Pandor ontmoet diplomatieke korps in SA

Minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, ontmoet diplomate in Kaapstad. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Saterdag ʼn swierige ontbyt vir die talle ambassadeurs en hoë kommissarisse in Suid-Afrika gehou. Dit was Naledi Pandor se eerste ontmoeting met die diplomatieke korps sedert haar aanstelling in dié belangrike pos.

“As Dirco moet ons op die ontwikkeling van die Afrika-vasteland fokus, steun vir die bevordering van menseregte werf, die bevordering van beleefde samewerkende verhoudings tussen lande kweek, asook aktiewe deelname aanmoedig om konflik vreedsaam op te los. Daar moet natuurlik ook maatreëls wees sodat lewendige en inklusiewe ekonomiese ontwikkeling gesteun kan word,” het Pandor by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gesê.

“Dit is taai doelwitte in ʼn wêreld wat klaarblyklik vasbeslote is om verdeel en gespanne te wees. Ek is seker al die hooggeplaastes wat hier is, deel Dirco se edele voorneme. Terwyl ek weet dat ons nie in alles kan slaag nie, ek is werklik geëerd om nou saam met julle te werk om die doelwitte te probeer bereik.”

Die voormalige minister van hoër onderwys het gesê sy maak staat op die diplomatieke korps om nie net Suid-Afrika se doelwitte te help bevorder nie, maar ook dié van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die hele Afrika-vasteland.

“Ons geniet vandag immers vryheid danksy die steun wat baie van julle aan ons toegesê het in die vryheidstryd. Die samewerking wat ons toe verseker het en die vasbeslotenheid om apartheid te verslaan, is nou selfs meer noodsaaklik. Ons het dit nodig om die voortuitgang vir Afrika te verseker, vir die onderrig en opleiding van ons jeug, vir die versekering van gelykheid vir vroue, die skep van volhoubare, inklusiewe demokrasieë en om diversiteit en inklusiwiteit wêreldwyd te respekteer,” het Pandor gesê.

Die minister het gesê pres. Cyril Ramaphosa het die regering se sleutelprioriteite in sy staatsrede uiteengesit en dat dit haar taak is om te verseker die departement dra daartoe by.

Naas die VSA het Suid-Afrika die grootste diplomatieke verteenwoordiging. Honderde diplomate het vanoggend se geselligheid bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

… inklusiwiteit te respekteer. Vaderland, wil Afrika nooit ooit eers alleen daardie private plekkie besoek nie… altyd hulp en gratis tp. Van onderwys tot die aardbol. CR se ministers is werklik buitengewoon… Geen kundigheid is nodig nie. hoeveel neuroloè wat plaaslik praktiseer was nie eens op universiteit nie. Weet iemand?

???? leser ·

waarom so kruip in die wereld, amerika is 8 keer die grootte van suid afrika , met suid afrika wat die 2 de meeste “diplomatieke verteenwoordiging” het ??????????
onnodige salarisse wat betaal moet word , verminder hulle

Gert van Wierdapark ·

Ek Wonder of me Mandela, Ambassa-deur in Denemarke, ook die geleentheid bygewoon het, sodat sy die reaksie van haar brabbel-tweet aan mini-ster Pandor eerstehands kon verduidelik! Net vir ingeval = dieplomate kan seker nooit te versigtig wees om nie (dalk) in die warm water by die reg-ering nie te kom nie!!

Rekenmeester ·

Tweede grootste diplomatieke verteenwoordiging in die wêreld!? Liewe hemel, wat gaan aan met die regering? Is dit joppies vir floppies? Kom nou mense, begin met jul belasting staking!

fred ·

weer n ideale departement vir kader ontplooing….hierdie land het baie geld….wonder wat hulle produktiviteit is???

Andreas ·

So van die os op die jas, ek lees nou die dag ‘n artikel van nuwe pan dor produkte.

SjN ·

Doelwitte word gegee om bereik te word en indien nie behaal nie word daar stappe geneem, word die term verstaan.

Hans ·

Nadat Me Mandela so liggies berispe is na haar rassistiese uitsprake het ek geen vertroue in Presidensie en Ministerie van Internasionele Betrekkinginge nie.

Michael P ·

Ja liggies oor die vingers getik.En glo my more begin Steve se moelikheid

Gemaskerde Sopbeen ·

Tweede grootste diplomatieke verteenwoordiging naas die VSA? Net jammer SA is nie die tweede grootste land na die VSA nie, né? Die belastingkoek se snytjies word al dunner en dunner….

aj ·

Al ooit gehoor van ‘social media’ waarmee SUPER kommunikasie bewerkstellig kan word met ander lande?

Bring terug die FAT CATS en laat hulle eerder kom kos plant vir die honger nasie.

Behalwe ‘n FINANSIËLE LAS veroorsaak die spul diplomate meestal verleentheid!

Attie. ·

Ons land is besmet met virusse wat weerstand opgebou het teen antibiotika. Ciral het ook nie die kennis of ondervinding om te doen wat hy moet doen nie. As ons president lugkastele en drome droom oor ‘n nuwe mega stad dan weet hy nog gladnie waarvan hy praat nie. Hy babbel net. SA is in sy m…in en die wat dit nog nie besef nie is dom. Uiteindelik sal die ou wittes en die armes en dommes oorbly….Ons vir jou Suis Afrika !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.