Parys-boere moet tronk toe – staat

Van links: Anton Loggenberg, Boeta van der Westhuizen, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen jr. en Miela Jansen van Vuuren. (Foto: Anja van der Merwe)

“Dit sal onregverdig wees indien die beskuldigdes nié tronkstraf kry nie.”

Só het adv. Jabulani Mlotshwa, die staatsaanklaer in die voorvonnisverrigtinge van die vyf boere van Parys in die Vrystaat, aangevoer.

Die vyf is verlede jaar skuldig bevind aan aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer ná die dood van twee vermeende plaasaanvallers in 2016.

Boeta van der Westhuizen (52), sy seun, Loedie van der Westhuizen jr. (23), Anton Loggenberg (55), sy seun, Cor Loggenberg (24), en Miela Jansen van Vuuren (28), Boeta se skoonseun, het Donderdag in die rondgaande hof op Parys verskyn.

Die boere se regsverteenwoordigers het tydens Donderdag se verrigtinge die hof gevra vir opgeskorte vonnisse en korrektiewe toesig. Adv. Piet Pistorius het gesê die vyf boere is nie “tronkmateriaal” nie en hoort dus nie in die tronk nie.

Mlotshwa het egter namens die staat aangevoer dat dit ʼn té ligte straf sal wees. Hy het getuig dat die beskuldigdes direkte tronkstraf van tussen twee en vyf jaar moet kry weens die aard en erns van die misdrywe waaraan hulle skuldig bevind is.

“Daar is mense in die tronk wat skuldig bevind is aan soortgelyke misdade. Dit sal onregverdig wees om nie dieselfde vonnis in hierdie geval te gee nie,” het Mlotshwa gesê.

“Die oorledenes het dit nie verdien om dermate aangerand te word dat hulle hul bewussyn moes verloor nie. Dit was ook nie reg van die beskuldigdes om eiemagtig op te tree nie.”

Hy het verder aangevoer dat dit nie in belang van die gemeenskap sal wees om nié die beskuldigdes tronk toe te stuur nie, omdat die gemeenskap van die hof sal verwag om geregtigheid te laat geskied en die geskikte straf te gee. “Deur die gepaste vonnis op te lê, sal die hof die regte boodskap aan ander misdadigers uitstuur.”

Maroela Media het vroeër berig die staat het aangevoer die beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Samuel Tjixa (35) en Simon Jubeba (29) op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle ʼn dag later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die gebeure spruit uit ʼn plaasaanval wat op Boeta se pa, Loedie van der Westhuizen sr., se plaas Biesiesbult plaasgevind het. Loedie sr. was 72 jaar oud ten tyde van die aanval en het alleen op die plaas gewoon.

Loedie sr. is deur die loop van die verhoor (aan onverwante oorsake) oorlede.

Hul medebeskuldigde, kapt. Henk Prinsloo, ʼn polisielid, is vrygespreek op die aanklagte teen hom.

Nie rasgedrewe misdaad

Pistorius het tydens die verrigtinge daarop gedui dat die voorval verkeerdelik as ʼn rassevoorval bestempel is.

“Dit was nie ʼn rassevoorval waar vyf wit boere twee swart mans doodgemaak het weens hul kleur nie. Dit is ʼn vals aanname wat aan lede van die publiek oorgedra is. Die gebeure spruit uit Loedie sr. se plaasaanval,” het Pistorius gesê.

Mlotshwa het met die regsverteenwoordigers gestry en gesê die feit dat wit boere twee swart plaaswerkers aangerand het, moet nie geringgeskat word nie.

“Dit het reeds groot rassespanning tydens vorige hofverskynings veroorsaak. Dit sal verdere opspraak onder die gemeenskap wek indien die beskuldigdes nie die gepaste straf gaan kry nie,” het Mlotshwa gesê.

Die vyf boere sal na verwagting Vrydag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Nie Verbaas ·

So nou kry wittes tronkstraf waar daar teenstrydige bewyse is en word reg ontneem om hulleself te verdedig teen kriminele? Staat sal ras ding holrug ry want hulle het geen Ander verweer nie. Pateties.

Kobus ·

Die gemeenskap wil he edelagbare. Indien dit andersom was sou die gemeenskap se wil niks getel het nie.

Jsgroen ·

Blyk die gemeenskap vertel die regter wat om te doen. Kan ‘n mens nou so voorgeskryf word.

Misky ·

Hulle is eintlik helde en het moontlik baie lewens gespaar van gewoonte misdadigers. Vergeet van die outjies en gaan sluit Zuma, Ace en Malema toe. Dis moordenaars wat agter tralies hoort

VaalDonkie ·

Tyd dat elkeen van hulle ‘n hoesie ontwikkel in die tronk sodat hulle ook kan gaan gholf speel saam met Zuma en Shaik

VaalDonkie ·

Ek dink dit is ‘n regverdige straf. MAAAAAR ek wens hulle wil ‘n slag die plaasaanvallers OOK regverdig straf. DIT sal nou nice wees.

