar ons wil, doen wat ons wil en gaan waar ons wil. Hoekom het die ander leerders nie net 2 minute gewag terwyl sy die verstelling gedoen het nie? Wonder of hulle darem bietjie skuldig voel dat hulle haar gelos het? Jammer Ouma dat jy deur die trauma moes gaan en ma Jesus jou vertroos. Elsburg Polisie is useless hoekom het hulle nie dadelik die omgewing gaan fynkam nie…. O ek onthou nou weer hulle wil net SIT in hulle groot nuwe stasie wat gebou is terwyl die vorige een niks makeer het nie. En as ek se hulle wil net sit praat ek uit ondervinding!!!!

Gesiggie ·

Wat is die polisie se probleem? die Ouma het die kind gaan aanmeld as vermis? maar wat moet ons nou warry… ek glo nie n skool laat enige ouer weet as die kind nie opdaag vir skool tensy dit maybe n week is, sal hul te veel geld kos aan telefoon oproepe. Daar is geen meer omgee in die land van ons, my hart gaan uit na die Ouma wat haar kleinkind op so n wrede manier moes verloor ek hoop die Polisie tree darem in en probeer die Monster vang hoe wreed om iemand so dood te maak.

Gertryda ·

Nou is skool weer in sper vuur.
So bly my dogter werk by n skool. As n kind nie vir klas opdaag nie of laat is vir klas word n sms dadelik na ouers gestuur

Asmain ·

Baie hartseer, sterkte aan die familie.
Daar is egter baie skole wat sms boodskap stuur as n kind nie by die skool is nie – dit kos nie veel as jy n sms bondel koop nie – die moeite werd as dit n lewe kan spaar.

Elizma ·

My seun is in John Vorster en na die eerste periode wanneer afwesigheid afgemerk is, ontvang ons ‘n sms indien die kind nie by die skool is nie.

Willie ·

Dis baie tragies, dit is verpletterend on die minste te se..

Ounooi ·

Jy is reg, Willie. Die ergste wat kan gebeur…die heel, heel laaste ding wat ‘n ouma ooit wil beleef. Só baie, baie jammer, liewe Ouma. Kyk maar gedurig op…

·

Dit laat mens so moedeloos. My dogter is ook Gr.9. Dit is soos die pa wat sy eie kinders geskiet het met R4 en nou gaan hy op parool uit.(Rapport) Onskuldige mense wat hul beste gee net om deur die dag te kom is maklike teikens. Jy kan alles reg doen vir jare en net een dag in so monster vasloop. Daar is niks wat hierdie arm meisie mens sal terug bring nie. Ns. Die Gr9 en klomp ander se tasse is belaglik swaar. Die tas is 11kg, maar baie meisies weeg 37kg. Plaas die onderwys dept. kyk dat hulle minder snert aanbied.

Katinka ·

Wil sien of hul ook die skoolhoof gaan skors soos met die Parktown geval.

Ig ·

My vraag ook Katinka. Wonder of Malema ook die Ouma gaan bystaan?

M ·

Ek wens Lesufi wil begin kyk na die werklike probleme in skole en ophou om sy tyd en energie te mors op Afrikaans. Die kinders word elke dag geleer dat dit hulle die reg het op veiligheid en om ‘n geleerdheid te ontvang. Maar wat doen die Onderwysdepartement daaromtrent. Practise what you preach.

magda ·

So jammer dat n onskuldige kind so wreed vermoor is – maar hou op om vir n korrupte / onsuksesvolle regering te stem – Hoe lank moet onskuldige mense daar onder lei, maar die publiek bly vir die korrupte gemors stem. Stem reg of hou op kla – My hart gaan uit na die ouma en glo dat GOD haar veilig in sy arms sal hou en dra deur die tragiese tyd.

Anel ·

Of nee wag. Dit is vervoer wat deur die departement verskaf word. So, dan moet lesufi mos geskors word!

Lion ·

Ai jinne dis so hartverskeurend hartseer.

Sterkte aan family..
Die polisie moet gaan kyk wie is die siek hond wat nou onlangs vry gelaat is wat daar uit hang. Net n gedagte ..vang hom gooi die keys weg.. dis seker n groeppie bende..hoe weet mens nou ooit

Belinda Erasmus ·

Verstommend dat die polisiekantoor nie ag geslaan het op die Ouma se klagte dat haar kleindogter nie huis toe gekom het nie.

Thinus Erasmus ·

Die RAKA is los onder die volk, maar die ANC troetel hom soos ‘n skootbrak!

emily ·

Hoekom kon die polisie nie dadelik ingryp nie. Ondersoek daai skool.
Daar is te veel verskonings vir swak diens in die land.

