OVK gereed vir geloofwaardige, regverdige verkiesing, meen komitees

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die portefeuljekomitee oor binnelandse sake en die gekose komitee oor sekuriteit en justisie is tevrede dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gereed en bekwaam is om geloofwaardige plaaslike verkiesings te hou binne die beperkings weens Covid-19.

Die OVK het ʼn voorlegging gedoen aan die komitees ná die konstitusionele hof op 3 September beslis het dat die plaaslikeregeringsverkiesings op 1 November 2021 sal voortgaan.

Die komitees verwelkom die OVK se besluit om ʼn kieserregistrasienaweek te hou vir 18 en 19 September 2021. “Die teken van ʼn vry en regverdige verkiesing is om seker te maak dat elke stemgeregtigde kieser die geleentheid kry om te registreer en te stem,” sê Shahidabibi Shaikh, voorsitter van die komitee oor sekuriteit en justisie.

Die komitees verwelkom ook die aankondiging dat die OVK 40 000 nuwe kieserbestuurtoestelle bekom het wat vir die eerste keer vir dié verkiesings gebruik sal word.

Die OVK het die komitees ook gerus gestel dat hy genoeg persoonlike beskermingstoerusting (PPE) het om ʼn veilige kieserregistrasienaweek te hou. Die nasionale tesourie het homself ook daartoe verbind om finansiering vir die OVK beskikbaar te maak om PPE vir die verkiesingsdag aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Werner ·

Dit was nog nooit regverdig nie.Maar hulle het die bietjie geloofwaardigheid verloor toe hulle hulle anc pelle gehelp het om hul kandidate te registreer.Sal beslis nie my tyd mors om aan n klugspul deel te neem nie.

Chris dupreez ·

As jy nie stem nie is dit een stem minder teen die anc. So stem, maak nie saak vir wie, solank dit net nog n stem teen die anc is. Stem saam dit is glad nie die Onafhanklike Verkiesings Kommisie nie, meer die anc afhanklike verkiesings kommissie

JohanR ·

Jammer maar die woorde geloofwaardige, regverdige en OVK verkiesing gaan nie saam nie. Het julle al besluit watter provinsie/s, en watter bosse julle bokste en bokste stem briefe gaan weggooi? Julle werk vir die ANC, en nie vir Suid Afrika nie.

Jaco ·

Onthou net, dis ‘n verkiesing vir plaaslike besture. Selfs die regerende ZANU in Zimbabwe wat normaalweg die opposisie MDC haat, aanvaar dit as die MDC ‘n plaaslike owerheid oorneem. Die MDC was selfs al in beheer van Harare (hulle het dadelik na hulle oorgeneem het nuwe motors vir al die raadslede gekoop). MAAR toe die MDC in 2008 die algemene verkiesing vir die parlement van Zimbabwe wen, toe was dit skielik nie aanvaarbaar nie.

Pampoen ·

Ja die geloogwaardigheid is daarmee heen. Ek sal nogtans deelneem want n munisipale verkiesing gaan oor my water en die riool wat in my straat afloop.

Karel Kobus Kruger ·

Ek sal vir die party stem (in die volgende verkiesing) wat fluks genoeg is om self hul verkiesingsplakkate te verwyder. Tot tyd en wyl dit gebeur, sal ek maar nie stem nie. Ek is te ordentlik om vir n lui party te stem.

SomeOne ·

neem deel, as dit klaar is, haal self ‘n paar plakkate af sonder dat iemand jou sien

Hardekwas ·

Ek gaan maar vir die anc stem, want hulle verloor nooit.

Willem ·

OVK word deur anc bestuur!!!Hkm sal verkiesing vry en regverdig wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.