Kapt. Rheineth Motlana, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Woensdagaand langs die R80 in Soshanguve, noord van Pretoria, plaasgevind. Hy sê die paartjie is deur twee mans genader en van hulle bankkaarte en kontant beroof.
Een van die mans was gewapen en het die kêrel gedwing om saam met hom na ʼn OTM te gaan om kontant te onttrek. Die ander man het saam met die vrou agtergebly. Die kêrel het met sy terugkeer uitgevind dat sy vriendin verkrag is.
Die verdagtes het van die toneel gevlug. Die polisie ondersoek ʼn saak van roof en verkragting.
Pateties Waar gaan ons wonderlike land heen, word wakker en stem vir ons land en ons mense en BID BID! 2 kronieke 7:14 ASB en God sal uit die Hemel hoor groete
Dit is so hartseer. Ons land was eens so mooi en skoon en veilig.
Nou, as jou motor langs die pad breek moet jy ‘vrees vir jou lewe’.
Waar is die tye toe jy met vakansie gery het, en langs die pad kon stop vir koffie en broodjies en frikkadelle en eiers wat tuisgemaak was. En jy het daai eetplekkie skoon agtergelaat.
Nou kan mens dit nie eens meer doen nie. Nou, as jou motor langs die pad breek is ‘mens in lewensgevaar’.
Ek soek daai tye terug. :-(
Jammer, die krokodil het die Rubicon oorgesteek. En Freek het Rome aant brand gesteek. Nou’s ons in `n demokrasie.
Ag wanneer gaan dit tog einde kry?
Ai tog Amy, jy maak my heeltemaal nostalgies, wonderlike tye daai. Maar ek dink ek en jy weet, nooit sal ons weer daardie tye beleef nie.
Jy meen jy glo dit gaan eindig ?
Dis waar Peter. Daai lekker tye is verby vir altyd. :-(
kurt darren jys tops
kurt darren jys tops en n goeie kaptein van jou #1fan