Parlement kry uitstel vir wysigings aan Kieswet

(Foto: Reint Dykema)

Die Konstitusionele Hof het daartoe ingestem dat die sperdatum vir die afhandeling van die Kieswet tydelik verleng word. Die hoogste hof gee die parlement egter vir eers net tot einde Januarie om die nodige wysigings aan die wetgewing te finaliseer.

Die parlement het in sy aansoek om uitstel tot einde Februarie gevra.

Die hoogste hof het in sy uitspraak gesê sy ongeldigheidsbevel word verder van 10 Junie 2022 tot 31 Januarie 2023 opgeskort, hangende ʼn finale beslissing oor die verlenging wat die parlement versoek het.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het vroeër vandeesweek gesê dit gaan nie vir die parlement moontlik wees om die aanvanklike sperdatum (10 Desember) te haal nie aangesien voorgestelde wysigings aan die wetgewing verdere openbare deelname vereis.

Volgens die parlement sal ’n verlenging hom in staat stel om voldoende openbare deelname te fasiliteer terwyl dit ook sal verseker dat die Verkiesingskommissie genoeg tyd het om vir die 2024-verkiesing voor te berei.

Die parlement glo ook geen party sal benadeel word sou die Konstitusionele Hof ’n verdere verlenging toestaan nie.

Die parlement het die Konstitusionele Hof in April vanjaar ook om ’n verlenging (ses maande) gevra en die versoek is toe ook toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietertjie ·

Solank die SAKP, ek bedoel die ANC, nog net die volgende verkiesing kan deurhaak. OVK moet maar gou maak met die appèl-aansoek. Vra sommer ook dat die Regters hulle van die saak moet onttrek: dit sal nóg meer tyd koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.