Pistorius se parool: Raad besluit vandag nog

June Steenkamp Vrydag met haar aankoms by die Atteridgeville-gevangenis. (Foto: by Phill Magakoe / AFP)

Oscar Pistorius sal na verwagting vandag nog weet of hy binnekort op parool vrygelaat gaan word.

Die paroolraad wat Vrydagoggend Pistorius se aansoek om parool aangehoor het, sal na verwagting binne ure die besluit daaroor bekend maak.

“Ons is ingelig dat daar later vandag ʼn besluit sal wees,” het Tania Koen, regsverteenwoordiger van wyle Reeva Steenkamp se ouers, ná die verhoor buite die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria gesê.

June Steenkamp, Reeva se ma, het vanoggend vertoë tot die paroolraad gerig en gevra dat Pistorius agter tralies bly om die res van sy vonnis uit te dien.

“Dit was vir haar baie onaangenaam … maar sy het geweet dat sy dit vir Reeva moes doen,” het Koen oor haar kliënt se verskyning voor die paroolraad gesê.

Steenkamp en Pistorius het afsonderlik voor die paroolraad verskyn.

June Steenkamp Vrydag met haar aankoms by die Atteridgeville-gevangenis. (Foto: by Phill Magakoe / AFP)

Koen het voor die verhoor aan verslaggewers buite die tronk gesê die Steemkamps voel nie dat Pistorius gerehabiliteer is nie en dat rehabilitasie slegs sal plaasvind wanneer hy erken dat hy hulle dogter willens en wetens doodgeskiet het.

Pistorius het Reeva Steenkamp in die vroeë oggendure van Valentynsdag in 2013 in sy huis in Pretoria doodgeskiet toe hy vier skote deur ʼn badkamerdeur gevuur het.

Hy het egter ontken dat hy haar doelbewus om die lewe gebring het en hou vol dat hy Steenkamp op daardie noodlottige nag vir ’n inbreker aangesien het.

Pistorius, nou 36 jaar oud, het reeds meer as die helfte van sy vonnis van 13 jaar tronkstraf uitgedien.

Tania Koen staan die media Vrydag te woord. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Koen sê die Steenkamps het ná tien jaar steeds nie die dood van hul dogter verwerk nie.

“Tien jaar klink vir ons dalk lank, maar vir hulle is dit tien verjaardae, tien Moedersdae, Vadersdae en Kersfeeste sonder haar.

“Tyd het nie genesing gebring nie … hulle verlang nog elke dag na haar.”

Maroela Media het vroeër berig Barry Steenkamp, Reeva se pa, kon weens swak gesondheid nie Vrydagoggend die paroolverhoor bywoon nie.

Barry het Pistorius egter onlangs gesien as deel van ʼn dialoogproses tussen slagoffers en oortreders.

Koen sê dié ontmoeting was vir Barry sowel as Pistorius “baie emosioneel” en “traumaties”.

Die Atteridgeville-gevangenis waar Oscar Pistorius se paroolverhoor Vrydag plaasgevind het. (Foto: by Phill Magakoe / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kobus ·

Hoe bepaal jy of iemand berou het? Hoe leef jy met soveel bitterheid? Ek kies nie kant nie. Ek vra net. Weet nie hoe ek in so ‘n situasie sal optree nie maar om heeltyd aan oannagename dinge vas te klou kan vernietigend wees. Sterkte aan al die partye

Zandra ·

die mense kies om bitter te wees elke liewe dag van hulle lewe oor en oor en oor

Elma ·

Ek kan nie dink hoe moet hierdie arme ma voel nie. My hart bloei vir haar.

Mieke ·

‘n Wors het ‘n ent. Vergifnis is in die order van die dag. Wraaksug gaan niks regmaak nie!

KAIROS ·

Indien Reeva my kind was , was sy eerste dag as n vry man, sy laaste dag

piet ·

Hy het reeds sy tyd uitgedien in die tronk volgens die Wet en kan aansoek doen om parool.

melaney ·

Ek stem saam. Die Bybel sê ook “AS iemand om vergifnis vra, moet jy hulle vergewe.”

Mariaan ·

Nie as daai persoon uit woede jou kind vermoor nie…sorry!

Republikein in die Wes Kaap ·

Oog vir ‘n oog, en ‘n tand vir ‘n tand.

TruthDealer ·

Ek wil ook graag vir almal hier wat so vergewensgesind is, sê: Vergewe dan elke sielsalige plaasmoordenaar. Moord is moord. Maak nie saak wie daai sneller trek nie.

melaney ·

Die Steenkamps het harde bene gekou. Kry hulle baie jammer. Daar kom niks goeds vandaan as mens buite jouself van woede is nie.

Vexed ·

Wat het sy rehabilitasie met haar te doen? Haar dogter bly dood.

Vexed ·

Dit is nie haar probleem nie. Sy gewroeg en berou gaan nie haar dogter terugbring nie. Sy swaarkry is sy eie skuld en nie deel van haar probleem nie.

Brand ·

Die Bybel se jy moet jou sondes bely, dan sal jy vergewe word..

piet ·

Dis absolute twak dat die slagoffer se familie teen hierdie tyd nog enige se kan he oor die oortreder se doen en late. Die Hof het sy beslissing gemaak en die man dienooreenkomstig gevonnis nadat alles in ag geneem is. Nou dat die Wet voorsiening maak dat hy om parool aansoek doen, wil hulle STEEDS ‘n se he. Al wat in hierdie stadium ‘n rol behoort te speel, is sy gedrag in die tronk en of hy die rehabiltasiekursusse of wat hulle ookal daar doen, suksesvol voltooi het. Emosies van families van watter aard ookal behoort nou GEEN rol te speel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Lewe is kosbaar. Dit kan nie net weggeneem word nie.

Mariaan ·

Mens bly bitter as jou kind onnodig vermoor word..ek sal bitter bly forever!!

Cherokee ·

Mariaan, ek stem met al jou kommentare saam. Die woord ‘onnodig’is onvanpas by hierdie kommentaar.

Mariaan ·

Christene vermoor nie mekaar…Oscar het n woede..ego probleem..hy het haar vermoor uit woede..presies geweet wat hy doen..Gerrie mooi in die hof als bewys

Mariaan ·

Ek kan nie glo na die hofsaak en AL die bewyse dat mense nog kan dink dit was n ongeluk nie…hy het haar uit woede vermoor..punt..hoekom moet hy vry rondloop? Net sodat die volgende moordenaar dit weer kan doen want straf is maar net n paar jaar…nee wat..lewenslank sou gepas wees!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.