Paramedici beroof by kamma-noodgeval

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie in Limpopo het ʼn reusesoektog gelas na ʼn groep verdagtes wat nooddienswerkers in die vroeë oggendure onder die voorwendsel van ʼn noodgeval ontbied en hulle daarna van selfone, geld en juweliersware beroof het.

Die span van Sekhukhune is Woensdag omstreeks 01:00 ontbied na ʼn kwansuise noodgeval in die omgewing van Dennilton, sê kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder.

Die span van die Philadelphia-stasie in Moutse is uitgeroep en nadat hulle in die omgewing van die adres wat aangedui is, aangekom het, het die bemanning twee mans ontmoet wat hulle na die presiese perseel sou begelei.

“By dié adres aangekom, het een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgepluk en skielik, vanuit nêrens, het nog twee verdagtes te voorskyn gekom. Hulle het die slagoffers agterin die ambulans gedwing en na ʼn onbekende plek geneem waar hulle van hul waardevolle items beroof is.

“Een van die bemanningslede is ook gedwing om deur haar bank-app geld oor te plaas.

“Die verdagtes het daarna gevlug,” sê Ledwaba.

Hulle het die voorval aangemeld en ʼn saak van gewapende roof word ondersoek.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende provinsiale polisiehoof, het intussen die hoof van die Sekhukhune-polisiëringsdistrik opdrag gegee om ʼn span ondersoekers aan te wys om die rowers aan te keer.

“Ons veroordeel die voorval ten sterkste en ʼn toegewyde span ondersoekers werk reeds om die verdagtes betrokke by hierdie sinnelose voorval op te spoor en in hegtenis te neem,” sê Scheepers.

Hy het ook ʼn beroep op inwoners van die gebied gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie in hul soektog na die boewe kan lei.

Enigiemand met inligting daaroor kan kapt. Simon Nkadimeng bel by 082 303 9907, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Suzette ·

Baie geluk anc – julle is mos so vreeslik trots op wat julle vermag het in hierdie land.
Met die misdaad, korrupsie, moorde, verbrokkelende infrastruktuur en hoë aanwas is julle uitstaande!

electricmango ·

Kan die nood diens werkers dan nie leer nie. Moenie uitgaan na sulke oproepe nie, dis nie julle lewens werd nie. Inteendeel is dit nie maar n westerse ding nie – nood diens werkers. Hier in afrika is jy jou eie redding, die land is siek en die mense in die land nog sieker. Baie sterkte vir die toekoms dinge lyk nie goed nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.