Pasgebore baba dood gevind op ashoop

Foto: ER24 (Foto verskaf/ANA)

Die liggaam van ʼn pasgebore babaseuntjie is Dinsdagoggend by die Mooiplaas-stortingsterrein in Centurion gevind, het paramedici gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê personeel is deur ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy na die toneel ontbied. “Toe paramedici teen omstreeks 11:30 by die toneel opdaag, is hulle dieper in die stortingsterrein ingelei waar hulle die baba gevind het. Hy het ʼn ernstige kopbesering opgedoen en het geen teken van lewe gedoen nie.”

Daar was niks wat paramedici vir die babatjie kon doen nie en hy is dood verklaar.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wil-Mamma-Wees ·

Dis darem hartseer. Ek wil so graag n mamma wees maar sukkel my dood en die mamma gooi haar baba weg. Ai.

Penellope Jones ·

Onskuldige mensie wat niks te doen gehad het met die feit dat hy gebore is nie en toe moes boet met sy ou lewetjie.
Dis breek my hart stukkend.

Skerpioen ·

Nee my liewe mens, sy het die baba n dodelik hou teen die kop toegedien en toe die lykie weg gegooi. Sy sal nooit n mamma wees nie. Ek bid dat God jou sal seen met n pragtige baba “WIL NET MAMMA WEES”

Hartseer ·

Dit breek my hart! Ek wil ook graag ‘n baba he, maar dit gebeur net nie. Dit maak my woedend as ek lees van vroue wat hulle kinders wegsmyt soos wat ‘n mens gemors sal weggooi. Mag die seuntjie in vrede rus en lekker speel in die Hemel!

GM ·

Ek is verbaas om te sien dat niemand nog die “ons weet nie wat die ma se omstandighede was nie”- kaart gespeel het nie.
Hoe enige iemand ‘n onskuldige babatjie kan leed aandoen, gaan my verstand te bowe. En met al die gratis hulp wat daarbuite is, verstaan ek ook nie hoe daar soveel gevalle van ongewenste swangerskappe kan wees nie. Ja, voorbehoeding is nie 100% effektief nie, maar dit maak darem jou kanse baie skraler om swanger te raak. Die meerderheid kinders word nie meer geleer om verantwoordelikheid vir hul dade te vat nie, daarom val als uitmekaar uit.

Mag geregtigheid geskied…

Bytjie ·

@GM… Well said. Ek sit in huil oor die storie. Die onmenslikheid om DIT aan ‘n pappe babatjie te doen. Geen verskoning daarvoor nie.

Alida ·

Haar omstandighede het haar nie verhoed om n kind te kry nie. Eers agterna het sy besef hierdie wesentjie het kos en aandag nodig toe kies die monster die maklikste uitweg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.