Joe Olivier ·

Hoekom is dit ‘n regverdige straf as hul niks verkeerd gedoen het nie?

piet ·

Hoe jy kan se dat hierdie “mob justice” groepie niks verkeerd gedoen het nie, gaan my verstand te bowe.

Illa ·

Zuma behoort eerder in die tronk, maar dit gaan nie gebeur nie… So sit die span boere op dieselfde Zuma / Schabir Shaik voorwaardes in die tronk – skaars daar dan uit op mediese parool!

Belinda ·

daar is geen hoop meer vir ons nie…. kriminele kan maak wat hul wil en mense wat net hulself wil beskerm moet die prys betaal. mens moet dit begin veg teen die hof. dis onregverdig.

Adelaide ·

Die ergste is dat ek as Suid Afrikaner aan die verkeerde kant van die kleurskema niks anders meer verwag behalwe onregverdigheid, korrupsie en rassisme nie. Hoe hartseer dat ons land in so ‘n hopelose spul ontaard het.

JM ·

Die rassisme-kitaar. Ál waarop hulle hamer, die patetiese spul. Oor die boere wat uitgemoor word, word niks gesê nie, want DÍT is nie rassisme nie! God slaap nie.

Thom ·

Ek het die storie die eerste keer gehoor terwyl ek nog aan my Ma gedrink het en raai wat ? NIKS het nog met enige boosdoener gebeur nie ; laat mens dink !

louw ·

As jy so redeneer kan jy persoonlik bly wees ,dat God nog geduld het met die werkers van ongeregtighied .Maar tog,o mens,wie is jy wat teen God antwoord?
II Petr.3
3Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
4en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles
soos dit was van die begin van die skepping af.
5Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
6waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
7Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
Wat ons Afrikanervolk betref ons het self teen God gestem met die Ja/nee -stem en so het ons,ons oorheerser gekies ,met die gevolge.Wat die mens saai sal hy maai.

Anel ·

Maar dit is regverdig as 5 van hulle, gewapen, ‘n boer en sy familie enige tyd van die dag of nag, maar meestal in die nag, op sy eie plaas aanval en doodmaak. Die regstelsel is siek. Wonder of hulle die 2 wat dood is se fingerafdrukke na gegaan het om seker te maak hieveel misdade hulle gepleeg het? Seker nie en nou is hulle die slagoffers! Wanneer dit anders om is word die spul nie eens gesoek nie!!!

David ·

My bekommernis is dat, die president wat hierdeur geskep word, is dat mense in die toekoms geen getuies gaan nalaat nie.

piet ·

Klink darem na ‘n ligte straf wat hier opgele gaan word. Die slagoffers is so erg aangerand dat hulle ‘n dag daarna dood is. Jy kan mos nie reg in eie hande neem nie. Baie gelukkig dat hulle nie skuldig beving is aan moord nie sou ek se.

Flip ·

Wanneer jou vrou of dogter deur n klomp van hulle verkrag word of jou familie word gedurende die nag in hul eie huis aangeval, wat gaan jy doen? Terugsit en sê “dis maar hoe dit is”?
In my oë was die twee outjies nie slagoffers nie maar misdadigers…..

JohanR ·

Hulle kan dadelik na die tronk hospitaal toe gaan, en twee maande later op parool uit wees. Maar wag wat se ek nou…..hulle is spierwit!

casper ·

In die land is dit fataal om jouself te verdedig want jy word die skuldige party !!
Kriminele het meer regtes as blankes hier !!

Mariana ·

Sowaar dit is nou omgekeerd. Die kriminele moet nou beskerm word en mense wat hulself en hul families en mede-boere wou beskerm word nou uitgekryt as misdadigers. Maar dit is SA en hier is die krimineel mos belangriker as die boere, wat elke dag uitgemoor word.

Frederik C ·

Hulle kan seker môre weier om hof toe te gaan ?? Zuma het daarmee weggekom.

ES ·

Asof hierdie mans se vonnis “misdadigers gaan afskrik”. Die misdadigers is g’n bang vir die tronk nie. Dit is nie in die beste belang van die gemeenskap nie want hierdie mans loop nie heeldag en rand mense aan nie. Ek hoop hulle gaan appeleer!

Louis ·

En hoeveel plaasmoordenaars loop vry rond omdat daar swak polisiewerk gedoen is. Daai mense het plaasmoordenars gestop.

Irene ·

Daar is baie mense weers bedrog ook al tronk toe…. tog loop Zuma en Ace vrylik rond….

Anton J ·

Eish…… onskuldig en kry nou n misdaad rekord en die twee onskuldiges is oorlede. Wanneer mag n mens nou opkom en jou regte beskerm? Was daar meer “force” gebruik as nodig? Ek weet nie. Maar al wat ek kan sê sterkte manne.

Blikkies ·

As die hof so onnosel wil wees moet hulle maar JZ en Shabir se roete volg….en weier om staats aangestelde medici te sien.

TO ·

Boere kan gemoor en aangerand word, maar die moordenaars word soos gelde behandel. Wanneer ‘n boer homself verdedig is dit rassehaat, belaglik. Dit is maar net so dat hierdie land se regstelsel ‘n grap is, vernaam as die president ‘n skelm dief leuenaar se vrylating goedpraat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.