‘Plaas moratorium op doodstraf,’ vra SA

Candith Mashego-Dlamini, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking (Foto: Skermskoot)

Die Suid-Afrikaanse regering het tydens ’n beraad in Genève, Switserland, gevra dat lande wat steeds die doodstraf toepas ’n moratorium daarop moet plaas.

Candith Mashego-Dlamini, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die doodstraf as ’n “onmenslike, wrede en vernederende straf” beskryf.

Volgens die minister het Suid-Afrika die doodstraf afgeskaf, “gegrond op die apartheidsverlede”, toe die land die hoogste vlakke van teregstellings in die wêreld gehad het.

“Tydens die apartheidsregime is gemiddeld 100 mense tussen 1960 en 1989 tereggestel,” sê Mashego-Dlamini.

Op grond van die wêreldwye toename in lande wat die doodstraf afskaf, moedig Mashego-Dlamini lande wat dit nog nie afgeskaf het nie, aan om ’n moratorium daarop te plaas.

“Suid-Afrika ondersteun en moedig wêreldwye neigings aan om die doodstraf te beëindig.”

Mashego-Dlamini het wyle aartsbiskop Desmond Tutu aangehaal dat doodstraf “teen die armes, rasse- en etniese minderhede” gebruik word en dat dit dikwels as ’n instrument van politieke onderdrukking ingespan word om dit arbitrêr af te dwing.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Amelia ·

Sal glo jul wil dit oral afskaf dus mos so onmenslik ,aar die wat vermoor word se moorde is nie onmenslik nie Die ou apartheids storie al so afgesaag Met doodstraf is daar baie meer orde gewees jul ministers word soos goud bewaar maar wat van plaasboere en publiek oor algemeen Wie pleeg hierdie onmenslike moorde of is dit juis om die te beskerm

M ·

Amelia … stem 100% saam. Nuwe maniere, poligraaf/DNS of DNA toetse wat klompie jare gelede nog nie in gebruik was nie, is nou op vingerpunte beskikbaar. Hierdie belaglike versoeke van haar, kom neer op medepligtigheid aan moord.

Blom ·

“Tydens die apartheidsregime is gemiddeld 100 mense tussen 1960 en 1989 tereggestel”.
Dit is ongeveer 3.4 mense per jaar. Hoeveel word daagliks in hierdie land vermoor. 74, dit is hoeveel. En bitter min van die misdadigers wat die 74 mense doodmaak sien ooit die binnekant van ‘n tronksel!!

Pieter ·

Ons kan mos nou in 2023 sien hoekom die doodstraf afgeskaf is. Sodat hulle kan Moor en geweld pleeg teenoor die produktiewe boere en werkers wat hulle eie geld verdien en werk verskaf. Dit is mos ‘n sonde om te werk en geld te verdien. Bring terug die doodstraf dan sal die geweld in ons land afneem!!

Nie Verbaas ·

Presies my punt ook maar die intelligensie is nie daar om die syfers en die nagevolge vir die slagoffer se familie te verwerk nie en niemand het seker die vraag gevra nie want ek sou daarvan hou om te hoor wat sy oor die hoeveelheid moorde daagliks te sê gehad het en die nagevolge vir gesinne. Nou stuur hulle so mens na intelligente individue toe om snert kwyt te raak.

PEET ·

Presies regering is teen doodstraf Maar boer Kan Maar uit gemoor word???

WILLEM ·

Stem volmondig saam. Bring liewer die doodstraf terug, dan sal die moorde daal.

Emily ·

Nou wat noem sy moorde op onskuldige mense, Is dit nie ook Onmenslik en wreed nie. Jammer, maar julle kan nie ons land regeer nie.
Sy weet ook wie sal meeste geraak word sou die doodstraf terugkeer, dis hoekom sy daarteen is, Niks met onmenslikheid ens te doen nie.
Pleks hulle ophou apartheid vir alles blameer. En wie is nou die meeste Suid Afrikaners wat nie weer die doodstraf wil laat inkom nie, Raai maar.

