Personeel by Helen Joseph ‘leef in vrees’

‘n Pasiënt lê vasgemaak aan ‘n bed in die gange van die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg. (Foto: Tania Heyns)

Psigiatriese pasiënte by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg het die afgelope jaar 32 personeellede aangerand en groot skade aan eiendom aangerig.

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Nomathemba Mokgethi, het dié inligting in antwoord op ʼn vraag van die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, onthul.

Die aantal voorvalle van geweld teen personeellede het toegeneem sedert die Charlotte Maxeke-hospitaal se psigiatriese eenheid weens ’n brand gesluit is en al meer pasiënte na die naburige Helen Joseph verwys word.

Bloom sê nou dié hospitaal se personeel leef in vrees.

Volgens die LUR het ’n sekerheidswag die afgelope jaar met ’n ineengestorte long in die ongevalle-eenheid beland nadat hy met ’n mes gesteek is. Sy aanvaller het uit die psigiatriese saal ontsnap, maar is deur die polisie by die ingang van die hospitaal aangekeer.

Tydens nog ’n voorval het ’n psigiatriese pasiënt ’n rolstoel opgetel en dit na personeellede probeer gooi. Hy het ook ’n staaf van sy bed afgebreek en dit as ’n wapen gebruik.

Dit terwyl twee verpleegsters en ’n psigiater die afgelope jaar deur psigiatriese pasiënte gebyt is en ’n verpleegster se bril gebreek het toe sy deur ’n psigiatriese pasiënt bygedam is.

Die ingang van die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Ander personeellede vertel dat hul geklap of gekrap is terwyl sommige betas is.

Die hospitaal se eiendom het ook deurgeloop en verskeie vensters, wasbakke, krane en toilette is die afgelope jaar gebreek. Deure is beskadig terwyl daar met elektriese drade gekarring is. Matrasse is tydens sommige voorvalle aan die brand gesteek.

Helen Joseph het 45 beddens vir psigiatriese pasiënte, maar behandel tans minstens 90 psigiatriese pasiënte per dag.

“Desperate personeel bel elke dag ander psigiatriese eenhede vir moontlike beddens, maar daar is meestal niks beskikbaar nie,” vertel Bloom.

Mokgethi het ook in haar antwoord onthul dat daar selfs gepoog word om sommige pasiënte vroeër te ontslaan sou hulle as ’n lae risiko vir hulself en ander beskou word. ’n Ontslagkliniek word intussen ook op Maandae geopen om hierdie pasiënte in die buitepasiëntafdeling te beoordeel.

“Bykomende personeel en sekuriteit word dringend by dié hospitaal benodig, maar die werklike probleem is die voortgesette sluiting van die psigiatriese sale by CMJH en die algemene tekort aan beddens in die provinsie vir geestesgesondheidspasiënte,” sê Bloom.

“Dit is betreurenswaardig dat selfs na die Life Esidimeni‑tragedie psigiatriese pasiënte steeds swak behandel word by fasiliteite wat nie geskik is nie en sonder behoorlike sekuriteit waar hulle ’n gevaar vir hulself en ander is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert ·

En die gewone pasiënte hoe veilig is hulle? Wie gaan verantwoordelik wees as my geliefde iets oorkom terwyl hy of sy in die hospitaal is vir lewensbelangrike sorg wat hulle nie tuis kan kry nie?

Mariana ·

My vraag sal seker veroordeel word en dalk sommer geskrap word. Maar tog gaan ek dit vra. Is al hierdie pasiënte werklik psigiatriese gevalle of is sommige dalk kriminele wat deur ‘n hof as psigiatriese gevalle daar gesit is? Klink of sommige van die mense nie regtig daar hoort nie, maar eerder agter tralies.

Johann ·

Toonbeeld van wat vir die HELE RSA voorlê as die ANC anargiste hulle Nasionale Gesondheids chaos deurdruk!

domheks ·

Nou as Anglo Ashanti so baie gekos het, hoekom stuur julle nie die psigiatriese daarheen nie? Dan word dit mos gebruik en die spasie kan vir werklike siek mense gebruik word. Die bestuur se mense kan nie beplan nie! Wil alles op ‘n skinkbord he, maar waardeer nie dit wat daar is nie! Gebruik wat julle het!

Nie Verbaas ·

Het jy al iets gesien wat ANC suksesvol kan beplan? Behalwe plunder?

Tanniepetoors ·

Ek gaan ook ‘n waarskynlik ongewilde vraag vra. Kry hierdie pasiënte die korrekte medikasie in die korrekte hoeveelhede op die regte tye of verdwyn die medikasie ook in die bodemlose put van korrupsie en diefstal?

Nie Verbaas ·

Hulle kon nie eers in n algemene hospitaal vir n familielid die korrekte medisyne gee nie, wat nog van in die hospitaal?

melaney ·

Laas gehoor het hulle nie eers kos gekry nie. Dokters het vir hulle toebroodjies gebring. Viva la anc !!! Viva !!!

Kokerboom ·

As ‘n mens die goed lees dan wens jy die hele ANC gespuis kan net verdwyn. Die soort toestande word nou die norm op alle vlakke! Wat doen die Minister behalwe 10 Covid gevalle elke dag?

Furds ·

Dis die rede mense hoekom hulle die ”NHI” geimplementeer gaan word. Want die staat kan nie die pyp rook nie en privaat sorg gaan toegesak word met sulke patiente.

melaney ·

En as ek sê ek verlang na die goeie ou dae waar alles klopdisselboom verloop het word ek as ‘n rassis uitgekryt.

Johan ·

Die ANC kan nie eers n kar bestuur nie hoe op aarde gaan hulle n mediese krisis bestuur. Terloops, dankie aan medisie en almal wat so in n paniek was dat julle soveel mag oor ons aan die ANC gegee het ons gaan dit moeilik af kry.

Miskruier ·

Plaas hul in die myn hospitaal wat so ver buite die metro is. ‘Wit olifant’-hospitaal kos nou al R733 miljoen

Chris dupreez ·

Die anc voel niks vir hierdie mense, want hulle is nie instaat om n kruisie te trek vir die anc op stemdag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.