Petrolprys: Meer as R17 per liter gaan werkers swaarste tref

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die verhoogde brandstofheffing en ander prysverhogings beteken petrol gaan jou vanaf middernag vanaand meer as R17 per liter uit die sak jaag.

Ekonome het vroeër in die jaar gewaarsku dat ʼn verhoging in internasionale oliepryse (tot dusver 30% in 2021) tesame met ʼn swakker rand en die instelling van brandstofbelasting, gaan Suid-Afrikaners se sak skud by vulstasies.

Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond UASA, het gesê alhoewel daar min beheer is oor eksterne faktore wat die petrolprys beheer, is dit die interne faktore, soos randgebaseerde handel- en oliemaatskappymarges, vervoerkostes en belastings en heffings wat in ag geneem kan word om Suid-Afrikaners by te staan wat finansieel reeds sukkel. “Interne kostefaktore verteenwoordig sowat 60% van die petrolprys,” het Moyo gesê.

Vanaf middernag verhoog die brandstof- en die Padongelukkefondsheffing op petrol en diesel met onderskeidelik 16c per liter en 11c per liter. “Hierdie heffingsverhogings gaan gewone Suid-Afrikaners swaar tref op hul huishoudelike begrotings. Hoekom word daar voortgegaan met die heffingsverhoging terwyl die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ʼn onverwagte ekstra R38 miljard in inkomstes aangekondig het vir die jaar wat Maart 2021 geëindig het?”

UASA is baie bekommerd oor die voortgesette verhoging in die brandstofprys wat werkers in ʼn finansiële verknorsing gaan laat, omdat hulle al hoe meer sal moet betaal vir basiese behoeftes. “Die las word ook op die verbruiker geplaas om meer te betaal vir basiese behoeftes. Die verhoging vir paraffien van 35c per liter het ook ʼn groot impak op Suid-Afrikaners wat nie toegang tot elektrisiteit het nie, omdat hulle van paraffien afhanklik is vir huishoudelike gebruik en verhitting. Winter is om die draai – hulle gaan nie net deur die koue getref word nie.”

UASA moedig sy lede en ander Suid-Afrikaners aan om hul bes te doen om die gordel in dié moeilike tye selfs stywer te trek en te spaar waar hulle moontlik kan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem ·

En wat gee die regering om vir ons as werkersHulle ry mos op ons belasting geld rond

Marita ·

Hoe kan ons wat mense wat hul werk en vaste inkomste verloor het en ons as Sassa penioenarisse grodels stywer trek en spaar?????

Hennie ·

SASSA het ‘n vloekwoord geword in SA. Ek sal te skaam wees om te erken dat ek vefslaaf is aan ‘n paar Rand wat deur die ANC uitgedeel word elke maand. Sosialistiese manier om onderdane afhanklik te kry van die staat.

Hennie ·

Toe oliepryse op die laagste was in baie jare, het die ANC regering besluit om heffings ens. in te stel en te verhoog op brandstofpryse. Nou sit ons met die hoogste pryse ooit. En die regering lag al die pad bank toe….

Pieter ·

Die ANC het die land op sy knie. Botswana se brandstof kom van ons af en hulle betaal net oor die tien rand n liter. Hoekom steek die taxis nie nou die petrol tankers aan die brand nie. Die tyd toe NP die land regeer het is baie tankers aan die brand gesteek. Toe het die taxi eienaars gese die branstof prys is te hoog en dit is die regering se skuld. Maar nou ja hulle kry mos van ons belasting geld van die ANC regering af en hulle betaal mos ook nie belasting nie. Dit is hoekom hulle dood stil is.

Boer ·

Jare terug as die petrol prys gestyg het met net 5 c dan het die taxis en die ANC plekke afgebreek en aan die brand gesteek. Waar is julle nou?

Nico ·

Ek wonder hoeveel van die brandstof heffings gaan in die regering se sakke beland, praat nie eers van die padongelukke fonds nie, daar het dokters, prokureurs en skelm motoriste ook ‘n vet vinger in die paai en wat van die minister van transport, hierdie padongelukke fonds is een groot klug.

david ·

Ek wonder of die regering al ooit gedink het wat die gevolg is van sy belaglike brandstof pryse…?
Laat ek veduidelik-ek woon langs die R511 wat deur Hartbeespoort gaan. Menige oggend sit ek op my stoepie , so 4 uur vroeg, en sien hoe die eerste motor daar oor Silkaatsnek aankom op die R511.
Nou wonder ek– daardie motoriste is seker op pad werk toe–waar..? waarskynlik Pretoria, Midrand of dalk Johannesburg. Vroeg opstaan moes hy seker water en elektrisiteit gebruik het–belasbaar. Dan in sy voertuig (waarop reeds belasting betaal is, buitebande en al) gebruik hy BRANDSTOF om by sy werkplek inkomstebelasting te gaan verdien.. Teen 7 uur is dit ‘n stroom verkeer nou in beide rigtings….Almal belastingvoos. En die ANC gee hoog op oor WERKSKEPPING….! Nie op hierdie manier nie..!

Jack ·

Die ANC mense wat voor 1994 hulle opleiding in landsadministrasie gekry het by die Moskou universiteit se “mindset” is soos die van die destydse diktatorskap regering in die ou USSR. Die diktator gee net opdragte en sy ondergesliktes moet sorg dat dit uitgevoer word. Ek twyfel of hulle hulself ooit bekommer het oor die gevolge van besluite. In elk geval, in die ou Sowjet Unie was alles gerantsoeneer. Dit wil my voorkom of die ANC ook so dink. Maar daar is ‘n ding soos die LAFFER kurwe wat bewys dat as ‘n regering die burgers te swaar belas dan daal die inkomste. Ons is lankal by daardie punt verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.