Plaasaanval: Egpaar op stoep oorval, aangerand

(Argieffoto: Maroela Media)

Die VF Plus het die eenparige steun van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) in die veroordeling van nog ʼn plaasaanval, dié keer by Koster in Noordwes, verwelkom.

Die party het die mosie gebring nadat Chris en Hesta Barnard Woensdagaand aangeval en ernstig aangerand is.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die egpaar het omstreeks 20:30 op die stoep van hul huis op die plaas Windy Valley gesit, toe drie gewapende aanvallers, hul gesigte bedek met klapmusse, toegeslaan het.

Die egpaar is die huis binnegedwing en is met ʼn sambok en ʼn breekyster aangerand. Volgens die polisie is die slagoffers onder meer in die gesig geslaan.

Die egpaar is in verskillende vertrekke met kabelbinders vasgemaak.

“Die drie verdagtes het glo die kluissleutel by die [man] gekry en hulle het vermoedelik drie handwapens, twee selfone en kontant geneem, waarna hulle in die slagoffer se wit Isuzu-bakkie gevlug het,” sê Botma.

Die Barnard-egpaar is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

Volgens die polisie is hul aanvallers nog soek.

Fanie du Toit, ʼn VF Plus-LP in die NRP, sê dit is uiters belangrik dat politieke leiers van oor die spektrum sulke “barbaarse misdadigheid onomwonde verwerp”.

Hy sê dit benadruk ook die belang van sigbare polisiëring en misdaadvoorkoming.

“Misdadigers moet weet dat hul dade nie ongestraf gelaat sal word nie en dat die gereg sterk in ons gemeenskappe teenwoordig is.

“Dit is in die mosie ook gestel dat gespesialiseerde eenhede wat plaasmoorde en -aanvalle ondersoek, dringend versterk en as ʼn prioriteit toegerus moet word om hierdie misdade hok te slaan.

“Al hierdie punte is eenparig deur die NRP ondersteun.”

Die party het ook ʼn hernieude beroep op landelike gemeenskappe gedoen om ekstra waaksaam te wees en plaaslike veiligheidstrukture te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Claudette ·

Bleddie lafaards..julle soek net sagte teikens. Boere moet ophou hulle wapens in kluise hou. Daai wapen moet aan jou lyf wees 24/7.

casper ·

Boere — Dra wapens aan julle !!!
Word wakker en sien wat in die land gebeur !!
Die tyd van veiligheid is lank verby !!!!

Frank John ·

As jy op ‘n plaas bly moet jou wapen amper heeltyd in jou hand wees. Julle moet verwag die booswigte gaan jul try. Ons is in oorlog gewikkel. Wees verdag. Hulle beweeg veral in die nag want dan is hulle nie so opsigtelik nie. Daar is nie tyd om kluise oop te sluit, wapens te laai om terug te veg waneer hulle klaar daar is nie. Daai dae wat ons so rustig kon leef is lankal verby. Wees ingebid met jou wapen gereed soos toe Israel die muur herbou. Swaard in een hand en bou met ander, gereed.

melaney ·

Frank John stem 100% saam met jou. Ongelukkug is daar nog talle boere wat nogsteeds dink dit is 1960. Hulle sê “dit sal nie met my gebeur nie” totdat dit met hulle gebeur. Daarna word hulle eers wakker (indien hulle bly lewe). Maar nou loop die skurke met wapens rond. Groot fout.

Harley Davidson ·

Hoekom om 20H30 op jou stoep sit op ‘n plaas waar terroriste elke dag mense op plase aanval en vermoor met jou wapens veilig in die kluis toegesluit?

Pieter ·

Ons weet wat soek hulle daar, want hulle word gese om ons dood te maak, maar ja, assebief moenie in die nag buite jou huis beweeg nie, veral nie op n plaas nie. As dit skemer word, beweeg ons maar in die huis in , en ons pistole is aan on sye, en onder die kopkussing wanneer ons gaan slaap, Die honde slaap ook in die huis, hulle hoor baie beter as ons

Surfer ·

Voorlaaier oor die skouer tyd is lankal terug en gebruik tegnologie soos “beams” en kameras vir waarskuwing. Honde?

Jakes ·

Voor 1994 kon n mens nog 8 uur saans op jou stoep sit maar na 1994 het dit n nee geword. Dit is deesdae selfs n risiko om binne jou huis te sit agter slot en grendel, nie net saans nie maar selfs bedags. Kriminele in SA is onopgevoed en het geen respek vir lewe nie. Daarom wees 24/7 paraat en dra jou wapen aan jou persoon.

Elmarie ·

Ek stem saam, hou wapens byderhand asook pepersproei en wat nie nog. Kwaai hond reg langs jou ook, fluitjies en alarms en paniekknoppies binne bereik. Maak groot geraas. Lafaards wat in groepe arme oumense aanval. Dis nonsens dat mens nie op jou eie stoep van jou eie huis waarvoor jy hard gewerk het en betaal het mag sit nie. Komaan mense moenie in vrees lewe nie wees paraat, neem jou veiligheid in jou eie hande sover jy kan.

Marianna ·

Suid-Afrika neem die wêreldbeker vir misdaad, vuilheid, swak regering, korrupsie. Die tyd van ons mooi, veilige en trotse land is verby. Ons woon deesdae in ons eie tronke op ashope en moet maar net alles aanvaar. Mense op plase word aangeval. Dit word geignoreer op ons TV en Radio. Bid help nie meer nie.

Werner ·

Wonder hoeveel mense moet nog seerkry voordat hulle sal leer om n wapen te dra.As jy hom nie wil dra nie verkoop hom asb. Jy bewapen net die skelms

Skappie ·

Mag die egbaar vinnig herstel. Hoop die boewe word aangekeer.

Moedeloos ·

Ek wens regtig dat alle mense op een of ander manier n sekuriteits kamara kan installeer sodat die booswigte op die kamara vasgevang kan word. Tyd dat die Regering toelaat dat sulke uitgawes vanaf jou inkomstebelasting aftrekbaar is.

Jacques ·

ń mens lees amper daagliks van hierdie verskriklike gebeure en in elke artikel word daar gesê hoe díé gebeure “ten sterkste veroordeel” word en dat buurtwagte ens. opgeskerp moet word. Ek kan nie sien dat dit ooit beter raak nie. Dit voel vir my al hierdie voorvalle word só gou vergete. Nalatingskappe en soveel generasies van boere. Dit alles word onder die mat in gevee en dan beweeg mense weer aan. Iewers moet die tragedies tog ent kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.