miraclealigner ·

Die wêreld gaan nie ag slaan op ‘n land soos SA waar die moord en doodslag -syfer so hoog is om mee te begin nie. Agbare adjunk-minister, hoe hoog is die DAAGLIKSE sterftesyfer agv ons hoë misdaadsyfer nie – dit is VEEL hoër as die ‘gemiddelde doodslag tydens Apartheid se doodstraf -uitvoerings’… En wat doen die regering wat jy verteenwoordig daaromtrent? NIKS. In iedergeval staan Suid-Afrika al ewig neutraal oor alles, en as daar ernstige sake is waar daar ‘n kant gekies word dan is ons politici ‘n klomp draadsitters (op die oppervlak ten minste-). So niemand gaan ag slaan op die pleidooi van ‘n adjunkminister in dié land nie… Ek wens Suid-Afrikaanse politici wil ophou om hul verlede se invloed te probeer gebruik – die Mandela -mania is lankal verby, en die wêreld het lankal verby dit begin kyk en sien al die slegte dinge raak wat hier aangaan.

Elize ·

Nou hoekom begin die buiteland sy burgers waarsku om na Suid-Afrika toe te kom. Hulle is nie blind soos ons een oog konings nie. Laat sy haar “people” (comrades) gaan vra hoekom hulle so wreed is en soveel moord en geweld pleeg of is sy bank vir hulle. Kan lekker van ‘n verhoog af skreeu maar op grondvlak is hulle bekke stil

Samuel ·

Die manier waarop moorde gepleeg word is seker ook vernederend en onmenslik.

marius ·

Sodat die plekke ook in ‘n hool kan verander soos hier ?

Johanna ·

Soos dit deesdae Gaan sal dit NIE 100 wees NIE maar 1000. Dit is meer onmenslik om mense te vermoor as Om doodstraf te kry. Maar Dan sal die blankes al wees wat gestraf word. Tans is dit ook so

Christo ·

En hoe het dit vir SA uitgewerk? Meer mense word vermoor en die moordenaars loop steeds op straat

Aai ·

En kyk waar sit ons nou ?Sal liewers in land gaan bly waar as jy moor sal jy die doodstraf kry.

Johanncb ·

Dit is “onmenslik, wreed en vernederend” om vermoor te word!

Zoey ·

En vir die persoon wat vermoor is, was dit geensins onmenslik nie en vernederend nie. Dis glad nie onmenslik of vernederend as ‘n vrou, man of kind verkrag word nie. Dis glad nie onmenslik en vernederend vir die slagoffer wanneer hulle op die gesig van die moordenaar kan sien dat hulle nie die dag gaan oorleef nie. Die vrees waardeur so ‘n persoon gaan, is glad nie onmenslik of vernederend nie. So tipies van ‘n persoon wat dit nog glad nie beleef het nie. Die vermetelheid om een persoon se “menslikheid” bo ‘n ander te stel.

PEET ·

Dit is mense regte om nie doodstraf te kry nie Maar moordernaars ontneem Ander memse van hulle mense Reg. So dit is Maar Reg om Ander se mense regte te skend Maar die misdadiger behou Sy mense regte???

Danie ·

Doodstraf verminder moordenaars en misdaad.Dan wil ek weet wanneer en hoe gaan die staat misdaad aanspreek as daar nie meer godvresende mense oor is nie.

Fluisterwind ·

Plaas eerder ‘n moratorium op PLAAS MOORDE as op die doodstraf!

Andries ·

Met meer as 70 moorde tans in SA per dag, kan di terug bring van di doodstaf, as n middel tot werkskepping gesien word. Bo en behalwe di vermoordes, moet daar dan ekstra grafte vir di veroordeeldes gegrawe word

Papsak ·

Ek se nog bring doodstraf terug hulle vergeet hoe wreed vermoor hulle ons boere en selfs ons mense ek is so duk vir die woord apartheid toe was daar orde en nie soos dit vandag gaan nie net moord en doodslag toe het hulle hul plekke geken so moenie luister nie bring doodstraf terug en hulle sal maniere krymaar as hulle moor is dit nie onmenslik of wreed nie vur hulle is dit reg

Prikkie ·

So die moordenaar het dus ‘n reg op lewe, maar die slagoffer/s nie?

Julle beleid is so skeef soos die hele cANCer.

Eugene ·

Mev dlamini. Jy moet n kop dokter by die veearts gaan sien. Daars te min brein selle vir n’ normale dokter.

