Park kry Kaart van Afrika-monument

Foto: SANParke

Die Kaart van Afrika-monument is in die Agulhas Nasionale Park in die Wes-Kaap bekend gestel.

Die departement van toerisme het gesê die simboliek van die kaart bring hulde aan die Afrika-kontinent en dat die monument met ’n omtrek van 30 m spog.

Blessing Manale, woordvoerder van dié departement, het gesê die monument is een van die inisiatiewe om besoekers aan die park se besoek te verbeter en om die plaaslike toerisme-ekonomie ʼn hupstoot te gee.

Die monument se ontwerp lê korrek volgens die kompas en sluit verskeie Afrika-landmerke in.

“Suid-Afrika se ryk biodiversiteit en natuurlike erfenis wat in ons nasionale parke gevind word, is belangrike toerisme-trekpleisters.

Foto: SANParke

Ons kan net hierdie wonderlike toerisme-aanbod verbeter deur dinge soos die ikoniese Kaart van Afrika-monument by te voeg om onvergeetlike ervarings aan ons besoekers te lewer en te verseker dat hulle terugkeer.”

Manale het gesê die finansiering vir die projek was R15 miljoen en dat werk aan 79 gemeenskapslede tydens die jaarlange konstruksie van die monument verskaf is en dat sewe klein ondernemings betrokke was.

Die projek het ook die konstruksie van ʼn een kilometer lange pad ingesluit, sowel as die herbelyning van die loopvlak en die rehabilitasie van die terrein.

 

Foto: SANParke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Frans ·

Van Waar Gehasie
Die Monument is al lankal daar en word nou eers onthul?
As dit R15 miljoen gekos het om te financier, is die moontlikheid nie uitgesluit dat bedrog hier ter sprake was nie, die prys is net te veel om te glo
Dit laat mens wonder waar is staatskaping betrokke

Slim Jan ·

Onvolledig!!
Madagaskar en die eiland is deel van Afrika.
Selfgesentreede afbeelding van afrikanisme.
Passop dat daar nie politieke klank hier is nie.

Esther ·

Op die oigaf kyk dit vir my soos n witolifant. Regverdig die kostes die verandering inmening met die omgewing. Die monument se betekenis is baie maar eintlik mik. Of is nou pesimisties?

marous ·

Ja , en elke toeris kry ‘n leunverklikker verniet wat begin skreeu as jy naby die ding verby loop

GM ·

Dit lyk verseker baie beter as baie ander monumente/beelde wat die afgelope tyd in ons kele afgedruk is, maar R15 miljoen? Dit is belaglik dat infrastrukture oral inmekaar val, geen diens gelewer word nie, kos en ander benodighede onbekostigbaar duur word, maar daar is altyd geld vir naamsveranderings, partytjies en monumente. Prioriteite nè?

Ivan ·

n Baie mooi monument. Net baie klein. 30 m omtrek is gelyk aan 9.55 m deursnee.?

Tanya ·

Maak nog standbeelde kom julle spandeur geld op gemors daar is meer goed wat aandag kort in sa sassa geld vir oumense en kinders behuising vir oumense maar nee julle maak standbeelde eerder

Joh Joh ·

Vir ‘n arm regering wat grond nie kan bekostig, Behuising en dienstem val uitmekaar…. Sies.
15 M restorasie Kon regtig beter bestee gewees het. SWAK!!!!!!!!!

RHG ·

Dankie, GM! Dit pla my altyd as mense ‘verseker’ skryf en ‘vir seker’ bedoel.
Vir seker = for sure.
Verseker = assure.
Dieselfde met ‘verlief’ en ‘vir lief’. Laasgenoemde word egter nie dikwels gebruik nie. ;-)

Snowflake ·

R15milj ???? Kon baie beter spandeer word, sekerlik bedrog ook weer betrokke, daar is inelke geval n afname n toerisme, of dink hulle die park gaan toerisme lok??? Oor miskien n jaar sal ons weer “park” saak bekyk…… wat n grap

chantelle ·

dis redelik mooi maar vir daai bedrag is dit belaglik
standbeelde word afgebrand en daar is nooit geld vir niks
met daai bedrag kon hul verseker dit eerder bestee aan dit wat aandag kort

? leser ·

as ‘n mens so na die skaduwees kyk van die mense wat daar loop, kan die omtrek nie 30 meter wees nie, miskien 30 meter radius
stem baie saam met scruffie, kort voor lank le die kaart oor die hele suidpunt van afrika

mm vind meer uit na die afmetings asb

Trol ·

Verbeter eerder paaie en infrastuktuur, skerp veiligheid op en hou betogers ver weg van waar n toeris naby mag kom. Toerisme hang nie van monumente af nie

B ·

Lyk pragtig vir my, sal graag wil gaan kyk.

(Sjoe, kan ons mense NET kla en kerm oor ALLES???)

Elsje ·

So gaan misdaad nou inkom. Is daardie mense gereed vir die misdaad wat oppad is? Hul huise is nog sonder die tronk gevoel.

Tjol ·

Moet die kaart van Afrika nou oorsere besoekers lok? Net nog n manier om toeriste te verneuk!

Kobus ·

Ek was oor Kersfees daar en al die paadjies is ook opgegradeer en van die grond af gelig. Die plantegroei word so beter beskerm en dit maak die ou en nuwe monumente meer toeganklik vir rolstoele. Die opgradering gaan baie bydra tot die dorpie, L’Agulhas, se ekonomie. Maak ook ‘n draai by die ligtoring se museum as jy die Suidpunt besoek.

Chrisjan ·

Dankie vir breedvoerige kommentaar, Kobus. Het hierdie nuwe monument ook as iets positief (vir n slag) ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.