Pak eie kosblik as jy dié week vlieg, waarsku vakbond

Numsa waarsku passasiers om liefs hul eie kos op vlugte saam te neem. (Foto: pixabay)

Die metaalwerkersvakbond Numsa is op pad arbeidshof toe om die maatskappy Air Chefs te probeer stuit om ʼn stokkie voor hul beoogde staking te steek.

Die maatskappy verskaf onder meer die maaltye wat op vlugte bedien word, asook die verversings in lughawesitkamers en maaltye vir werkers.

Numsa-lede begin Maandag om 06:00 staak. Hul optrede gaan die OR Tambo-, Kaapstad-, en King Shaka-lughawe raak. Rederye wat na verwagting geraak gaan word sluit in die Suid-Afrikaanse Lugdiens, SA Express, SA Airlink, Mango, Air Mauritius, Swiss Airlines, asook alle SAL-ruskamers, kantiens én die SAL-tegniese afdeling se kantien.

“Ons stel voor as jy met dié rederye vlieg, pak jou eie kosblik omdat daar geen kos op die vlugte gaan wees nie,” het Phakamile Hlubi-Majola, Numsa-woordvoerder, gesê.

“Ons lede is keelvol omdat die herdenkingsbonus eensydig deur die bestuur onttrek is. Sedert Januarie vanjaar het geen werker dit nog ontvang nie. Ons lede eis dat dit betaal word omdat dit deel is van hul indiensnemingsvoordele.

“Sedert die maatskappy ʼn stakingskennisgewing ontvang het, het Air Chefs gevra vir ʼn dringende hofbevel om die staking te verhoed.”

Numsa het gesê hy verwerp dié stap met die minagting wat dit verdien.

“Pleks daarvan dat hulle met ons vergader, is hulle haastig hof toe om werkers te probeer stilmaak,” het Hlubi-Majola gesê.

Sy het gesê Numsa gaan alles moontlik doen om werkers se reg om te staak, te beskerm.

Air Chefs het nagenoeg 1 200 werkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koebaai ·

Hul kos is in elkeval nie so wonderlik nie. Dalk moet hul iets beter beplan wat die kos aanbetref. Daar is soveel mense sonder werk, maar as jy hoor staak een of ander klomp. Wees dankbaar vir wat jy het. Mense van vandag is die meeste ondankbaarste wesens.

Amanda Boshoff ·

Hoop almal kry dan 50% afslag omdat jy jou eie kos moet vat.

Bernard Hellberg ·

Air Chefs se “kos” is nie te waffers nie. Waarom alewig wil vreet?

wilma ·

herdenkingsbonus watse strooi. die wie ni wil werk ni moet waai en by huis gannkrepeer

Pieter ·

Kom ons maak soos hulle al ons blankes strike vir twee dae

sons ·

Hennie, jy kon dit nie beter gestel het nie, ek stem 100% saam met jou!!!

Peet ·

Verstommend hoe mense wat werk HÉT wil staak.
Alles wat nog werk moét platgevee word. Zimbabwe, Venezuela julle het kompetisie!

Ander Annie ·

Die kos op die binnelandse vlugte is regtig nie watswonders nie, maar ek kry die mense wat oorsee reis baie jammer.

Penellope Jones ·

Neem sommer ekstra vir die wat dalk nie weet van die verspotte “”strike”” nie – so kan mens iemand langs jou help met ‘n broodjie ens.

Helena ·

Op binnelandse vlugte is daar in elke geval nie iets wat jy kan eet nie. ‘n Sappie miskien. As ek buitelands vlieg, vlieg ek met British Airways. Hulle kos en diens is puik.

Brakkies ·

As jul my kommentaar ni wil plaas wat niks negatief of lelik bevat ni….dan neek ek aan jul benodig ook ni meer my bydrae aan MM elke maand nie….. sal more di debiet order kanseleer…… moeg gesukkel….

Arizona ·

Brakkies MM doen dit gereeld. Weet noe in wie se belang tree hulle werklik op nie

GL ·

Ek kry dit ook , en dan sien ek berigte wat tien keer erger as myna is.

Kobus ·

1 SAL het nie geld om bonusse te betaal, 2 Bonusse moet verdien word is nie n geskenk, 3 Vlieg met n ander redery, 4 Stakings en betogings gaan nog die ekonomie van die land vernietig

Essie ·

Maak die staaking onwettig en betaal die wat nie kom werk nie af

Attie. ·

Die lugdienste kan die kos maar inelkgeval maar los. Dank die mense af en staak etes op vliegtuie. Gee afslag aan passasiers en weet ons verkies dit so. vakbonde moet dan aan hul lede moet verduidelik waarom hulle sonder werk sit. Ons munisipale werkers staak elke dag van die jaar met volle salaris.

Ongeduldig ·

Wonderlik…..die land is alreeds op sy knee. Daars baie ander wat bereid sal wees om daardie poste te vul!

Aggggg ·

Doen weg met alle etes op binnelandse vlugte, dit is heeltemal onnodig en gewoonlik ook nie te waffers nie. Gee aan elke passasier ‘n botteltjie water soos wat hulle instap en voila…. daar spaar ons alweer geld. Minder lugwaardinne wat moet kos bedien, minder opruim, minder voorbereiding, ens. Dit is nou die tyd wat die lugrederye ernstig moet herbesin. (en bespaar)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.