Perdeby ·

Maar mense wat vermoor word deur ‘n moordenaar vermoor word is dit nie: “onmenslike, wrede en vernederende. Die ander lande gaan vir jou lag, want dit is hoekom daar nie so baie moorde in ander lande is nie, want hulle weet wat met hulle gaan gebeur.

Blomkind ·

Kan jy nou meer…Pleks hulle eerder vra om die “doodstraf” in Suid-Afrika te implementeer…!Dis onmenslik om te vermoor en dit nogal op wrede maniere in Suid-Afrika…Dit sal soos n Bom werk…Net jammer die verkeerde mense gaan aan die pen ry…Want niks hier in di Land is regverdig nie…

Martha ·

En moordenaars is nie wreed, onmenslik en al die ander goed wat mens kan opnoem nie??? :

adriaan ·

In ons “geliefde” Suid-Afrika word 80 mense elke dag vermoor op die wreedste denkbare wyse. Doodgekap met n byl, lewend aan die brand gesteek, doodgeskiet vir n selfoon. Messe, pangas, knopkieries ens word gebruik. Kinders en vrouens maak byna twee derdes van die moord statistieke uit… Verkragtings wat ook halsmisdade is, is niks anders as om die persoon se siel te vermoor nie. Die agbare tannie is bitter ver verwyder van dit wat tans in ons land hoogty vier en is saam met die uiters onbekwame Polisie minister skuldig aan wat oppad is. Die “vigilante” groepe neem oral in die land nou reg in eie hande en stenig verkragters en wreek hul geliefde se moord deur self “judge, jury en execusioner” te wees : en hulle kom weg daarmee. Vra vir AKA. ? Hou die spasie dop..Niks anders as anargie en chaos gaan hierop kan volg nie. Bring die doodstraf terug@

Helgard ·

En al die mense wat so vermoor word, is dit nie ook afgryslik, wreed en skending van die mens se reg op lewe nie. Ek glo hier word nou meer mense in ń jaar vermoor as in die hele apartheids jare!

TruthDealer ·

Ek het my bedenkinge oor die doodstraf in n land soos SA. Ons almal weet mos blankes sal die doodstraf kry vir die geringste dingetjie terwyl daar eindelose verskonings en versagtings sal wees vir “our people”. Wat die res vd wêreld aanbetref, hierdie ANC regering is regtig nie in n posisie om Enige land te adviseer oor Enigiets nie. Punt.

Maritza ·

Welgedaan aan die lande wat dit nog toe pas. As ons dit nog hier gehad het was die misdaad syfer baie laer

Maritza ·

“onmenslike, wrede en vernederende straf” en wat van hoe die moordenaars onskuldige mense op “onmenslike, wrede en vernederende maniere vermoor? Syt geen idee nie. Weet nie wat soek sy daar nie

kragaap ·

Bring eerder doodstraf terug SA toe dalk neem die afskuwelike plaasmoorde af. Hoe arrogant van die ANC regering wat aan die hoof staan van ‘n gefaalde staat, en SA as een van die lande met die hoogste moord syfers wêreldwyd, om eerste wêreld lande waar daar meestal wet en orde heers aan te spreek oor hul wetstoepassing.

Aai ·

So wie besluit wat sy se sy op haar eie of praat sy vir ons almal?

Phillip ·

So die mense wat vermoor word is nie wreedheid nie ag asb. gaan blaas doppies op die eis as hier die doodstraf was was hier nie so baie moorde en verkragtings en transsietoe rooftog te nie en soveel bedrog nie

KAIROS ·

Ek stem glaad nie saam met haar nie. Die doodstraf is n moet. Daar moet gevolge wees vir jou aksie. Mense sal wraak begin neem omdat daar nie genoegsame straf is nie

Pietertjie ·

Pleks hulle plaas ‘n moratorium op moord en hoogverraad.

Misky ·

Nog nooit van die vrou gehoor of sien wat haar bek so rek nie!!!

Lande waar doodstraf nog toegepas word, werk maddam. Hulle dink 2 keer voor hulle misdaad pleeg.

