Peiling: ANC groei, maar DA en EFF kry swaar

Die kans op ʼn ANC-EFF-koalsie wat ná volgende jaar se verkiesing die leisels in Gauteng oorneem, lyk baie goed, as ʼn mens die uitslag van ʼn meningspeiling deur die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) kan glo.

Tydens ʼn blitsopname deur die IRV in die laaste week van November het 48% van die ondervraagdes in Gauteng aangedui hulle sal vir die ANC stem, 25% vir die DA en 12% vir die EFF. Maar as ʼn stempersentasie van 73% op dié syfers toegepas word, kry die ANC 50% van die stemme, die DA 27% en die EFF 10%, wat kan beteken die ANC en Rooi Barette sal moet saamspan om ʼn regering te vorm.

Landwyd sê die IRV die ANC se steun het sedert September met 4 persentasiepunte toegeneem tot 56%, terwyl die DA sʼn met 5 persentasiepunte tot net 18% afgeneem het. Die EFF se verwagte steun by die stembus het met 2 persentasiepunte gedaal tot 11%. Volgens dié meningspeilings sal die ANC dus ná Mei 2019 steeds gemaklik in beheer van die nasionale regering wees.

Patricia de Lille se nuwe party, Good, kan hoofsaaklik die steun werf van kiesers wat nog nie weet vir wie hulle gaan stem nie, is in die peiling bevind. Die party se nasionale steun staan op 4%.

Van dié onseker kiesers was vroeër DA-ondersteuners en ander ANC-kiesers. Sy kan steun te wagte wees van ontevrede DA- sowel as ANC-ondersteuners; daarom hou haar party nie noemenswaardige bedreiging vir die regerende DA in die Wes-Kaap in nie.

Vir die doeleindes van hul meningspeiling het die IRV Suid-Afrika se kiesers in twee groepe verdeel: “swart” en “minderheidskiesers”. Die ANC kan nou reken op 69% van swart kiesers se steun, die DA op 6% en die EFF op 14%.

Onder minderheidskiesers kry die ANC 12% van die steun, die DA 61% en die EFF 0%. Die DA het volgens die peiling 10 persentasiepunte steun onder minderheidskiesers verloor sedert die vorige peiling in September gehou is.

Dié kiesers het nie hul steun aan die ANC of EFF toegesê nie, wat beteken die onseker kiesers is waarskynlik nou meer en moontlik ʼn vrugbare teelaarde vir De Lille se party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Een berekening van julle wat vir my nie sin maak nie is in die 3rde laaste paragraaf, waarvolgens die DA kan staatmaak op 6% swart steun terwyl die EFF 14% daarvan kan toe eien.
Die DA is immers ‘n swart party met ‘n paar rigtinglose blankes wat ook vir hulle stem. Die DA oordonder elke jaar die EFF met stemtotaal en dit is juis hier waar die 6% &14% nie sin maak nie.

Staak saam

Die ANC gaan baie naby aan n 2/3 meerderheid steun kom.

DA BO

Nouja, daar het julle dit. Dis of stem vir DA of die Anc en Eff maak net wat hule wil.

MTSteyn

Vroee aanduidings dui dus op ‘n ANC wat groei, veral soos wat dit meer links leuen en lug geen aan sy NDR versugtinge, en ‘n EFF wat nog steeds 10% van stemme op hom verenig. Nou hoe rym bg met rubriekskrywers en sg. politieke ontleders wat op hierdie webwerf en op ander plekke bv. die EFF se einde verkondig? Vergelyk hierdie 10% van ‘n jong party met die enkelsyfer stempersentasies van ouer partye soos die IFP en VF. Julius Malema, in die hande van sy hanteerder,s trek 1 miljoen stemme op hom, en hy word afgemaak as ‘n lee blik.… Lees meer »

Jakkie

Blankes wat steeds DA aanhang is dwase…of fataliste. Red ‘n volk, wat nie gered wil wees nie!!