Paramedici, brandbestryders gaan betoog in Jhb-middestad

Foto: City of Johannesburg/Arrive Alive

Brandbestryders en paramedici van Stad Johannesburg gaan Vrydag ʼn optog in die middestad hou ná ʼn reeks aanvalle op nooddienspersoneel.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, het in ʼn verklaring gesê die optog het ten doel om bewusmaking te skep onder inwoners om brandbestryders en paramedici by te staan.

“Hierdie mans en vroue werk onverpoosd om die lewens en eiendom van alle inwoners van die Stad Johannesburg te alle tye te beskerm,” het Mulaudzi bygevoeg. “Die toename in aanvalle op nooddienspersoneel lei tot vrees onder nooddienspersoneel en ontwrig dienslewering aan gemeenskappe.”

Hy het gesê 10 voorvalle, waar nooddienspersoneel aangeval of beroof is, is sedert die begin van die jaar aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elna ·

Dis n gevaarlike werk wat hulle doen. Die direkteure voel n veer vir die nood personeel se lewens hulle word net as nommers gesien daar. Hulle word onmenslik behandel. Mag julle beskerm en bewaar word.

Ralphm ·

Nie gou dat ek met n optog saamstem nie maar hierdie een maak heeltemal sin!

Kobie Welgemoed ·

Alle mediese dienste vir die ANC parlements lede moet gestop word. Hulle moet voel waaraan word die publiek bloot gestel. Hulle doen ook niks om hierdie belangrike werkers te beskerm nie.

Zorro ·

Moes al lankal gebeur het . Mense wat hul lewens en huisgesin opgee om gemeenskap te dien. Hulle is hero’s soos in Amerika maar niemand sien did raak nie. Die laagste betaaldes en as dit by begroting kom by n stadsraad is ons niks want ons bring nie geld in nie. Al het ons niks probeer ons, om ‘n lewe te red. Ons probeer maar het nie die onderstuining nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.