Gert ·

Wonder wat sy gaan se as sy of van haar familie deel word van die misdaad statistieke. Gaan synog so vroom wees of soek na geregtigheid

Kobus ·

As ek nie tydens haar Phd plegtigheid teenwoordig was nie sou ek gedink het sy het die kwalifikasie gekoop… mens verwag meer van iemand met ‘n Phd. Doodstraf is volgens haar onmenslik maar watter wrede dood het baie slagoffers gesterf? Rusland maai onder burgerlikes maar sy is doodstil daaroor? Menseregte in Zim? Sy sê niks. Ai, ai ai

Spook ·

Ph D? Weereens ‘n bewys dat enige iemand ‘n graad kan kry. Papegaaimemoriseermense kry grade, slim mense doen die werk. Ek het my respek vir geleerdheid verloor. Ek oorweeg om my graad terug te stuur om hom te kan toeken aan iemand anders. Niks wat ek geleer het, het ek ooit toegepas nie. In die praktyk, bly ‘n teorie steeds ‘n teorie.

Charmain ·

Nee wat die mense van Botswana kla nie oor die doodstraf nie, inteendeel dit word verwelkom, baie min geweldadige misdaad, veral teenoor derde partye.

Joseph ·

En vandag sit ons met meeste en wreedaardigste moorde in die wereld.

Onnie ·

Mev Dlamini, jy en jou hele kabinet se optrede teenoor landsburgers is onmenslik, wreed en vernederend – sien nie dat dit julle pla nie. Maar julle wil ander lande se besluite oordeel. Maklik om die splinter in ‘n ander ou se oog raak te sien né.

Anel ·

Ander lande waar die doodstraf toegepas word, is regeerbaar. Vandat kriminele hier oorgevat het, is hierdie land onregeerbaar. Nou hoekom sal regeerbare lande na hierdie dom mense luister? In die Bybel se tyd is daar dan die doodtraf vir sekere misdade toegepas. En dit is deur God self ingestel. Eie is die mens dat hy teen God se besluite draai?

Ronel ·

Instede van om die probleme in “hulle eie land aan te pak”.wil hulle vir ander loop en voorskryf!!!

Gertdup ·

Wat van die mense wat daagliks in sa vermoor word? Die vrou het net weer n grap van sa gemaak

hpven ·

En onder die ANC regime is reeds ongeveer 513,000 mense vermoor! Adjunkminister, het jy dit ook vir hulle gesê? Seker nie…

AmY ·

Seker sodat die ander lande ook so misdaadhool kan word soos in SA…

popsa ·

Moordenaars mag dus na hartelus voortgaan om links en regs in SA “onmenslike, wrede en vernederende” moorde te pleeg? Die straf is só “onmenslik, wreed en vernederend”, maar die oorsaak, daardie ontelbare onmenslike, wrede, vernederende moorde, is skynbaar geensins tersake nie… Verstommend.

Di ·

Ek is sal so siek vir die spul! As enige een van hulle praat raak ek skoon naar!!! Die snert waarmee hulle kan uitkom slaan my asem weg. BRING DIE DOODSTRAF TERUG en VINNIG

Skappie ·

As doodstraf nog hier in ons land was, weet ek verseker dat minder moorde in ons land sal plaasgevind het. Ek dink dat die 100 wat tussen 1960 en 1989 tereggestel was, maar ‘n hand vol was, as wat daar nou sal gewees het. Doodstraf het die mense 2 keer laat dink, voordat hulle iemand anders sal vermoor het. Nou is moord al ‘n inding in ons land.

Henry ·

Jammer. Anc, Julle is nie so spesiaal soos julle dink nie, Die wereld weet wie en wat julle is. Niemand slaan ag op die versoek van n klomp ape uit afrika nie.

Catherina ·

Net 100 in al daardie jare. Hier gebeur dit makilik in n week. Volg Saudi Arabia se manier….werk soos n bom. So veilig soos kan kom. Doodstraf skrik af

Mariana ·

Moordenaars, verkragters, kindermolesteerders, hulle almal verdien niks minder as die doodstraf nie. Die ANC beskerm die monsters. Hulle knip nie oog oor plaasmoorde nie, oor die wreedheid daarvan nie. Mense word gemartel en hulle oë en ore is toe, maar laat ‘n krimineel vermoor word, is hulle baie vinnig om plan te maak vir sy/haar redding. Soos gewoonlik stink die regering se prioriteite.

