Pastel of helderkleurig? Help kies!

Foto: Maroela Media

St James-strand naby Muizenberg in Kaapstad is alombekend vir sy gekleurde strandhutte en dit verskyn gereeld op toeriste se foto’s.

Dié strand word tans opgeknap vir die feesseisoen insluitend ʼn verbeterde strandgebied met ʼn groter wandelpaadjie en ʼn piekniekgebied.

Die hutte word ook opgeknap ná ʼn brand in Augustus 2020 van die hokkies verwoes het.

Stad Kaapstad nooi die publiek om te stem vir hul gunstelingkleurskema. Daar is sewe palette om van te kies – van pastel en getypoel tot primêre kleure en seewierwoud.

Die werk by St James-strand sal na verwagting betyds afgehandel word voor die feesseisoen.

Klik hier om vir jou gunsteling kleurskema te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.