Parlement kan voortgaan met staat van beskuldiging teen OB

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Die parlement kan voortgaan met stappe om die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Die Konstitusionele Hof het Vrydag in die guns van die DA en die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, beslis dat die proses kan voortgaan.

Die land se hoogste hof sê in ʼn eenparige uitspraak Mkhwebane is geregtig op regsverteenwoordiging, terwyl dit ook toelaatbaar is dat ʼn regter as deel van die onafhanklike paneel aangewys word om die OB se geskiktheid vir die pos te ondersoek.

Die DA en die speaker het hulle regstreeks tot die Konstitusionele Hof gewend om ʼn beslissing van die Kaapstadse hooggeregshof, dat daar fout was met die bepalings oor hoe die hoof van ʼn hoofstuk 9-instelling uit sy of haar pos verwyder moet word, te laat omkeer.

Die proses om die OB uit haar pos te laat verwyder is tydelik deur die hooggeregshof se uitspraak gestuit, maar kan nou voortgaan.

Die OB het die Konstitusionele Hof se besluit – dat sy ʼn regsverteenwoordiger mag hê – verwelkom.

“Die OB bestudeer die res van die uitspraak en sal mettertyd ʼn verklaring oor die pad vorentoe uitreik,” het die OB se woordvoerder, Oupa Segalwe, gesê.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê die speaker het die hofuitspraak verwelkom.

“Die speaker waardeer die verduideliking en riglyne wat die Konstitusionele Hof verskaf het wat betref die hooggeregshof se uitspraak. Dit verwyder enige hindernisse vir die voortsetting van die proses deur die art. 194-komitee wat die mosie [om Mkhwebane in ʼn staat van beskuldiging te plaas] moet oorweeg,” sê Mothapo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris dupreez ·

Dali Mpofu gaan seker haar regsverteenwoordiger wees. Enige side bets. :÷)

Jr ·

Maar dis reg, want hy sukkel om enige saak waar hy betrokke is te wen. Weet nie van een wat suksesvol was.

JohanR ·

En die belastingbetalers gaan Dali Mpofu betaal. Na amper 28 jaar weet ons hoe dit werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.