Jaco ·

Hy hrt die familie verseker as die skool nalatig was sal aksie geneem word… Rerig n kind is dood aksie sal nou niks beteken. Hy is n tipuese politikus net wind met woorde om op te beweeg glad nie ge commit met sy huidige aanstelling nie

Neyki ·

Nou gaan die skool ondersoek word vir nalatigheid… Wat van die polisie wat niks verder gedoen het nadat die ouma haar as vermis aangemeld het nie??? Was hulle nie dan nalatig nie???

Jo ·

My mening is dat die skoolvervoer die probleem was, dus die skool. As hulle op tyd gery het, was die polisie se hulp nie nodig nie. Teen die tyd wat die polisie sou begin soek, was dit waarskynlik alreeds te laat vir haar.
Innige simpatie aan die ouma en almal wat haar geken het. Die maatjies kon ook maar gewag het, ons weet mos almal hoe gaan dit in hierdie land. En die polisie moes sekerlik help soek het nadat die ouma die foto gebring het!

Mardia ·

Ek stem 100% saam Gou om te se hul wil ondersoek in stel na die skool maar wat van die sogenaamde polisie wat niks gedoen het nie!

Thelma ·

Voel bitter jammer vir die ouma wat genoeg omgegee het om dadelik iets te probeur doen maar voel so teleurgesteld in die Polisie, dalk kon daar nog iets gedoen geword het vir die arme kind. Ek sidder om aan haar laaste oomblikke te dink. RIV meisiekind,

Grysburger ·

Baie lede van die SAPD sien blykbaar hulself nie meer as dienaars van die publiek nie maar eerder as die gewapende vleuel van die regerende party.
Die SAPD se minister tree meer op soos ‘n politieke kommissaar en stel meer belang om wetsgehoorsame burgers te ontwapen as om die SAPD reg te ruk.
Wag maar net totdat onteiening sonder vergoeding wet word, dan gaan die SAPD voltyds besig wees om mense van hul eiendom af te boender en sal geen tyd meer hê vir polisiëring nie.

Riaan ·

As my kind teen donker nie by die huis is,of ek weet nie waar sy is nie,gaan ek nie wag tot die volgende oggend nie,en sal definitief nie eerste die polisie nader nie. Hulle is die grootste sindikaat in die land.

Claudette ·

Riaan ek stem…ek sal nie gaan slaap as my kind nie onder my dak is nie. My kind ry ook bus maar ons gaan laai hom af by bus stop en tel hom op. As die bus 10min laat is bel ek onmiddelik.

Anoniem ·

Hierdie land sal NOOIT OOIT REGKOM NIE. DIS VERBY MENSE. Maak vrede daarmee.

henk ·

PRESIES!!!! Is daar eenige bewys dat dinge beter graak het die laaste 10 jaar… En ek soek nie statestiek wat die staat opgestel het nie, Wie glo dit !!!

Grysburger ·

Innige simpatie aan die familie van die dogter wat so wreed en onnodig moes sterf.
Weereens bevestig dit die onbeholpendheid van sommige in die SAPD. Hul “politieke kommissar”, oftewel Minister moet begin om die organisasie reg te ruk. Hy spandeer egter blykbaar sy tyd deur wetsgehoorsame burgers te dreig deur hul vuurwapens af te vat.

carisma harmzen ·

N paar jaar terug is my suster ook daai kant toe vermoor. Ek wonder net waar haar sy gekry is want dit hang af van wie haar saak ondersoek en as dit reigerpark is het hulle geen kans op n antw nie. N ander kind is ook so vermoor n paar jaar terug net na my suster se moord. Hierdie klink baie bekend

LK ·

MEEGEVOEL met familie en dis die end van die prent.
Ek wil nie eers dink wat daardie kind moes deurmaak nie, dis skrikwekkend om die minste te sê.

AJB ·

Dit gaan woes in die skole. Ons kort ander ministers. Defnitief.

Siek en Sat ·

En nou moet die Cullinan kinders begin busry. Ons twyfel om te immigreer raak met elke berig en comment minder

Ivan ·

Ek kan nie glo dis die daaglikse realityd waarin ons kinders moet groot word nie. Gaan ons dit maar aanvaar of iets begin doen. Dinge moet nou by n punt begin kom. Dit gaan nie vanself reg kom nie. Dit is onanvaarbaar.

Se maar net ·

Pleks daar word eder iets aan misdaad in die land gedoen maar nee hoekom sal ons… Nie alle polisie is pateties nie maar werklik dis te lekker om in die stasies te sit en n salaristjek te ontvang. Dit agv n bussie wat te vroeg gery het als kon so anders verloop het maar kriminele weet niks word gedoen nie voor die doodstraf nie terug kom nie kan almal maak soos hulle smaak vrye verblyf op die belastingbetaler se geld. Wat moes die arme kind nie deurgaan nie. My gebede is by die ouma en mag daai polisiebeamptes wat maar eder niks wou doen nie hulle dag dubbel en dwars terug kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.