Kokerboom ·

Ons betaal die kader om so baie sinnelose ongevoelige twak kwyt te raak?!

Jaco ·

Almal wat so graag die doodstraf in SA wil terug hê, ONTHOU tog Tutu se uitspraak: dit sal teen rasse- en etniese MINDERHEDE gebruik word. Sover ek weet is wit mense maar 8% van SA se bevolking. Doodstraf in SA links en regs bewimpel word sodat dit NET op wit mense toegepas sal word. Onthou maar ook dat die doodstraf voor 1945 in Duitsland gegeld het en dat die Jode ‘n minderheidsgroep was daar….

Philip ·

Ons het nie amptelik reeds weer die doodstaf hier in SA weens die misdadige element wat tussen ons rondbeweeg – Jy weet net nie hoe en wanneer dit jou beut gaan wees nie .

Gerhard ·

Suid-Afrika ondersteun en moedig wêreldwye neigings aan om die doodstraf te beëindig.” Moenie ons almal onder dieselfde kam skeer soos julle hier se nie, ek is vir die doodstraf, dit is nie vernederend nie, hoe vernederd moes die arme vrou of kind wat verkrag en vermoor is nie gevoel nie, gaan blaas doppies julle mense, julle weet nie waarvan julle praat nie. Ek kan nie glo hulle se sulke goed vir lande wat weet wat in ons land aangaan nie. Appartheid, alweer appartheid, o my aarde, bou asseblief net ‘n brug en kom oor dit, dit is al 30 jaar later. Dit is julle wat daaraan vasklou

Nie Verbaas ·

Doodstraf vir moord, verkragting, staatskaping, renoster stropery, transito roof, beskadiging of diefstal van infrastruktuur, dwelmhandel. Tronke sal leeg wees en Suid Afrika n beter plek.

Lillian ·

Tot een of twee of méér van jou geliefdes vermoor word, dan sal jy ‘n ander deuntjie sing!

Ouvrou ·

Candith Mashego-Dlamini praat BESLIS nie namens my nie !

Bring die doodstraf terug !!!

Nozi ·

100 in 29 jaar is tereggestel maak hoeveel moorde is al gepleeg, onskuldige mense wat hul lewens op haaglike maniere moes verloor tussen 1994 en nou. Miskien moet jul bietjie daardie syfer oor vergelyk. Die moorde wat gedurende die apartheidsjare plaasgevind het is beslis baie minder as nou. Daardie jare het ons darem nog wet en orde gehad, vandag het ons net goas, wreedheid en haat. Die lande wat nog die doodstraf toepas is baie meer georganiseerd en in beheer as Suid Afrika.

Yvonne ·

Wat is wreder en meer vernederend as al die moorde daagliks in ons land…is daar geen deernis vir hulle nie…klomp sotte

Ansie ·

So, moord en verkragting is nie wreed, onmenslik en vernederend nie. Lekker land dié – hier kan misdadigers skuil agter hulle menseregte terwyl hulle hulle slagoffers daarvan ontneem. Genoeg om mens siek te maak. Raak liewer permanent ontslae van sulke monsters.

annie ·

… onthou, misdaad is tot die hoogste sport in die SA samelewing verhef. Ons is die wêreld op so baie gebiede voor bv hoe om ‘n eerstewêreldland te verhef tot rommelstatus binne minder as drie dekades. Van moord gepraat: ‘n Moordenaar het mos ook human rights. Natuurlik is dit ‘n edele daad om landmyne te plaas of om kinders erg te vermink en boeregesinne vir ‘n edele oogmerk op die laakbaarste moontlike uit wis. Boosdoeners verwag deesdae seker ook menseregte-moratoriums iewers elders ná hul dood?

donsie ·

As ons nog die doodstraf toegepas het sou ons land nie so weldadig gewees het nie. Dame, bepaall jou by jou eie land se moordsyfer en los die ander veilige lande uit

Cobus ·

Net gou ‘n vraag.
Moes al daardie opgevoede en gekultiveerde mense nou luister na die riool wat by haar mond uitborrel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.